Al minder SA’ners wil hulle laat inent

(Argieffoto: Elmond Jiyane/GCIS)

Statistieke wat daagliks deur die departement van gesondheid bekend gemaak word, wys ʼn duidelike afwaartse neiging in die getal mense wat daagliks ingeënt word, ten spyte daarvan dat alle Suid-Afrikaners bo 18 jaar oud nou ingeënt mag word.

Volgens dié statistieke is slegs 17,5 miljoen mense – ongeveer 30% van die bevolking – reeds ingeënt en kenners bestempel nou dié tendens as uiters kommerwekkend. Dokters skryf die afname in inentings grotendeels toe aan ʼn gebrek aan dringendheid by sommige individue om ingeënt te word en ʼn vrees vir moontlike newe-effekte wat ander verhoed om ingeënt te word.

Luidens die departement se syfers is bykans 1,5 miljoen mense in een week ingeënt toe die inentingsprogram aan mense tussen die ouderdom van 18 en 34 jaar oud in Augustus oopgestel is. Dit sluit syfers in vir die Johnson & Johnson-entstof, sowel as die eerste en tweede dosis van die Pfizer-entstof.

ʼn Week daarna is 1,4 miljoen mense ingeënt en nóg ʼn week later het 1,2 miljoen mense ʼn inenting ontvang. Verlede week is net 800 000 met die Covid-19-entstof ingeënt.

“Indien meer mense nie ingeënt word nie, gaan Suid-Afrika sukkel om sogenaamde kudde-immuniteit te bereik,” het dr. Angelique Coetzee, nasionale voorsitter van die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging (Sama), aan Maroela Media gesê.

Sy sê soos dit nou aangaan is dit onwaarskynlik dat Suid-Afrika sy teiken om sowat 70% van die volwasse bevolking teen die einde van die jaar in te ent, sal haal.

“Dit beteken dat die inperkingsmaatreëls, die reisverbod en maskers nog vir lank saam met ons gaan wees.”

Die regering het onlangs in ʼn verklaring oor die land se reaksie op die Covid-19-pandemie hierdie sentiment gedeel en gemaan dat die regulasies nie opgehef sal word nie as meer mense hulle nie laat inent nie. Die vakbond Cosatu het ook Vrydag in ʼn verklaring sy kommer uitgespreek dat die getal mense wat daagliks ingeënt word, afneem.

Volgens prof. Marietjie Venter, verbonde aan die Universiteit van Pretoria se Departement Mediese Virologie, bestaan die moontlikheid dat Suid-Afrika binnekort ʼn vierde vlaag van Covid-19-gevalle sal ervaar wat weer ʼn verwoestende uitwerking op die land se ekonomie en gesondheidstelsel sal hê.

“As ons nie kudde-immuniteit bereik nie, is die kanse groot dat daar ʼn nuwe vlaag of selfs ʼn nuwe variant sal ontstaan. Die nuwe vlaag sal diegene wat nie teen die virus ingeënt is nie die hardste tref, omdat hul kanse om gehospitaliseer te word en die virus oor te dra baie groter is as dié wat volledig ingeënt is,” het sy gesê.

“Daar is ʼn 90% kans dat ingeënte individue nie in die hospitaal sal beland nie en byna 100% dat hul nie aan ʼn Covid-19-verwante oorsaak sal sterf nie.” Sy meen inentings sal beskerming teen toekomstige variante ook bied.

Maroela Media het wel verlede week berig dat mense wat reeds Covid-19 opgedoen het, en dus ʼn natuurlike weerstand teen die virus opgebou het, net so of selfs meer beskerm teen die virus is.

Redes vir huiwering

Volgens kenners is daar hoofsaaklik twee redes waarom minder mense hulle laat inent.

“Sommige mense, wat nog onseker is of hulle die entstof wil hê, voel nie dit is so noodsaaklik om nou ingeënt te word nie, omdat die getal daaglikse nuwe infeksies tans baie laag is. Wanneer die getalle weer toeneem, sal meer mense waarskynlik hulself weer wil laat inent,” sê Coetzee.

