‘ANC misbruik Covid-19 om openlik transformasie te bevorder’  

Pres. Cyril Ramaphosa. Foto: Jairus Mmutle/GCIS

Die ANC-regering is besig om die Covid-19-pandemie te misbruik om sy agenda van rasgedrewe transformasie openlik te bevorder in totale minagting van die oorlewingstryd van minderhede in Suid-Afrika.

“Hierdie diskriminasie op grond van ras is skokkend en onaanvaarbaar,” meen Michal Groenewald, VF Plus-LP.

Pres. Cyril Ramaphosa het Dinsdag bekend gemaak dat ʼn fonds geskep is vir die sukkelende toerismebedryf waaruit toelaes, lenings en finansiering sal kom om die sektor weer op die been te kry.

Die Toerisme-ekwiteitsfonds (TEF) is egter net beskikbaar vir ondernemings in swart besit. “Dit beteken die staat staan totaal ongevoelig teenoor die oorlewingstryd van wit en bruin operateurs in die bedryf waarvan ʼn groot deel deur ondergang in die gesig gestaar word,” het Groenewald gesê.

Die fonds het reeds meer as R1,2 miljard se finansiering ontvang. “Dit is transformasie in aksie,”  het Ramaphosa tydens die bekendstelling van die fonds gesê en bygevoeg dat die toerismesektor een van die sektore is met die grootste potensiaal vir langtermyn volhoubare ekonomiese groei.

“Dit is ook een van die ekonomiese segmente wat ʼn deurslaggewende rol kan speel in die transformasie van die ekonomie en kan bydra tot veranderende patrone van eienaarskap, bestuur en beheer.

“Indien die toerismesektor sy rol wil speel om ekonomiese herstel te bevorder na aanleiding van Covid-19, moet hy groei en transformeer. Hierdie poging gaan daartoe bydra dat hierdie sektor groei, maar terselfdertyd ook transformeer.”

Groenewald het daarop gewys dat die regering in die beginstadium van die Covid-19-inperkings ook voorkeur vir lenings gegee het aan ondernemings in swart besit. “Ná bykans tien maande van inperking is die toerismebedryf in sy geheel op sy knieë, nie net die swart deel daarvan nie. Wit én swart het saam hul werk en sakeondernemings tydens die streng inperking verloor. Die opbouprogram sal nie slaag indien slegs swart mense bemagtig word om deel daarvan te wees nie.”

Ramaphosa se aankondiging oor die toerismefonds volg kort ná sy uitlatings dat swart sakelui moet baat vind by die Covid-19-entstofprogram.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

Persheks Adri ·

Ja Cyril jy’s openlik rassisties teenoor die blankes pfff! Jy maak my so naar regtig waar, maar jy wil die ekenomie red?

Eragrostis ·

Transformasie in die toerismebedryf: Wat is transformasie, regstellende aksie, kwotas in sport en in die werksplek, Swart ekonomiese bemagtiging (SEB), studiekeuring, finansiering en beleggingsfondse op grond van ras ens. anders as rassisme. Dit strook 100% met die definisie van rassisme, maar word net ń ander naam genoem om dit nie te laat klink soos rassisme nie. Iemand moet die stap neem en die regering en instansies wat hierdie beleid volg, aankla van rassisme.

Ou bees ·

Ja ne maar die wit mense sê belasting geld is altyd welkom!!! Rassistiese klomp…….

Anoniem ·

Mnr Groenewald, net soos CR ontken dat plaasmoorde ‘n werklikheid is, sal hy ontken dat hy vere voel vir blankes. En soos jy self daar sê, hy doen dit openlik.

Wielspore ·

Moet net nie bydrae lewer tot die fonds, stig dan ‘n ander fonds wat die res van die toerisme bedryf bystaan.

Stephanus ·

Stem saam. Dit gaan nie help om net te kla nie. Met die uitdra van die regte boodskap behoort so n fonds redelike goeie steun vanuit die buiteland ook te kry. Ons leiers sal moet begin leer dat hul steunbasis nie verlang dat hul net moet praat nie maar ook met innoverende aksieplanne vorendag moet kom.

