‘n Korporaal van die SA Lugmag wat by Bloemspruit-lugmagbasis gestasioneer was, het Dinsdag weer vlugtig op ‘n aanklag van moord in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn.
Die saak teen korporaal Simphiwe Magudulela (27) is tot 18 Oktober uitgestel vir verdere ondersoek en om voorsiening te maak vir moontlike psigiatriese evaluasie. Magudulela word deur ‘n regshulpprokureur verteenwoordig.
Maroela Media het vroeër berig een man is doodgeskiet en ‘n ander kritiek gewond ná ‘n skermutseling omstreeks 02:00 op 1 September. Die polisie het destyds gesê dat die korporaal twee kollegas geskiet het. Een van hulle is op die toneel dood en die ander is in ‘n kritieke toestand in die hospitaal opgeneem.
Lees ook:
Man in hof ná skietery by lugmagbasis
Een dood ná skietery by lugmagbasis
O – OKAY !
***
Liefdegroete
Trippie
Toenou Trippie, moet nou nie so voorbeeldig wees nie haha.
Is al of mens epol vir ‘n leeu voer. Baie teenstrydig haha.
Nie die krag om die wa alleen deur die drif te trek!! Hufff! Hufff!! Hufff!!! Hufff!!!!
Helo trip groet jy nie?????
Die ongedissiplineerde, en in sommige gevalle gewelddadige optrede is tiperend van ons tyd omdat die toepassing van orde en dissipline in die huis, werkplek en gemeenskap net nie meer prominent is nie.
Alvorens daar nie ‘n omwenteling plaasvind, en dit moet van bo af geïnisieër word, dit is die ouerhuis en alle ander gesagstrukture, sal ongedissiplineerdheid verder voorkom en deel van ons bestel word.