14-jarige vas ná moord op vrou

Argieffoto

ʼn Veertienjarige seun is in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn 55-jarige vrou in Kuilsrivier in Kaapstad.

Beamptes van die Kuilsrivier-polisie het omstreeks 17:45 Saterdag gereageer op ʼn klag en is na ʼn huis in Kalkfontein.

“Met hul aankoms het hulle die vrou met verskeie steekwonde oor haar liggaam op die grond aangetref,” het kapt. FC van Wyk, polisiewoordvoerder, gesê.

Die nooddienste is ontbied en die vrou is op die toneel dood verklaar. “Die presiese omstandighede rakende die voorval is nog nie bekend nie en word ondersoek,” het Van Wyk gesê.

News24 berig die oorledene was glo die seun se ma.

Die seun sal binnekort in die Blue Downs-landdroshof verskyn.

Enige iemand met inligting oor die voorval word versoek om die Kuilsrivier-polisie by 021 900 2800 of Stop Misdaad by 08600 10111 te kontak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

George ·

Snaaks dat jy nooit van die tipe ding gehoor het toe “ordentlike” straf deur ouers en onderwysers toegelaat was nie, en die boompie gebuig moes word terwyl hy nog jonk is nie.

Poppie ·

Hoe is dit dat kinders dit al meer en meer doen? Blootstelling aan geweld of dwelms?

Sandra ·

TV, flieks, speletjies, alles is gewelddadig en dis waar dit begin. Hoe meer bloeddorstig die fliek hoe Beter.

Julie Jansen van Rensburg ·

Poppie, Arno en Sandra, dit is presies waarop dit neerkom – as jy dit DR\URF waag om jou kind se sterre bietjie warm te slaan, word jy as ‘n geweldenaar uitgeskel en kan ook vir die regter of magistraat probeer verduidelik dat jy NIE jou kinders probeer vermoor het nie – net goeie outydse dissipline – maar jy staan aan die verloorkant. Intussen kan die “onskuldige bloedjies” maar doen soos hulle goeddink… laat my na 1957 terugdink toe my man en ek nog geloseer het – die skoolkinders het gewoonlik hulle middagete gekry wanneer hulle van skool af terugkeer. Een middag breek daar ‘n onderonsie tussen ‘n seun en dogter uit en dié meneertjie gryp ‘n tafelmes en probeer die dogter in die rug steek, maar sy het ‘n dik trui aangehad. Die huismoeder sleep hom na sy pa (‘n dokter) wat ook klaar middagete gehad het en sy vertel hom wat sy knaap probeer doen het. Die pa kyk hom aan en sê: “Jy WEET jy mag nie sulke dinge doen nie. Toe, LOOP!!!” Maar vandag – “the less said, the better…” nee, kyk, my driestuks het goed geweet waar ou “SIELKUNDE” – die plak gehang het… en wanner dié begin “maer” word moes hy natuurlik weer bietjie op hulle sitvlakkies “vetgevoer” word. En vir wie moet ons vir hierdie toedrag van sake blameer? Die Nuwe Wêreldorde en hulle liberale volgelinge…

Pikkewyne ·

Hulle leer nie verantwoordelikheid vir hulle dade nie want daar word nie meer strawwe uitgedeel vir oortredings nie…

Sarel ·

Inlywing by Bendes , Volwassenes gebruik minderjariges om moord te pleeg want jy kan nie tronk toe gaan nie. Voorbeeld wat deur volwassenes en Regering gestel word. SA die land waar jy vuurwapen op straat koop en waar jy die maklikste huurmoordenaars kan kry

skurweberg ·

Gee hom lyfstraf. Dis die enigste manier om die psige van ‘n mens ten goede te verander. Deur dit te doen beskerm jy nie net die gemeenskap nie, maar ook die seun teen homself. Pyn is ‘n geneesmiddel vir hom wat dit verdien.

hercu ·

in ons samelewing is daar nie net probleem kinders nie, daar is ook probleem ouers, volwassenes en ‘n onbevoegde regerings amptenare wat die verkeerde voorbeeld stel en almal dink dit is die manier van doen en lewe!

dit is die vrugte van die hedendaagse vaderskap…..of die afwesigheid daarvan!!

M.H.B. ·

Kom ons som al die moontlike redes op deur dit so te beskryf ” voorbeeld gestel deur soort gelyke gebeutenisse daagliks rondom ons ”
Ontstellend

Tappies ·

Vandag se mense moet n eksamen skryf oor ouerskap..indien hulle nie slaag nie moet die man gekastreer word en die vrou se ‘fluitjie’ moet uitgesny word…so verhoed ons dat drek in die samelewing vrygelaat word.

Sê maar net ·

Ek gaan nou seker aangevat word, maar ek gee nie om nie. Ouers verwag dat dissipline en maniere by ‘n skool vir die kinders geleer moet word. Dit begin by die ouerhuis en as die ouers hul kinders in die Vrese van die Here grootmaak en hul kinders meer van die Here leer en saam met hulle kinders na die huis van die Here gaan sal dinge baie beter gaan. Hoeveel kinders gaan nog sondagskool toe? Kinders word nie meer reg opgevoed oor wat reg en verkeerd is nie. Kinders word nie meer getug soos wat die Woord vir ons leer nie, ‘n bietjie pak slae op sy tyd het niemand nog skade gedoen nie, Groot probleem vandag is streng kinders en gehoorsame ouers, kinders wil vir die ouers se wat hul wil en nie wil nie.

Maljan ·

Jy is so reg. Kyk maar op n Sondag hoe leeg is die kerke. Mense het bloot ander prioriteite. Daar is net nie meer tyd vir God totdat iets groot in hulle lewe four gaan nie. n Pakslae op sy tyd is immers soos brood en konfyt.

Maljan ·

Jy is so reg. Kyk maar op n Sondag hoe leeg is die kerke. Mense het bloot ander prioriteite. Daar is net nie meer tyd vir God totdat iets groot in hulle lewe four gaan nie. n Pakslae op sy tyd is immers soos brood en konfyt.

Henry ·

Dit is hoe die ANC en die EFF, veral Julius Malema die jeug opgevoed het. Wat ‘n skande

Griet ·

Se maar net, jy slaan die spyker op die kop. Ouers word in die Woord opdrag gegee om hulle kinders te tug en vir God grootgemmak en opgevoed te word. MAAR hoeveel ouers stel nog die voorbeeld deur Sondae kerk toe te gaan? Hoeveel kinders gaan nog Sondagskool toe? Bitter min. Gn wonder daar is deesdae 14 jarige misdadegers / moordenaars nie. Ons land lyk soos hy lyk omdat die grootste gros mense hulle rug gekeer het op God en sy gebod en ook omdat godsdiens nie meer in die skole toegelaat word nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.