Amazon se Afrika-hoofkantoor in SA goedgekeur

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Bryan Angelo/Unsplash)

Die Amerikaanse multinasionale e-handelsmaatskappy Amazon is eindelik die groen lig gegee om voort te gaan met sy multimiljoen dollar projek om sy Afrika-hoofkantoor in Suid-Afrika te vestig.

Amazon kry al geruime tyd die wind van voor van ʼn Khoisan-groep oor dié kantoor wat hy in Kaapstad wil vestig.

Die hooggeregshof in Kaapstad het egter Dinsdag beslis dat Amazon kan voortgaan met die projek, aangesien ʼn verteenwoordiger van verskeie groepe wat die konstruksie teenstaan “die sienings van sommige inheemse leiers wanvoorgestel het sonder om met hulle te konsulteer”.

Groepe wat die ontwikkeling teenstaan, het Woensdag gesê hulle is “diep teleurgesteld” oor die beslissing.

“Ons glo nie dat die feite wat voor die hof gebring is, die hof in staat gestel het om ʼn regverdige besluit te neem nie,” het ʼn aantal groepe wat die inheemse groepe verteenwoordig in ʼn verklaring gesê.

Konstruksie van ʼn sake- en residensiële kompleks van nege verdiepings op ʼn terrein wat deur Amazon besit word, is verlede jaar vir die eerste keer deur die stad se owerhede goedgekeur.

Die konstruksie aan die kompleks, wat Amazon R4 miljard (oftewel $225 miljoen) uit die sak gaan jaag, is egter in Maart vanjaar opgeskort nadat inheemse mense met regstappe begin het.

Sogenaamde verteenwoordigers van die Khoisan voer aan dat die beplande ontwikkeling op ʼn slagveld is waar hul voorouers in 1510 teen Portugese koloniseerders oorlog gevoer het.

Die terrein was voorheen ʼn gholfbaan, maar Amazon beplan om sy nuwe hoofkwartier daarop te bou. Die hoofkwartier sal ʼn totale vloeroppervlakte van 70 000 vierkante meter hê – dit is gelykstaande aan byna tien sokkervelde. Die projek sal boonop duisende werkgeleenthede tot gevolg hê.

Hoewel talle groepe steeds ongelukkig is oor die ontwikkeling het ʼn aantal Khoisan-groepe reeds toegegee tot die projek nadat ontwikkelaars ingestem het om ʼn erfenis-, kultuur- en mediasentrum te bou wat slegs deur inheemse groepe bedryf sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Republikein in die Wes Kaap ·

Amezon is nie juis bekend vir hul salarisse nie. Verhogings is skraps.

George ·

Gaan nie keer dat Takealot bietjie hul belaglike pryse moet hersien nie.

kaboueterpierre ·

Fantasties. Uiteindelik het iemand wat verstand het gedink.

Boksombende ·

Amazon was tien teen een teengestaan deur die sogenaamde Kaapse konstruksie mafia.

Goldy ·

Heel moontlik, of n ander groep wat voorspoed teenstaan en die land wil sink.

ES ·

Snaaks dat die inheemse leiers nie ‘n probleem met die gholfbaan gehad het nie…

Goldy ·

Geen wonder die koisan loop doeselfde pad as die dinasaurusse nie, om so n projek weg te wys is nie evolusioner fit nie. Behalwe as dit net n geplante groep is wat koisan as pionne gebruik wat n groot skande is.

Jax ·

Met ander woorde, net Khoisan mense Sal daar werk aangebied word. Dit wil ek sien gebeur! Of lees ek “inheems” verkeerd?

Witwax ·

Hier kom dit weer – BBBEEE!! net n sekker ras sal daar kan werk kan kry. Na die eerste jaar het hulle n groot velries en dan ontrek hulle weer.

JohanR ·

Daar staan geboue en geboue in Kaapstad leeg met kantoor spasie. Hoekom soek hierdie Amerikaanse maatskappe altyd hulle EIE hoof kantoor, en dan moet daar land gevind word in Kaapstad(wat daar nie is nie)?

Vexed ·

Die grond is daar en hulle het dit gekoop. Nie asof ‘n golfbaan meer so prakties is nie. So, hoekom nie.

Harley Davidson ·

Weskaap moet afstig van die piesang Republiek dan sal die ekonomie groei aan die punt van Afrika tot sy volle reg kom.

My siening ·

Kompetiesie is goed want takealot het dit baie nodig met pryse!

Pieter ·

Ja – kan nie wag nie – kom Amzon – kom…. – Takelot en ander plekke het te min goedere en is te duur. Die groot Amazon gaan aanlyn verkope opskud in SA.

Marthinus W ·

Amazon is in Europa aangevat omdat hulle weier om belasting te betaal; hulle argument is dat hulle net in Amerika moet betaal. Bezos betaal feitlik niks belasting nie. Dis goed as buitelandse maatskappye in ons land bele, maar ons sal net moet seker maak hulle buit ons nie uit nie.

Pieter9 ·

Nou sit daardie ‘eerste burger’ wat vir die hof so leuens vertel het met ‘n stewige rekening om te betaal.

Lillian ·

Amazon het dan jare gelede onttrek en wou nie meer pakkies hierheen stuur nie agv die hope diefstal man bestellings … nou is hulle weer boots ‘n all terug?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.