Venter meen die res is mense wat glo die inenting is nie behoorlik getoets nie en kan moontlik ernstige newe-effekte tot gevolg hê of leen hul ore uit vir samesweringsteorieë soos dat die inenting ʼn mikro-skyfie bevat of mense 5G sal kan herlei nadat hulle ingeënt is.

Vooma-veldtog dalk vergeefs

Pres. Cyril Ramaphosa het Donderdagaand aangekondig dat die Vooma-inentingsnaweke dié naweek afskop. Dit is ʼn landswye veldtog om Suid-Afrikaners aan te moedig en dit makliker te maak vir hulle om oor naweke ingeënt te word.

“Diegene wat nie deur die loop van die week ingeënt kan word nie, word aangemoedig om van dié geleentheid gebruik te maak.”

Maar Coetzee meen ook dié veldtog sal min vrugte afwerp.

“Vir die regering om sy doelwit te bereik sal sowat 300 000 mense per dag ingeënt moet word. Tans word nie eens die helfte hiervan daagliks ingeënt nie. Dit is verblydend dat die regering minstens planne probeer maak om mense in te laat inent, maar dit is waarskynlik tevergeefs.”

Hoewel Cosatu ook graag wil sien dat meer mense die Covid-19-entstof ontvang, het die vakbond sy kommer uitgespreek oor planne vir digitale inentingsertifikate, wat aan ingeënte individue beskikbaar gestel sal word.

“Ons moet weet dat hierdie sertifikate waarskynlik geleenthede vir korrupsie en bedrog sal skep en ook nie noodwendig toeganklik sal wees vir mense in landelike gebiede wat nie toegang tot tegnologie het nie,” lui die verklaring.

Dr. Joe Phaahla, minister van gesondheid, het wel die versekering gegee dat bedrog met betrekking tot dié sertifikate voorkom sal word, maar nie gesê hoe die regering die integriteit van dié sertifikate sal verseker nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

90 Kommentare

Witwolf ·

Stem saam! Wonder met hoeveel SAMA deur die Bill en Melissa Gates Foundation geborg word? Miskien kan Angelique Coetzee ‘n eerlike antwoord gee!

Petra ·

Dis ook my liggaam en my keuse om nie naby jou te kom nie Barney. Dis ook my liggaam en die van my geliefdes om nie ‘n anti-vaxxer soos jy, in my besigheid aan te stel nie.

Vlooitjie ·

Dis ook my reg en my keuse om nie dit wat jy afskei te aanvaar nie.

Jan ·

Maar jy het nie die reg om ander mense se lewe in gevaar te stel nie. Kom by. Moet dan nie kla as jy van ander aktiwiteite uitgesluit word nie.

Vlooitjie ·

Ons doen nie, maar moet ook nie oor n jaar of twee drie kom kla as daar dan allerhande nsgevolge opduik nie. As jy regtig glo in jou ent en jou masker dan is jy mos okay? Ek glo nie aan jou ent nie en lang termyn dink ek gaan jy onveilig wees wees vir my, so kom ons los mekaar uit. Ent in as jy wil, dra jou masker en doen wat jy wil, maar hou op om te dink jou vyand is die mense wat nie wil ent nie, die agenda is baie groter en wyers as dit en ons almal se probleme binnekort baie groter as jy wat wou ent en ek wat nie wou nie. Gaan lees net wyer!!!

Carina ·

Ekt my laat inent en lewe nog..ekt geen newe effekte gehad.

JohanR ·

Die effekte skop eers in 2025 in. Die inenting is soos ‘n komper virus gestel op tyd. Op die 25/06/2025 word hy wakker!

