Soorte resepte:

Smul saam met Maroela: ʼn Kersfeesspyskaart vir ʼn koning

Foto ter illustrasie. (Foto: Libby Penner/Unsplash)

Wonder jy nog hoe jou Kersfeesspyskaart gaan lyk?

Moenie verder daaroor bekommer nie, Maroela Media het vir jou ʼn heerlike Kersfeesspyskaart beplan, wat jou Kersdag seepglad sal laat verloop.

Laai ʼn PDF-weergawe van die spyskaart hier af, druk dit uit en plaas dit op jou Kerstafel om jou gaste voor te berei op die koningsmaal wat jy vir hulle voorberei het.

Voorgereg

Bovril-en-biltongbroodjies

Hierdie gereg is maklik om te maak en wonderlik om aan te smul. Kry die volledige resep hier.

Kaasstrooitjies

Kaasstrooitjies is ʼn ou gunsteling, en jy kan die soetrissies met kaassmeer, Bovril of selfs tamatiesous vervang. Kry die volledige resep hier.

Jalapeño-poppers

Die resep is heerlik om in die oond te bak, op die kole te braai of sommer vinnig in jou lugbraaier gaar te maak. Kry die volledige resep hier.

Hoofgereg

Slaai in ʼn bottel

Die slaai is veral lekker as dit ʼn rukkie gestaan het, en kan vir sowat vier dae in die yskas gehou word. Kry die volledige resep hier.

Kekerertjie-en-wortelslaai

Slaai is altyd ʼn wenner op ʼn warm somersdag, en hierdie resep gee die tradisionele wortelslaai ʼn nuwe baadjie sonder dat jy ʼn arm en ʼn been daarvoor hoef te betaal. Kry die volledige resep hier.

Potbrood in ʼn japtrap

Hierdie potbrood is ʼn wenner wat baie mae sal vul met min moeite van jou kant af. Kry die volledige resep hier.

Kerrie-varktjops

Onthou, hierdie varktjops moet vir drie dae marineer, maar dit is definitief die wag werd. Kry die volledige resep hier.

Nagereg

Sjokoladelagiepoeding

Hierdie poeding is heerlik op ʼn warm dag en sal sommer gou-gou ʼn gunsteling in die familie word. Kry die volledige resep hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.