Aappokke-geval in Limpopo bevestig

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

’n Toeris van Switserland wat in Limpopo vakansie hou, het positief vir aappokke getoets.

Dr. Phophi Ramathuba, LUR vir gesondheid in Limpopo, het gesê die 42-jarige toeris het simptome getoon van ’n uitslag, vergrote limfkliere, spierpyne en moegheid, waarna hy positief getoets het.

Ramathuba het ’n beroep op kalmte gedoen en gesê die pasiënt is nie in die hospitaal opgeneem nie en dat hy tans isoleer.

Die departement het reeds drie mense met wie die man in kontak was, opgespoor, maar hulle toon nog geen simptome nie.

Die eerste geval van aappokke is op 22 Junie in Suid-Afrika aangemeld toe ’n 30-jarige man van Gauteng positief vir die virus getoets het. Op 28 Junie het ’n 32-jarige man in die Wes-Kaap positief getoets.

Aappokke is ’n seldsame virusinfeksie wat gewoonlik met ligte simptome verbind word en die meeste mense herstel binne ’n paar weke. Die sterftesyfer van hierdie virus is sowat 1%.

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het weer verlede week vergader om te besluit of die voortslepende uitbreking van dié siekte nou as ʼn wêreldwye noodgeval – die hoogste waarskuwingsvlak – verklaar moet word.

Meer as 6 000 gevalle is reeds in 58 lande bevestig, met ’n oplewing van die virus wat sedert Mei die ronde doen in dele van die wêreld waar die siekte nie endemies is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Henri ·

‘n Sekere deel van die samelewing gaan gebukkend onder hierdie pes.

VaalDonkie ·

Is van gebukkend wees dat hulle hierdie pes onder lede het

Trotse Boervrou ·

Nou mag mens mos nie sê wat jy dink nie want dan is jy besig met aapstreke.

annie ·

Die mense in Limpopo moet tog maar ligloop vir toeriste uit Europa. Geld is nie alles nie. Die gesondheidstelsels in plekke soos Switserland is skynbaar nie meer wat dit was nie. Is WHO se hoofkantoor nie in Zurich nie?

Owlie ·

Mmmm laat men’s wonder… lock down, masks, vaccines, power&control…………. is dit die volgende verskoning of is dit die redes…..

Piet ·

Sterkte aan die sekere deel van die samelewing, Hierdie pes gaan jy nie in die media of hof kan verkleineer om jou “reg” te aanvaar nie.

Madeleine ·

Ligte simptome en 99% herstel… Maar dis n NOODKRISES?

Hennie ·

“Beroep op kalmte”… Dink die ool ons is gestures of oproerig?

Miskruier ·

Waarom het die mensdom toegelaat dat ons permanent moet hoor, ons is besig om te sterf. Ons weet.

domheks ·

Maklik – verskaf net kondome! Dan hoef die hele land nie daaronder te ly nie.
Maskers is nou permanent UIT!

Perdeby ·

Hoe lank is die toeris al in SA??? want hy kon dit al in sy land of ‘n ander land aangesteek het!

VaalDonkie ·

Snaaks ons het nog niks uit Seepunt hier in die Kaap gehoor nie. Nie om lelik te wees nie, maar die demografie wat die meeste vatbaar vir aappokke is, woon oorweldigend daar.

Johan ·

Ek verstaan nie hoe dit nou eweskielik sy kop uitsteek nie. Laat mens wonder.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.