Petra ·

Ek is ook ten volle inge-ent … dankie dat jy nie dom is nie xoxo

Truthful ·

Ek my Man en kinders. Het albei 2 inentings gedoen by clicks .. ons wil geensins verantwoordelik wees vir virus versprei…

Boerkind ·

Die FEIT is dat jy steeds die virus kan dra EN versprei al is jy ingespuit – of is jy net onbelese??

Francois Le Cochon ·

Die FEIT is dat inenting vehoed dat die virus muteer. Dus, hoe meer mense ingeent word, hoe minder mutasies gaan daar in die toekoms wees, en hoe groter is die kans om die virus verspreiding te stop. Die verkoue virusse is n goeie voorbeeld van n virus wat homself al eeue lank muteer. Hoekom daar mense is wat eerder verkies dat die wereld nog moontlik eeue lank met covid moet saamleef, sal net hulle weet. Ek wil nie.

Rooikopheks ·

Mense verstaan nie daardie redenasie nie, dis te ingewikkeld om te verstaan. Ent in sodat die virus kan ophou muteer.

Pietertjie ·

Ek het my nog nie laat inent nie, het reeds covid gehad, en het geen newe effekte gehad nie.

Cherokee ·

Jy het jou ‘nog nie’ laat inent nie. Jy weet natuurlik wat daardie woorde (kan) beteken.

Cherokee ·

..en moet nie my duim-af nie… jy hèt dit gesê, lees maar self :-)

Francois ·

SAners en die wêreld raak al hoe dommer… (bewys is die hoeveelheid af duime die kommentaar gaan kry?)

Lood ·

Jy is reg. Dit begin al hoe meer vir my te lyk die inspuiting tas mense se brein ook aan en dan word hulle dommer.

Cherokee ·

As jy dalk dog hierdie is ‘n Internetgame, gaan jy hopeloos teleur gestel word. Ons speel nie games nie, soek dit elders. Mense wat hier pos, mag wel heel deurmekaar wees, maar is ten minste ingestel op realiteit. Speel jou games elsewhere.

dr. Petronella ·

Dr. Coetzee en Prof. Venter moet asb. ophou dreig. Ons is so vuisvoos van al die dreigemente en voorspellings v golwe( wat eintlik in die see voorkom) wat gaan volg, dat tot skoolkinders nou selfdood pleeg! Gee die volk n blaaskans— of gaan die regering nie n lening by die wêreldbank kry as die land nie die “target” haal nie?
Al hierdie dreigemente en gekerm oor n virus wat n 95% herstelsyfer het!!
Wat het dan van Kanker, HIV Vigs, diabetes, tuberkulose , ens geword wat in die verlede duisende meer Suid-Afrikaners per jaar laat sterf het as hierdie virus? Waar is die entstowwe daarvoor?

Petra ·

Nee, gee julle paramedics, dokters, verpleegsters ens. ‘n breek. Natuurlik is die ander gevalle daar. Maar C-19 is ‘n pandemie.

Samuel ·

Dr. Petronella, ek stem eenhonderd persent saam. Dreigemente is al waarmee SAMV en andere baie goed is. Eerlike kommunikasie met die landsburgers is wat ons nodig het. Dan sal meer mense hulle dalk laat inent. Sê watter bestanddele in die entstof is; nie vae aanduidings wat julleself nie glo nie. Na hierdie plaaslike verkiesings, gaan die regering dit nodig vind om nog ‘n vlaag aan te kondig, net sodat hulle die mag kan behou.

Boerkind ·

Wat het geword van natuurlike immuniteit wat al die derduisende opgebou het nadat hulle C19 opgedoen het? Wetenskaplike navorsing komende uit Israel wat vrylik beskikbaar is, het onlangs onteenseglik bewys dat natuurlike immuniteit BAIE meer weerstand bied as die inspuiting…. Hoekom word nooit hierna verwys nie – ook nie hier by MM nie?? Vreemd!! Waarom mag en word die anderkant van die inspuiting(beserings wat ‘n werlikheid is) altyd afgemaak as sameswerings??

