‘n 71-jarige vlieënier is dood toe sy vliegtuig Sondag in Brits, Noordwes neergestort het.
Ekonomiese vryheid: Manuel of Malema?
…deur van een groep te vat en dit bloot vir ʼn onkundige groep te gee, gaan bloot die probleem vererger omdat die bates, eiendom en geld slegs met kundigheid en vryheid bestuur kan word.
Ma in koma, ongebore baba gesond
ʼn Jong verwagtende vrou, wat al vir amper twee maande in ʼn koma lê in ʼn Potchefstroomse hospitaal, se ongebore babadogtertjie is gesond en ontwikkel…
Kankerlyer wat glo deur verpleër verkrag is sterf
ʼn Kankerlyer wat na bewering deur ʼn verpleër in die Universitas-hospitaal-anneks in Bloemfontein verkrag is, is dood.
Maharaj lê klagtes teen koerant, verslaggewers
Die presidensiële woordvoerder, Mac Maharaj, se regsverteenwoordigers het Saterdag klagtes aanhangig gemaak teen die Mail & Guardian en twee van sy verslaggewers.
Chanelle Henning-moord: ‘Baasbrein’ glo die naweek vas
Die vermeende baasbrein agter die moord op Chanelle Henning sal na verwagting reeds die naweek in hegtenis geneem word.
AWB-vlag wapper by Ventersdorp-hospitaal
ʼn AWB-vlag, in plaas van die Suid-Afrikaanse landsvlag, het vir ʼn ruk lank bo die Ventersdorp-hospitaal in Noordwes gewapper.
Leeuwyfie probeer in motor klim, man beseer
ʼn 28-jarige man is Vrydag deur ʼn leeuwyfie gebyt tydens ʼn uitstappie na die Leeupark naby die Lanseria-lughawe buite Johannesburg.
Man en verloofde erg aangerand in plaasaanval
ʼn Man en sy verloofde is Vrydagoggend erg aangerand deur drie mans op hul plaas buite Malmesbury in die Wes-Kaap.
Twee mans ernstig beseer in beweerde padwoede-aanval
Twee mans is in ʼn kritieke toestand in die hospitaal nadat hulle Vrydagoggend tydens ʼn beweerde padwoede-aanval in Vereeniging erg aangerand is.
Chanelle Henning-moord: Eksman se beweerde vriend en nog ʼn verdagte in hof
Andre Gouws, ʼn beweerde vriend van Chanelle Henning se eksman, Nico, het Vrydagoggend saam met nog ʼn verdagte in die Pretoria landdroshof verskyn in verband met Henning se moord verlede week.
Radiojoggies geskors oor Malema-lied
Twee radiojoggies van Ukhozi FM is vir ʼn maand geskors nadat hulle ʼn omstrede liedjie gespeel het oor die geskorste ANC-jeugligaleier, Julius Malema.
Nuuskommentaar: Tweepartystelsel: Demokrasie of diktatuur?
Dit frustreer ook die doel van die oop proporsionele kiesstelsel om sodoende aan minderhede verteenwoordiging te verskaf
Karate-instrukteur wat glo lol se borgaansoek gaan voort
Die borgaansoek van ʼn Johannesburgse karate-instrukteur wat glo van sy studente onsedelik aangerand het, sal Vrydag in die Randburg landdroshof voortgaan.
Mail & Guardian ‘gesensor’
Die Mail & Guardian koerant het Vrydagoggend verskyn met die woorde “gesensor” wat groot oor sy voorblad geskryf is.
Chanelle Henning-moord: Verdagte is glo vriend van eksman
Een van die mans wat na verwagting Vrydag in die hof sal verskyn in verband met die moord op Chanelle Henning is glo ʼn goeie vriend van Henning se eksman, Nico.
Kinderporno-saak: Familielede kry borg
Agt familielede van Pretoria, wat op talle aanklagte tereg staan wat verband hou met kinderpornografie, is in die Noord-Gautengse hooggeregshof op borgtog vrygelaat.
Tuinier 18 jaar tronk toe na hy vrou met graaf doodslaan
ʼn Tuinier is Donderdag 18 jaar tronkstraf opgelê in die Noord-Gautengse hooggeregshof vir die moord op ʼn Pretoria vrou, wie se man hom glo gehuur het om dit te doen.
Solidariteit beklink oorwinning in regstelsaak teen Tshwane-munisipaliteit
Die arbeidshof in Johannesburg het Donderdag beslis dat die Tshwane-munisipaliteit onbillik regstellende aksie toegepas het deur nie een van sy werknemers vir ʼn hoër pos te oorweeg nie weens sy velkleur.
Chanelle Henning-moord: Eks-Olimpiese atleet in hof
ʼn Voormalige Nigeriese Olimpiese atleet, Ambrose Monye, en ʼn medebeskuldigde, Preshan Singh, het Donderdagoggend in die Pretoria landroshof verskyn in verband met die moord op Chanelle Henning.