Agtjarige kritiek ná hy voor motor beland

Argieffoto: Netcare 911

Argieffoto: Netcare 911

ʼn Agtjarige seun van KwaZulu-Natal is in ʼn kritieke toestand in die hospitaal nadat hy Donderdagoggend deur ʼn motor raakgery is terwyl hy skool toe gestap het.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die seun het omstreeks 07:20 in Glanvilleweg in Woodlands gestap. Hy het die straat probeer oorsteek en voor ʼn aankomende voertuig beland.

Netcare 911-paramedici het die seun in die middel van die pad aangetref met ernstige beserings. Hy is op ʼn handventilator geplaas en na die Nkosi Albert Luthuli-hospitaal gehaas vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

mandie ·

Wat soek n 8jarige alleen is n besige str. Waar is die ma of n ouer persoon. My kind is 11. Sy loop ni eers aleen hoek winkel toe ni en sy hoef nie eers oor n str te loop ni. Kan die ouers nie dink ni. He’ll man

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.