Joe Olivier ·

Ek tel nogal ‘n dreigende houding van Angelique en die regering op. Ek is reeds deur covid en het geen las op die hospitaal sisteem gesit nie. Drs was te bly om geld uit my te maak, en ek lewe nog. My keuse bly steeds om nie die ent te vat nie.

Anel ·

En hulle het klaar besluit dat hulle ons gaan tiesluit in Desember. So hiekom hulle gif vat? Dink ons het nie breinselle nie. Wat verstaan hulle nie van dat dit somer by ons nie en dat mens nie gewoonlik verkoue kry in die somer nie. Ons is almal, of dan meeste van ons, word gebore met ‘n natuurlike imuniteit. En word nie gewoonlik siek nie. Maskers dra en handewas vernietig natuurlike kieme en imuniteit. Dis dan ook die lit wat die meeste siek word. Maskers maak jou siek!!! In elke geval, my liggaam my lewe my besluit wat daar in gaan. Ek laat my nie dreig om selfmoord te pleeg nie. In elke geval, die goed wat nou so gespuit word, hoe lank is dit effektief,? Hoekom word daar nie gesê nie? Hoekom word daar nie ook gesê dat daar gereeld “boosters” gekry sal moet word sodra jy eenkeer gespuit is nie? Besughede gaan nou erger lei want nie gespuites mag nie toegelaat word nie en hulle gaan geen bystand kry nie want hulle mag mos handeldryf. Kyk maar oorsee!!

Rooikopheks ·

Ek hoor wat jy sê Anel, jou keuse, jou liggaam. So is dit ook my keuse, my liggaam om wel ingeënt te word. So het ek dan ook gedoen.

Cherokee ·

Ek verstaan nie waarom julle Desiré duim-af nie. Wat sy sê is 100% reg. Sy wil ingeënt word, en sy het dit gedoen. Tog erken sy òns wat nie sal laat inent nie, se reg om dit nie te doen nie. Wees realisties asseblief.

Daan ·

Dis tyd dat alle Suid Afrikaners die ware feit rondom die in enting hoor.

MakersMark ·

Deel die waarheid met ons ek neem aan jy het geheime inside info ….”nudge nudge wink wink”.

Harley Davidson ·

Dit is en moet jou keuse bly of jy wil ingeënt word of nie punt.

Cherokee ·

Ag, hou tog op òp met die ‘punt’ storie. Dit is ongelooflik maklik om vervelig te raak.

Cherokee ·

re: ‘………hoofsaaklik twee redes….’ en dan word dit soort van spottend beskryf.
Maar niks word gesê van die ander redes as genoemde nie. Nie een, nie eens een van die sogenaamde kenners, waag om dit selfs te noem dat daar mense is wat ‘n geloofsbeswaar het teen dit. Die sogenaamde inentings sertifikate versterk ons beswaar, en bewys dit as waarskynlik oftewel bes moontlik, reg.

MakersMark ·

Meeste “geloofsbesware” is gebaseer op middeleeuse sameswerings teorieë in elk geval.

Cherokee ·

‘meeste’ sê jy, maar ek daag jou uit om Openbaring 13 te betwis.
As jy enigsins die mòed het, antwoord hier, hetsy negatief of positief.

Johannes ·

Ek stem 100% saam met Boerkind. As die herstelkoers oor die 90% is het ons al kudde-immuniteit bereik.

Karel Kobus Kruger ·

Dis dalk maar wat gebeur as jy mense indirek probeer forseer om ingeënt te word. Jy gaan n vinger gewys word. Veral omdat mense besef hul kans op oorlewing sonder enige inspuiting of medisyne is baie baie hoog. So hou maar aan om mense te dreig, en kyk wat gebeur.

Fritz ·

Die ander probleem is dat gesagsfigure en mense in leiersposisies dink mense gaan outomaties na hulle luister. Delusions of grandeur.

Johannes ·

Ek het Covid-19 in matige graad onderlede gehad en my antiliggame (antibodies) laat toets en die IgM en IgG vlakke was hoog wat dui op natuurlike immuniteit.

