Soorte resepte:

Vyf kosblik-idees vir jong werkendes

Foto ter illustrasie. (Foto: pixabay)

Diegene wat pas hul werkslewe afgeskop het, mag dalk staan en kopkrap oor wat presies in hul werkskosblik gepak moet word.

Maak een van dié vyf gerieflike geregte om tydens jou etensuur by jou eerste werk te geniet.

Hoendermuffins

Jy kan hierdie muffins reeds Sondag maak en in jou yskas bêre. Pak dit in, en berei vir jou elke oggend ʼn vars slaai voor om saam met die muffins te geniet.

Hoendermuffins. (Foto: Lapa Uitgewers)

Kry die volledige resep hier.

Koolslaai met romerige sous

Indien jy nie soggens tyd het om ʼn slaai voor te berei nie, kan jy vir jouself hierdie koolslaai saamslaan terwyl jy jou hoendermuffins maak. Bêre dit in glasbottels, wat jy deur die loop van die week net kan gryp en in jou koelsakkie kan gooi.

Foto ter illustrasie. (Foto: Wow_Pho/Pixabay)

Kry die volledige resep hier.

Tortillas met gemengde Meksikaanse slaai

As jy lief is vir toevoupakkies (wraps), is hierdie kosblik-idee vir jou. As jy nie tyd het om jou eie tortillas te maak nie, kan jy sommer klaargemaakte tortillas in die winkel koop.

Berei jou mengsel die aand voor die tyd voor, en pak alles net in om by die werk aanmekaar te slaan.

Tortillas met gemengde Meksikaanse slaai. (Foto: Lapa Uitgewer)

Kry die volledige resep hier.

Slaai in ʼn bottel

Indien jy graag gesonde middagetes wil inpak, is hierdie gereg vir jou. Dié slaai kan vir sowat vier dae in die yskas gehou word.

Kry die volledige resep hier.

Grondboontjiebotter-peuselhappies

Wat is ʼn kosblik dan nou sonder ʼn lekker dingetjie?

Maak hierdie peuselhappies oor die naweek en pak dit in vir ʼn heerlike versnapering by die werk.

Kry die volledige resep hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.