Aangepaste definisie vir Afrikaans as inheemse taal kom  

Dr. Blade Nzimande, minister van hoër onderwys en opleiding. (Foto: Kopano Tlape/GCIS)

ʼn Aangepaste definisie wat Afrikaans as inheemse taal sal weerspieël, sal in die Staatskoerant gepubliseer word.

Dr. Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, het dié versekering gegee in antwoord op ʼn parlementêre vraag van DA-LP Leon Schreiber.

Nzimande het in Oktober 2020 ʼn nuwe beleidsraamwerk vir taalgebruik in hoër onderwys bekend gestel waarin slegs “Suid-Bantoetale” as inheems aan Suid-Afrika erken word. Afrikaans, asook die Khoi- en San-taalfamilie is as sogenaamde uitheemse tale in dié beleidsraamwerk geklassifiseer.

“Die departement het regsadvies oor die status van Afrikaans as inheemse taal ontvang, oorweeg en aanvaar, asook die behoefte aan ʼn beleidsaanpassing om hierdie feit duidelik te weerspieël sodat ons nie onnodig afgelei word van die belangrike taak van die ontwikkeling van ons histories gemarginaliseerde tale nie. Die aangepaste definisie sal in die Staatskoerant gepubliseer word,” voer Nzimande in sy antwoord aan.

Schreiber het in reaksie gesê dit is duidelik dat die volgehoue druk op Nzimande besig is om vrugte af te werp.

DA-LP Leon Schreiber
(Foto: Facebook)

“Hy het aanvanklik die definisie van Afrikaans as ‘uitheems’ hand en tand verdedig, maar nadat die DA hom gedwing het om ʼn regsmening in te win wat bevestig dat Afrikaans inheems is, sing hy nou ʼn ander deuntjie.”

Hoewel Nzimande die versekering gegee het dat die wysigings in die Staatskoerant gepubliseer sal word, het Schreiber gesê die minister maak ʼn fout as hy dink die DA gaan sy voet van die pedaal afhaal.

“Gegewe die wyse waarop hy aanhoudend sy deuntjie verander sal ons nie rus totdat ʼn nuwe definisie, wat Afrikaans as inheems erken, formeel in die Staatskoerant gepubliseer is nie. Tot dit gebeur, sal ons aanhou om Nzimande om elke hoek en draai te konfronteer oor sy diskriminasie teen Afrikaans.”

Nzimande het gesê hy hoop dit sal die saak eens en vir altyd afsluit “en ons aandag weer vestig op die hooftaak op hande, naamlik om waardigheid en respek te verleen aan al ons histories gemarginaliseerde inheemse tale soos die Grondwet van die Republiek van ons vereis”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

Republikein in die Wes Kaap ·

Dis ‘n fout om die ANC en ‘n ou kommunis te vertrou. Hul mikpunt is om alle spore van Afrikaners uit te wis. Werk eerder aan planne om die Wes Kaap af te stig waar Afrikaans kan gedy op amptelike vlakke.

wiesalweet ·

Almal kan nie Wes-Kaap toe trek nie. Van ons het ‘n lewe in ander provinsies en dis nie sommer net vir oppak en trek nie.

Delia ·

Presies so en moenie vir 1 sekonde dink alles is so wonderlik in die Kaap nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Dalk nie perfek nie, Delia, maar steeds ligjare voor die ander agt provinsies. Misdaad bly ‘n probleem, maar die heersers in Pretoria is deel van die probleem. Onbeheerste instroming na arm gebiede is ‘n krisis, net soos in Gauteng.

gatgogga ·

Nee, maar jy kan ‘n veilige hawe vir jou wit nageslag daarstel. Universiteite, skole, hospitale, ens. wat werk.
As jy nie daar kan wees nie, dan mag dit nie gebeur nie? Is dit jou sienswyse?

wiesalweet ·

Ek glo nie dis enige iemand se sienswyse nie, maar soos ek reeds gesê het – dis nie net vir oppak en trek nie. Ek het ‘n huis, my werk, ens. Gelukkig is my kinders groot en selfversorgend. En soos wat Delia sê – alles is nie so wonderlik in die Kaap nie.