Alet ·

Die syfers wys reeds in UK, Israel ,Singapoer o.a. dat meer gevaksineerde mense gehospitaliseer word as ongevaksineerde s. Vandaar die boosters…
Waarom sal ons die risiko neem om te laat spuit met iets waarvan NIEMAND die langtermynuitwerking weet nie? Suid Afrikaanse regering het die digitale paspoorte reeds in Mei 2020 aangekoop

Vlooitjie ·

Presies! Maar dit word NIE IN MAINSTREAM MEDIA gedeel nie en mense lees nie graag verder nie

Lood ·

Wanneer jy ingeent word teen ‘n siekte beteken dit jy is immuun teen die siekte. Hierdie sg inenting is op die beste maar soos die jaarlikse griepinspuiting. Jy kan nog steeds Covid ķry en nog steeds ander aansteek met dit. Dit sal goed wees as die dokters, wat behoort te weet, sal ophou om na die inspuiting te verwys as entstof.

Alet ·

Ons weet reeds die vaksien beskerm nie teen infeksie of oordrag en veroorsaak moontlik die variante. Die dwang om die vaksien te neem, deur paspoorte wat vryheid van beweging en handel gaan inperk, lyk al hoe meer of dit iets met die merk te doen mag he

Cherokee ·

Heeltemal reg, Alet. Ons sê nie dat ons beslis reg is nie, maar die ooreenkoms is te skrikwekkend hoog, om bloot ignoreer te word. Die duim-affers word verstaan, want dit sal natuurlik moeilik wees vir hulle wat ingeënt is, om nou met ons saam te stem.

Cherokee ·

Proefneming… hòpe duimaffers sònder enige woordelikse beswaar. Verduidelik asseblief, duim-affers, wat ek sê en julle nie mee saam stem. Duim-af sonder beswaar beteken niks meer as ‘n minagtende lag. Verduidelik julself. En moet nie vir iemand anders wag om dit te doen, as jy ‘n duim-af geplaas het. Verduidelik jouself, of word uitgelag.

KB ·

Dr. Angelique Coetzee het lankal haar geloofwaardigheid by my verloor (dieselfde geld vir die ANC-regering se sg. Advies-komitee, Saphra, die Dept. van Gesondheid en die president).
Enige teen-argumente word afgemaak as samesweringsteorië, die media het ingekoop op hierdie “pandemie”-propaganda foefie, medici beskerm hul inkomste….pleks begin diegene van die publiek (VIR die “pandemie”-inenting) net nugter te dink, na albei kante v/d argumente te luister, deeglik te kyk na werklike feite en -data, outopsies te laat doen, ens. ….. en dán ‘n mening te vorm.
Hierdie is ʼn emosie-gedrewe situasie. Word nou kalm, hou op dreig en gaan doen julle werk ordentlik.
Al wat ek vra is, Respekteer net die indiwidu se reg om self te besluit (julle kan hoogstens adviseer).

Adriana ·

Ek en my hele familie is ingeënt en het geen newe effekte gehad. Mense moet ophou om hul ore uit te leen aan mense wat valse berigte versprei. Laat jou inent, dis tot voordeel van jouself, jou familie en ander persone om jou.

Mallie ·

Gee antwoorde op vrae wat gevra word soos, kan die entstof jou DNS verander, kan dit die oorsaak van steriliteit wees. Baie mense glo dat dit iets met die 666 of 616 merk te doen het. Antwoord hierdie vrae en baie meer mense s hulle laat inent.

Cherokee ·

Op wie maak jy staat om te antwoord, Mallie? Diegene wat ten gunste is daarvan sal vir dit praat en diè wat daarteen is, sal dit afskiet. En meeste sal voorgee dat hulle weet wat hulle praat. Min van hulle sal erken dat alles blote spekulasie is. Jy moet dus soveel moontlik inligting bekom, die pro’s en cons op die weegskaal plaas, en kyk wat die swaarste weeg. Die wat dit laat doen het, kan dit nie afskiet nie, want dan erken hulle hul eie begripsfout. Jy sal ‘n slotslom moet bereik deur dit lank en diep te bepeins. Ek het tot ‘n besluit gekom deur te sê, dinge wat duisende jare gelede geskryf is en nou gebeur, kan nie bloot toevallig wees nie.

