Die veroordeelde moordenaar, Donovan Moodley, weet vandag of sy aansoek om ‘n herverhoor toegestaan gaan word.
Nuuskommentaar: Presies hoe vry is die media in SA?
Terwyl die Kommissie vir Persvryheid onder die leiding van oud-hoofregter Pius Langa voorleggings aanhoor oor die moontlike regulering van persvryheid, is daar meningsverskille oor presies hoe vry die media in Suid-Afrika is.
ET se huwelik, karakter onder skoot
Die vermoorde AWB-leier, Eugene Terre’Blanche, se huwelik en karakter het onder skoot gekom Dinsdag tydens die verhoor van sy twee vermeende moordenaars in die rondgaande hof in Ventersdorp.
Metropolisie-rekruut sterf tydens fiksheidstoets
ʼn 26-jarige man is Dinsdag dood by die Tshwane metropolisie-akademie nadat hy tydens ʼn oefening inmekaargesak het.
Ma, kinders sterf in brand
ʼn Ma en haar twee kinders is dood en nog ʼn man is beseer toe hulle huis aan die brand geraak het in KwaZulu-Natal.
Video: Labrador oorhandig kwitansies
Alhoewel dit heeltemal onnodig is, bied dié brak graag ʼn helpende hand (poot) in die kantoor.
Pa, kinders vas na beweerde moord
ʼn Pa is Maandag saam met sy seun en dogter in hegtenis geneem nadat hulle glo ʼn man vermoor het en sy liggaam in die straat gegooi het.
Plaasaanvalle: TLU begin veldtog
Ses boere is in Januarie in verskillende dele van die land vermoor, het TLU SA Dinsdag aangekondig.
Shell ontken dat hy petrol weerhou
Shell Suid-Afrika het berigte ontken dat hy opsetlik petrol weerhou voor Woensdag se petrolprysstyging.
Beskuldigde beweer ET het hom gesodomiseer
‘n Plaaswerker wat aangekla word van die moord op Eugene Terre’Blanche beweer die voormalige AWB-leier het hom gesodomiseer.
Tandarts gebruik skuifspelde in wortelkanale
ʼn Voormalige tandarts van Massachusetts in die VSA is Maandag tot een jaar tronkstraf gevonnis nadat hy glo skuifspelde in plaas van vlekvrye staalpennetjies in wortelkanale gebruik het.
“Jedi” val klante met Star Wars-ligswaard aan
ʼn Regter in Oregon, Amerika, het ʼn man tot 45 dae tronkstraf en ʼn psigiatriese ondersoek gevonnis nadat hy klante Desember in ʼn speelgoedwinkel glo met ʼn ligswaard aangeval het.
Nuuskommentaar: Weerskante van die mieliegordyn
Dié week het die mieliegordyn deur die mieliedorp, Venstersdorp, geloop. Buite die hofsaal waar die vermoorde AWB-leier, Eugene Terre’Blanche se verdagte moordenaars tereg staan, het die liedjie “Bobbejaan klim die berg” eenkant van die gordyn opgeklink, en aan die ander kant, “Bring my masjiengeweer”.
Unisa-prof wat glo haweloses verkrag se saak uitgestel
Die hofsaak teen ʼn professor van Unisa wat glo twee hawelose mans verkrag het is Maandag in die Pretoria landdroshof uitgestel.
Terre’Blanche se vrou hoor op radio hy is dood
Die vermoorde AWB-leier Eugene Terre’Blanche se vrou het op die radio gehoor dat haar man dood is.
Polisieman met mes gesteek in hof
ʼn Polisieman is met ʼn tuisgemaakte mes in die nek gesteek toe ʼn moordverdagte Maandag uit die Vereniging streekshof probeer ontsnap het.
Eskom: ‘Voorkom beurtkrag’
Eskom sê Suid-Afrikaners moet drasties hulle elektrisiteitsverbruik verminder ten einde grootskaalse kragonderbrekings te vermy.
AfriForum Jeug verf hulself swart oor “rasseteikens”
ʼn Afvaardiging van AfriForum Jeug het Maandag saam met studente hulself swart geverf voor die departement van hoër onderwys in protes teen beweerde rasseteikens by die fakulteit veeartsenykunde by die Universiteit van Pretoria.
Boer in hof na hy glo seun doodskiet
‘n Boer wat beskuldig word van die moord op ʼn tienerseun het Maandag vlugtig in Groblersdal landdroshof verskyn.
Polisieman dood gevind na beweerde padwoede voorval
ʼn Polisiebeampte se liggaam is in ʼn sloot gevind in Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal nadat hy vroeër vermis geraak het.