5 vas ná roof by Oos-Kaapse supermark

Polisisebeamptes staan by die wegkommotor. (Foto; SAPD)

Vyf verdagtes het Maandag in die plaaslike landdroshof verskyn nadat ’n supermark oor die naweek in Uitenhage in die Oos-Kaap beroof is.

Sers. Majola Nkohli, woordvoerder van die polisie, het in ’n verklaring gesê drie mans, van wie een gewapen, het Sondag omstreeks 10:45 na bewering by ’n supermark in Mandela Ville ingestorm. Die gewapende verdagte het sy wapen op twee winkelassistente gerig terwyl sy makkers die winkel geplunder het.

Volgens Nkohli kon die verdagtes daarin slaag om kontant, ’n lugtydmasjien en ’n Nokia-selfoon te buit voordat hulle in ’n wegkommotor op die vlug geslaan het.

Een van die vuurwapens in die wegkommotor aangetref. (Foto: SAPD)

Die polisie is onmiddellik van die voorval ingelig waarna ’n soektog na die verdagtes en die wegkommotor begin is. Die polisie het kort daarna ’n motor met dieselfde beskrywing as dié van die wegkommotor in Melbrooksstraat opgemerk. Die motor het teen ’n hoë spoed gery en die polisie het die verdagte voertuig agternagesit.

Volgens Nkohli is die motor in Nomakhwezanastraat in KwaNobuhle aan die buitewyke van Uitenhage voorgekeer. Die polisie het vyf mans, twee wapens, ses selfone, ’n lugtydmasjien en ’n rugsak vol kontant in die voertuig aangetref. Al vyf mans, almal 23 jaar oud, is op die plek in hegtenis geneem.

Die mans staan tereg op aanklagte van sakeroof, asook die oortreding van afsonderingsregulasies, het Nkohli gesê.

Dit is nie duidelik wanneer die mans weer in die hof sal verskyn nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Ronel ·

Duidelik is die inperking groot sondebok wat bydra tot meer en meer geweld en gewapende roof. Hier kom groot moeilikheid vorentoe vir SA.

Oom Hennie Pennie ·

Mense het honger en kan nie werk nie, tyd om alle fases van inperking te staak

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.