Snowball ·

‘n Goor dag in Hermanus is steeds beter as ‘n goeie dag in Gauteng.

Republikein in die Wes Kaap ·

wiesalweet, indien jy nie kan/wil trek nie, bly waar jy is. Niemand sal jou dwing om te trek nie. Jy kan as buitelander steeds hier belê, wetende dat jou beleggings veilig is. Beskou die Wes Kaap dan as jou sal moederland.

Delia ·

Republikein, ons is een land. Die probleem met baie Afrikaners is dat hulle net oor hulle self gepla is.

Republikein in die Wes Kaap ·

Nee Delia, Suid Afrika is ‘n mensgemaakte mengelmoes wat reeds in 1910 gedoem was tot mislukking. Snaaks genoeg, die Engelse in Natal het dit toe al besef. Vir dekades veg ons teen swaartekrag om alles bymekaar te hou. In 1994 het dit finaal uitmekaar gespat. Daar bestaan nie ‘n “een land” nie. Dis wat wit politici wat net oor hulself gepla is vir jou sal sê. Soos gatgogga skryf, ons moet veilige hawes skep vir generasies wat nog kom.

Kirst ·

Pasop dat waarvoor julle wens nie waar word nie. As die Wes-Kaap onafhanklik kan raak sit dit op dag een met ‘n probleem – dit het nie ‘n weermag of polisie nie. Die meerderheid van elektrisiteitsopwekking sit ook in die res van die land. Koeberg werk reeds net halfpad en daar is kommer daaroor om sy leeftyd te verleng na 2024. En dink net hoe sal die (dan) onwettige immigrante van die ander 8 provinsies hierheen stroom as ons onafhanklik raak!

Republikein in die Wes Kaap ·

Dis ‘n proses Kirts, wat oor ‘n redelike lang tydperk sal gebeur in terme van plaaslike en internasional wette. Sekere funksies is reeds afgewentel, en sentrale staatsfunksies sal volg en van nuuts af opgebou word, insluitend polisie wat ‘n para-militêre vleuel sal hê. So onder die radar, sonder fanfare word die ekonomie op ‘n ander trajek geplaas as in Suid Afrika. Die Wes Kaap is reeds op pad om eie kragbronne te ontwikkel. Burgers sal Suid Afrikaanse burgerskap moet opgee, dus ook Sassa toelaes. Indien nie, ontvang die wat reeds daar woon slegs verblyfregte, en geen stemreg en maatskaplike voordele nie. Besoekers uit Suid Afrika moet aansoek doen vir visums. ‘n Federale stelsel met state of kantons gee burgers mag in hul gebied, en dit sluit beleide oor immigrasie en belasting in. Indien ons in 1990 begin het was ons al by die vlagpaal.

Kirst ·

Ek is bevrees die ANC is besig om mag eerder te sentraliseer as om dit af te wentel. Hulle is van plan om die drie vlakke van regering een te maak. Dit pas hulle mos glad nie dat dit so goed gaan in die een provinsie waar hulle nie aan bewind is nie.

capie ·

En wat dan van die Khoi en San tale? Is dit nie inheems nie. Kry asb die hele storie reg.

Republikein in die Wes Kaap ·

Die onbetroubare minister het wel onderneem om dié twee tale ook amptelike te erken.

Snowball ·

Stem saam, Khoi en San tale is inheems. Dit was immers die eerste tale waarvoor daar tolke nodig was met die Hollanders. So sal die huidige regering alles misken en doelbewus verdraai om die swart agenda te laat domineer.

JohanR ·

Was Sondag op ‘n groot familie byeenkoms. ALMAL het Afrikaans gepraat – LEKKER!

Republikein in die Wes Kaap ·

10 uit 10 vir jou optimisme, maar wees ook realisties. Afrikaans sal seker oorleef as omgangstaal, veral in die Wes Kaap, maar op amptelike vlak boer die taal vinnig agteruit. Daar moet geveg word om dit as onderwystaal te behou.