Theo ·

Pres. Ramaphosa het 30.09 die farmaseutiese bedryf se narratief (in eenvoudige Afrikaans: verdraaide waarheid, leuens) herhaal, dat die oningeëntes die pandemie aandryf en verantwoordelik is vir die totstandkoming van nuwe variante.

Hy moet ‘n beter paneel kundiges aanstel wat meer op hoogte is van wat in die wetenskap aangaan. Kan hulle nie onthou dat weerstandige bakterieë in mense wat met antibiotika behandel is, in hospitale ontstaan het nie?

Dieselfde beginsel geld vir die SARS-CoV-2 virus: Sonder seleksiedruk, soos in die geval van oningeëntes, vind mutasies na nuwe variante nie so geredelik plaas nie, as in ingeënte persone. Enige seleksiedruk lei tot nuwe variasie. Lees wat sê dr. Byram Bridle, Kanadese immunoloog en entstofnavorser, oor die bewering dat ons in ‘n pandemie van oningeëntes verkeer, en hulle die hoofbron van gevaarlike nuwe variante is.

Strandloper ·

Sjoe…nooit geweet ouer blanke Suid Afrikaners het 9 lewens soos n kat nie. Kom wysheid dan nie net grysheid nie? Tog is almal as kinders in geënt?

Philip ·

Ek weet hoekom mense hulle nie wil laat inent nie. Daar word vir ons gelieg van dag een af oor die virus, en dan wil hulle hê ons moet net saam speel met die “dodgy” besigheid? Bv, daar praat die dokter van kudde immuniteit. As sy eerlik was, sou sy gesê het, dit is onmoontlik om kudde immuniteit te bereik met die inenting. Die inenting is nie wat hulle noem ‘n “sterilizing vaccine” nie. Jou liggaam maak nie die virus dood omdat jy ingeënt is nie, jy dra dit nog steeds. En dan hou die inenting net ‘n paar weke. Besef julle dit is soos snot medesyne vir verkoue af te vorseer vir die bevolking en dan hulle te vertel hulle gaan “kudde immuniteit” bereik. Dink julle ons is dom of wat?

Cherokee ·

Waarom Thom, sal Philip aanvaar wat jý sê, en jou glo?
Waarom sal hy mý glo?
Ek verstom my dat jy van hom verwag om jou te glo, bloot omdat jy so sê.
Ek doen ten minste die moeite om aan hom te bewys dat jy strooi praat, deur voor te stel, dat hy op Internet soek na

Dr-Sherri-Tenpenny-Interviewed-by-Reinette-Senum

en jy verwag bloot dat hy moet aanvaar dat jou strooi, die waarheid is.

Ben ·

1) Niemand glo as Ramophosa en kie iets propageer nie.
2) BAIE min mense – ingesluit selfs intelligente en selfs gegradueerde mense wat Maroelamedia lees – verstaan genoeg statistiek en waarskynlikheidsteorie om sin te maak van propaganda vir en teen inentings.
3) Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) se objektiewe statistiese analise verdien die grootste lof.
4) Luister na SNI se advies. Hulle ly nie met hierdie ding aan slegte simptome van ‘Psychology of Stupidity’ soos meeste ander nie.
5) Dit moet vrye keuse bly om ‘stupidity’ te bedryf. Ook omdat soos SNI navorsing aandui: Dwang en ‘afpersing’ vererger dit net. Dan gaan meer van onse mense doodgaan aan Covid-19 as wat nodig is. (Menslik statisties gesproke. Beslis soos met hoë risiko motorvervoer bly elke individu se lot egter in Onse Vader se hande.) Selfs as ons ‘stupid’ goed doen op aarde….
6) Maroelamedia: Plaas asb meer van SNI se bevindinge en ‘vir leke’ geformuleerde inligting en goeie advies.

