Dricus binnekort op tuisbodem

Dricus du Plessis is Donderdag terug in Suid-Afrika. (Foto: X/UFC)

Bel die blaasorkes en stofsuig die rooi tapyt: Dricus du Plessis is Donderdagoggend terug in Suid-Afrika!

Die gemengdegevegskunsheld land om 07:30 op die OR Tambo-lughawe in Kempton Park en hy verdien ongetwyfeld ʼn heldeontvangs.

Du Plessis is die nuwe UFC-middelgewigkampioen nadat hy vir Sean Strickland in vyf aksiebelaaide rondes in Kanada geklop het.

Die 30-jarige sportman sê gereeld dat Suid-Afrikaners se entoesiastiese ondersteuning hom na hoër hoogtes aanspoor; dit is dus nou ʼn gulde geleentheid om hom in lewende lywe – saam met die gesogte titel, natuurlik – te sien.

ʼn Hele paar Springbokspelers, wat verlede jaar ook ʼn heldeontvangs ná die Wêreldbeker by die lughawe gekry het, het hom in aanloop tot sy titelgeveg sterkte toegewens, terwyl Rassie Erasmus hom ʼn klop op die skouer ná sy triomftog gegee het.

“Dricus, ons is almal vreeslik trots op jou. Dankie vir wat jy beteken en vir Suid-Afrika doen. Jy is ʼn absolute yster en warrior,” het die Wêreldbeker-wenafrigter getwiet.

Du Plessis is tans onoorwonne in die UFC-hok en benewens sy Strickland-sukses het hy ook met gerekende teenstanders soos Robert Whittaker en Darren Till klaargespeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Henri ·

Hy laat my dink aan die ou Mike Schutte grappie:

Mike, wat doen jy na ‘n geveg?

Twee dinge. Ek swel en ek bloei.

Yolandie ·

Well gedaan met jou prestasie Dricus. Geniet jou wen en die titel wat daarmee saam gaan. Jy het ons omtrent trost gemaak. En dankie dat jy jou platvorm gebruik om die korrupsie van die regering die wereld in te stuur.

Jeanette ·

Ai foeitog daai gesig lyk lekker seer, maar die seer gaan weg en die lekker gevoel van jy is nou die kampioen bly seker nog lank saam jou. Geniet jou pragtige trofee en ek is trots op jou!

WitBlits ·

Absoluut Yolandie… Dit wat hy van ons regering gese het is “Spot-on”. Ek haal my hoed vir hom af vir sy eerlikheid om te se wat hy het – nogaals op ‘n Internationale platform… Skitterend!

Johann ·

Ekt die korrupsie opmerking gemis? Maar ten spyte. Amazing karakter en toonbeeld van sport super held.

Jaco ·

Was sy ras darem “reg” om SA te verteenwoordig? Sy ras pla my nie, maar ek weet hoe die ANC en EFF kan kerm oor meer “transformasie in sport”.

George ·

@Johann, amazing karakter wat iemand spot wat as kind mishandel is? Nee wat dankie.

George ·

@Henk ek wonder of julle dieselfde sou voel as iemand bietjie grappies maak oor plaasaanvalle, soos dup spot met mishandelde kinders.

electricmango ·

Hahahaha kwotas….. kom aan julius wanneer spring jy in die kryt in om te veg vir transformasie – hahahahaha

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.