JohanR ·

Dink net as Nzimande vir eens en vir altyd ge@Voertsak het?

Di ·

Wens daardie dag breek vinnig aan! Hy moet ook net gaan soos die res van die ouetehuis in Parlement

Republikein in die Wes Kaap ·

Daar is maar net ander Nzimandes wat sal oorneem.

Wakkerslaper ·

Ag asse-flippin-blief! “ons histories gemarginaliseerde tale…” Julle het duisende jare gehad, soos enige ander volk op Aarde, om julle tale te ontwikkel tot gevorderde literatuur. Dit is beslis nie my skuld dat toe my voorouers in die 1600’s voet aan wal gesit het, julle nie eers kon skryf nie.

Kokerboom ·

Dis ‘n stap in regte rigting. Khoi en san tale moet nou veg vir hul bestaansreg.

Elma ·

Swazi en Venda is meer uitheems as Afrikaans!

as Afrikaans (ek praat nie van Nederlands nie) nie in SA ontstaan het nie, waar het dit?

Hendrik ·

En engels? Hoekom besig hulle die engels so maar nie hulle eie tale nie? Die klomp is aspris uit en uit.

Republikein in die Wes Kaap ·

Dis wat die Nzimandes van Afrikaners verwag. Praat Afrikaans in jou huis, maar daarbuite is dit slegs Engels. Dis een van die argumente waarom Afrikaanse studente Engels moet besig in die koshuise op Stellenbosch en Noordwes.

Marius ·

Ek is gebore in Suid AFRIKA , my huistaal is AFRIKAANS. Dit maak my burger van die hool wat eens so vooruit gegaan het. Nou wil jy my taal kom weg neem , omdat jy nie die kennis het van my geskiedenis en van my taal nie??? Wie gee jou die reg om so n belaglike besluit te neem oor my taal ?????
Jy en al jou kader maatjies is die grootste rassiste wat net aan julle self dink en basta met die mense wat die land OP gebou het wat julle nou so AF breek.!!!!

Jakkie ·

Afrikaans sal OK wees. Ons en ons kinders sal dit aanhou praat, ons sal daarin skryf en dig. Niemand kan dit van ons wegneem nie. Ons moet net nie op ons hande sit nie en moet ons ondersteuning gee aan Afrikaanse publikasies, skole en universiteite soos Akademia. Kunstefeeste en Woordfeeste en Afrikaanse sangers word goed ondersteun ons moet net aanhou ondersteun…..

Republikein in die Wes Kaap ·

Praat sal Afrikaans gepraat word. Maar ongelukkig sal die taal op amptelike vlak agteruitboer, veral in die noordelike provinsies.

Ziggy ·

Volgens my is daar net 3 inheemse tale, Khoi en San wat hier was toe Europeers aangeland het en Afrikaans wat hier ontstaan het. Al die ander tale is uitheems want hulle het van Noord van die huidige lands grense gekom.

Nettie ·

Leon vra dat hulle Afrikaans sal ERKEN as inheemse taal.
Mnr Nzimande sê hulle bewoording sal dit WEERSPIEëL.

Dis 2 verskillende begrippe in my opinie. Ek sal die staatskoerant se bewoording mooi bestudeer, ek hoop ander sal ook.

Danie ·

Die ou gesegde haal eers die balk uit jou oog voor jy die splinter uit myne wil haal.Hulle kan krap en gemoedere opsweep.Kan die goed nie vir eens iets reg of goed doen nie.

Johann ·

Kader Koning. Solank hy kan verdeel en ontstel en benadeel…dan is sy job gedoen. Absolute Rassis. Bang vir en haat Afrikaans.

Johann ·

Is dit nie ironies dat Afrikaans deur die ANC uitgeskop wil word, maar dat Engels as die voorkeurtaal in die meeste nie-Afrikaanse skole voorkeur kry nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.