Jack ·

Lyk my ons wetenskaplikes leen hulle ore uit aan die who. Die vaksienes is soos ek verstaan nog nie goedgekeur nie.

Neestemmer ·

Miskien is die feit dat 27 000 mediese personeel in New York wat bereid is om eerder hulle werk te verloor as om ingespuit te word met Billy Windows Virus se konkoksie meer inspirerend as die propaganda? Dalk omdat hulle daagliks werk met “vaxxed” mense wat steeds siek raak, slegte reaksies het en sterf daarvan ????????

Snowball ·

Dié wat geloofsbesware het en glo die inenting is die merk van die dier wat in Openbaring 13 genoem word, moet gerus ook Openbaring 14 lees, want daar word gemeld dat God Sy kinders KLAAR GEMERK het. Om die waarheid te sê, in die Ou Testament word al vermeld dat God Sy kinders merk (die bloed aan die deurkosyne is maar een voorbeeld).
Om EEN vers uit die Bybel te neem (soos die merk van die dier) en dit te gebruik om dit wat tans in die wêreld aangaan te verklaar is nie uitleg van die Bybel nie, dis inleg – jy lees daarin wat jy wil.
God se kinders is klaar gemerk en hulle name staan geskryf in die Boek van die Lewe – geen inenting of Bose mag gaan jou uit Sy hand ruk nie. Konsentreer op God se Almag en nie die geraas van die wêreld nie. Lees die Bybel en veral Openbaring in geheel en waak teen BY-geloof en vrees, dan sal jy vrede kry oor iets soos die inenting.

Erich ·

Kan ons ophou met die leun. Nie gevaksineerdes wat COVID gehad het, het die beste lang termyn immuniteit wat die nouer spektrum S protein immuniteit van die gevaksineerdes met n faktor van 27X oortref. Lees die statistiek wat uit Israel kom en leen julle ore nie uit aan die wat pefekte natuurlike immuniteit met die kunsmatige kommersiele produk wil verplaas nie. Ons is naby (indien nie verby) die vereistes vir kudde immuniteit.

Johann ·

Ek wens hierdie dr Angelique Coetzee en ander slim mens wil erkenning gee aan natuurlike weerstand en mense wat reeds gesond geword het van Covid. Natuurlike weerstand is myle beter as nagemaakte weerstand deur n Civid inenting/inspuiting!! Israel het het n intense studie bekend gemaak wat dit bewys! Tel die mense wat reeds Covid oorwin het by die mense wat die inspuiting gekry het en dan kry jul n ware prentjie van kudde immuniteit!!

Thom ·

Ek kan vir julle al die mediese feite in die wêreld voorlê wat julle sal weier om te glo omdat julle nie in die waarheid belangstel nie maar wat met myself gebeur het kan ek tog met julle deel . Twee maande nadat ek my 2 de inspuiting gehad het , het my buurman en ek gelyk Covid gekry ( positief getoets ) ; ek het ‘n loop neus en droë hoes gehad vir 3 dae ; my buurman , ook ‘n alleswetende Rambo wat die komplotteorieë aangehang het en geweier het om te laat ent , is op die 6 de dag dood , sy gesin onversorgd met sy ekstra mediese uitgawes en die onnodige en ontydige koste van sy begrafnis . Hy het sy punt bewys en gesterf vir sy hardkoppigheid __ ‘n baie slim man .

