Ambassadeur sê SA het vuurwapens aan Rusland verskaf

Pres. Ramaphosa beantwoord Donderdag vrae in die Nasionale Vergadering. (Foto: Kopano Tlape/GCIS)

Die Amerikaanse ambassadeur beskuldig die Suid-Afrikaanse regering daarvan dat vuurwapens en ammunisie aan boord die Russiese vragskip Lady-R na Rusland gestuur is.

Pres. Cyril Ramaphosa het nié die bewering ontken toe die opposisieleier John Steenhuisen hom Donderdagmiddag daaroor in die parlement uitgevra het nie. “Die saak word ondersoek, agbare Steenhuisen,” het Ramaphosa op die gewraakte vraag geantwoord.

“Die proses gaan voort en ek wil versoek dat jy toelaat dat die proses sy gang gaan. Ons sal mettertyd daaroor kan praat.”

Steenhuisen het dit egter nie daar gelaat nie.

“Ek sal nie bystaan terwyl jy en jou regering ons naam deur die modder sleep … op burgerlikes aas en ons skuldig maak aan oorlogsmisdade nie.”

“Meneer die president. Ek kan nie jou antwoord op die vorige vraag rakende hierdie aangeleentheid glo nie … Hoe slaap jy snags wanneer Suid-Afrikaanse wapens en ammunisie wat by die vlootbasis in Simonstad op die Lady-R gelaai is, moontlik gebruik word om onskuldige burgerlikes in Oekraïne en elders in Afrika af te maai?

Die Russiese vragskip in Simonstad. (Foto: Verskaf)

“My eenvoudige vraag is dít: Hoe kyk jy die wêreld in die oë? Hoe slaap jy snags?”

Ramaphosa het verkies om nie op dié opvolgvraag te reageer nie.

Die Amerikaanse ambassadeur Reuben Brigety sê die Amerikaanse regering is oortuig daarvan dat daar in Desember wapens en ammunisie op die Russiese vragskip Lady-R in Simonstad gelaai en aan pres. Wladimir Poetin se weermag verskaf is.

Die vragskip het in Desember by die vlootbasis in Simonstad vasgemeer.

Daar was toe reeds talle vrae oor waarom ʼn Russiese vragskip, wat glo aan sanksies onderhewig is, toegelaat is om by die Simonstad-hawe vas te meer, wat ʼn nasionale sleutelpunt is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Republikein in die Wes Kaap ·

WOW, hy “ondersoek.” Is hy in beheer van sake? Of het hy ‘n baas? Indien die VSA jou van so iets beskuldig is daar perre. Waarskynlik is SA net ‘n deurgangspunt vir wapens, want ons het nie eers ammo vir propgewere nie.

Nici ·

Ek stem. Die Russe het waarskynlik beter skills om wapens te maak as ons. Ek sou nie op ons staatmaak as ek die Russe was nie. Die DA kan nie eens paaie bou in die Kaap en die taxis in toom hou nie. Maar hul preek konstant vanuit hul meerderwaardige posisie.

domheks ·

Glad nie snaaks dan die R/$ so swak vertoon nie. Alles cr en kie se skuld!

Cherokee ·

Liewe heksie, wàt sallit help om verwyte te gooi? Ons is besig om reëlings te tref vir Suid Afrikaners om te waai. Sien jou volgende Donderdag om 8vm by die lughawe.

Alta Alleman ·

Meneer die president moenie verbaas wees as Amerika sanksies teen ons land instel nie.

piet ·

As dit waar is, gaan hulle dit definitief doen en Brittanje sal ook. Dis 2 van ons grootste handelsvennote. Verwag maar ‘n backlash van lande soos Duitsland en Nederland ook.

Harley Davidson ·

Ons moet sa in twee deel eenkant vir ANC/EFF ondersteuners en die anderkant vir regdenkende mense sodat ons ten minste ‘n toekoms mag hê want die land is op ‘n “destruktiewe weg”

Vonkprop ·

En skielik is Ramaphosa met stomheid geslaan. Seker gedink almal gaan toe oë deur die lewe.

Anel ·

Hoe sê hulle, swyg is ook ‘n antwoord. En dis nie wat ons wil hoor nie. As hy onskuldig was sou hy seer skerlik iets gesê het.

Frank ·

As iets af gelaai word beteken dit nie dat niks opgelaai word nie tensy daardie getuies dag en nag vir hoe lank waggestaan het terwyl die vragskip daar was

Pieter9 ·

Laer kan die kaders van Lalaland nie daal nie – die Weste sal nou met sanksies moet begin want die gevalle Staat is ook nou ‘n teroriste Staat.

Althes ·

Diplomatieke flaters een na die ander. Kom 2024 hoop ek die narre is uitgestem

Iwan ·

Dis sal NOOIT gebeur nie. Dink jy vir een oomblik hulle sal n nederlaag net so aanvaar en die goue ganse agterlaat. Never.

Koen ·

Dit jy regtig die anc sal nie die verkiesing kook om aan bewind te bly nie. Jy is bietjie naiif.

Republikein in die Wes Kaap ·

Kanse is goed dat die OVK nie jou stembrief tel nie, tensy jy ANC stem.

Nico ·

Hoekom word Rusland, asook die DRK deur die regering gehelp terwyl SA ook ‘n krisis beleef. Kommunisme is hard aan die werk.

Wondermaarnet ·

Dit help nie die DA of enige party vra vrae nie, want CR kon nog nooit ‘n reguit antwoord gee nie. Vrae moet eerder gevra word sonder dat hy hoef te verduidelik – dit moet ‘n vraag wees met slegs ‘n “ja” of “nee” dan kan hy nie die antwoord systap nie.

CHRISTINE ·

Ek wens almal wat vir die ANC gestem het en eenigsins nog gaan stem, niks goed toe nie.

George ·

Dis dieselfde ou wat gese het van n bom aanval in Sandton en ook “bet my life on it” en toe niks nie, inteendeel het Washington reeds ontken.

George ·

As ons die Russe verskaf, kan hulle nie ons dan weer begin verskaf met goedkoop diesel nie, dan kan darm weer onder R15/l betaal

Vexed ·

Ek verstaan nie. Dit is tog die regering wat die VSA wou gehad het? Nou moet ons ly onder. Moet nooit die VSA vertrou nie.

Adele ·

Ja nee kyk, waar daar ‘n rokie trek, brand daar ‘n vuurtjie. Hierdie ding gaan hom nog lekker in die boud byt.

Antoinette ·

Dank die Here dis nie ek nie al is ek ‘n Suid Afrikaner. Dis die heidene wat dit doen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.