Soorte resepte:

Kosblik-idees vir jou kleuter

(Foto: Katerina Holmes/Pexels)

Om ʼn kosblik vir jou kleinding te pak, kan beslis ʼn uitdaging wees. Hier is idees om daardie uitdaging net ʼn klein bietjie makliker te maak.

Kamma-soesji-broodjie

Hierdie toebroodjie-alternatief is perfek vir kinders wat vol fiemies is wanneer dit by hulle kosblikke kom. Maklik, lekker en vullend!

Kamma-soesji-broodjie (Foto: Lapa-uitgewers)

Kry die volledige resep hier.

Bovril-en-biltongbroodjies

Hierdie biltonggereg kan ʼn lekker versnapering, of selfs plaasvervanger vir ʼn broodjie wees.

Kry die volledige resep hier.

Kaaspoffertjies

Maak hierdie versnapering vir jou kleinding in ʼn japtrap.

Foto ter illustrasie. (Foto: Fabiano Pimentel/Pixabay)

Kry die volledige resep hier.

Droëvrugte-energieballetjies

Dié happiegrootte droëvrugte-energieballetjies is ideaal vir ʼn kosblikversnapering!

Foto ter illustrasie. (Foto: Monfocus/Pixabay)

Kry die volledige resep hier.

Kaasstrooitjies

Kaasstrooitjies is ʼn ou gunsteling, en jy kan die soetrissies met kaassmeer, Bovril of selfs tamatiesous vervang.

Kry die volledige resep hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.