MakersMark ·

Die Afrikaner bakkie en brannas brigade se intellek het net so verswak met die “30%” slaagsyfer. En vakkeuses is spoeg en plak en niks met wetenskap of wiskunde uit te waai nie. Dan kry jy die sameswerings teorieë en lae vermoë denkwyse wat jy hier sien. En hul blameer hul lae inkomste vermoë en vlak van in diens neming op werks kwotas. Verdien om oorheers te word deur die ANC.

annie ·

Miskien moes die inspuitings nooit entstof genoem gewees het nie, bloot immuniteitsopkikkers en eers ná elke persoon se weerstand getoets is, toegedien word. Die vals benaming het mense laat wonder en rebelleer. Medici wat vrae gevra het, is summier aangeval deur glo kundiges? Nou stel Pfizer ‘n (nogal rooi) kapsule bekend vir mense met ‘n te hoë teenreaksie op die virus. Tydens vorige pandemies was talle kwakke en dokters ook gou op die toneel. Ons regering het groot geld ingepomp in entstof-vervaardiging wat eers in 2022 afskop. En nou speel die virus nie saam nie. Gaan hulle….

MakersMark ·

Met die intellektuele kapasiteit wat hier ten toon gestel word met al die middeleeuse en sameswerings teorieë oor CV19 inentings verdien die Afrikaner om oorheers te word. So moet nie kla oor die ANC nie.

Erich ·

Dit is onwetenskaplik om n besluit te baseer op wat met die buurman gebeur het. Elke besluit om the vaks of nie te vaks is persoonlik en gebaseer op elke individu se risikos . Die bestuur van die risiko le aan die kern van die besluit en ons kan nie aanvaar dat administrators die besluit vir ons neem nie. Medies fasisme, of geforseerde- deelname aan medies eksperiment, wat die Nazis toegepas het, was deur die Neuremberg Kode in 1947 as n internationale kriminele daad verklaar en is onwettig. As n individu besluit dat die entstof sy keuse is aangesien die WGO se sterfte syfer van 0.014% gevaarlik is, moet die entstof geneem word. n Ander mag besluit dat die risikos soos vervat in die vaksien registers in die VSA, England of Europa ernstige kort en lang termyn komplikasies inhou, moet die reg he om nie te vaks nie. Deelname aan die eksperiment moet vrywillig wees.

Heinrich ·

‘n Keuse is geen keuse as dit nie ‘n ingeligte keuse is nie. Dit is dan blote manipulasie en dwang. As jy nog nie Dr Zandre Botha gesien het nie…

Cherokee ·

Soek op Internet na
Dr-Sherri-Tenpenny-Interviewed-by-Reinette-Senum
vir die opinie van iemand wat ‘n analise gedoen het oor die entstof.

Snowball ·

Is dit die een wat Covid kursusse verkoop? Die 4 modules verkoop vir $80 per module. Naby aan R5k per kursus -lekker geldmaak geleentheid uit vrees en waninformasie. Sy word gereeld uitgewys as een wat ander wetenskaplike geslrifte en dokters se navorsing uit verband uit aanhaal om disinformasie te versprei. Sy is deel van van die sg ‘Disinformation Dozen’. Ek glo eerder ‘n gewone GP voordat ek dié een gebruik as ‘n bron.

MakersMark ·

Haar “spoeg en plak” teorieë oor virusse en immunologie veral oor CV19 entstowwe is nie ‘n “penny” werd nie…..

Etrecia ·

Ek glo dat wanneer medici mense kan eerlik inlig oor die bestanddele wat die entstof bevat, meer mense genoeë sal wees om hul te laat inent. Tot op hede kon geen medici sê wat presies die entstof bevat nie Is ons nie immers daarop geregtig om dit te weet nie?

Cherokee ·

Lees my kommentaar règ bo die van jou, (dr Tenpenny) volg die skakel, en gee terugvoer asseblief. Wanneer ons hierna kyk, is ons nie meer in die donker, maar het binne-inligting.

Cherokee ·

..en die massa laat hulle inent, bloot oorlat janmedia sê dit is okay.

Genis ·

Wat my verbaas is dat die Jabber, so bang is vir nie-jabbers… Maar kyk in Mall,s loop hulle rond…. Los mense om hulle eie keuse uit te oefen….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.