Pieter ·

Jammer te se daar is werklik groot probleme met nie blankes. Hulle rasse-haat slaan elke dag meer en meer deur. Is soos my ma altyd gese het die agter die deur is gewoontlik die probleem- so die spreek boek dele.

tweeling ·

Die ANC het nie die “means” en sal dit nooit hê om die land reg te kry nie. Hulle beleide sal altyd ras gedrewe en dit sal altyd die ondergang beteken. Soos ek al voorheen gesê het: “We are in charge” en dit sal nooit verander nie.

Natasha ·

Ek het al lankal gesê dat die regering die pandemie gebruik om wit volksmoord te bevorder. Asof die plaasmoorde nie genoeg is nie. Ramaphosa maak false aantuigings dat hy vir Suid Afrika se mense omgee, maar al vir wie hy en die res van sy party omgee is hul eie ras en nog meer as dit familie is. Ons regering doen als in hulle vermoë om rasisme lewendig te hou terwyl die res van ons slaag om dit in die kiem te smoor tot die ANC & EFF hulle monde oop maak. Dis belaglik dat hy nie SA wil red nie, maar liewers ‘n blatante tirannie gebruik!

annie ·

Die prez moet liefs nie te veel rammetjie-uitnek wees in die buiteland nie en nou al glo sè ons het nie eens meer koffie in Johannesburg nie en dan nog die rykes wat hier moet kom pledge aanvat oordat hulle so ryk is en nie die arme SA kom uithelp met ‘n paar biljoen nie. Wat van sy voorbeeld en self enetjie in die Covid-entstof-hoed gooi… en nie weer daarna uithaal saam met 200% rente nie?

Tanniepetoors ·

Die ANC en Ramaphosa leef in ‘n gekkeparadys. Die “swart-toerismebedryf” steun baie duidelik op bestaande, hoofsaaklik wit toerisme uit Europese lande en die VSA. Om nie te praat van binnelandse wit toerisme. Swart toerisme uit Afrika is ‘n druppel in die emmer, so ook binnelandse swart toerisme. Hul verkies in elk geval “upperclass white establishments” vir hul konferensies en legotlas.

Baardman ·

Ons sal hierdie een ook oorleef CR, net soos al die vorige terugslae in SA se geskiedenis. Die wiel draai ALTYD

Stefan ·

Iewers diep binne weet hy dat die blanke besigheidseienare weer sal regkom uit eie wilskrag en harde werk, en die swart besigheidseienare sal tot niet gaan sonder hulp.
Die mentaliteit het ons nou die grootste bedelaars van die wereld gemaak.

Manda ·

Gister se Zondo-kommissie verrigtinge het weereens uitgewys presies hoe transformasie in die geval werk… selfs ek was ‘verstom en verslae…’

Elize ·

Hierdie is ‘n ander manier om van die blanke ontslae te raak sonder om openlik moord te pleeg

Darkwing Duck ·

Dis hoekom hulle nie veel doen aan Covid nie. Hulle moet almal van volksmoord aangekla word oor hul voete sleep met entstowwe, oor hospitale nie gereed was nie. CR se uitspraak kom neer op haatspraak so kan konsitisionele hof toe = dreig in teen grondwet.

Renee ·

Verkiesings tyd kom al nader so hy moet sy kaders tevrede stel. Gister na Zondo kommissie gekyk hulle geheime kom so een een uit. Grootste rassis wat ooit bestaan. Bedel in buiteland terwyl nog nie n’ sent terug gekry het van die R500 miljoen wat gesteel is nie, en niemand nog vervolg is nie.

Drico ·

Wanneer gaan die wit mense in SA begin besef dat ons nie ingesluit word by regeringsbesluite nie?! Sedert 1994 is ons nie meer deel van SA nie maar slegs n probleem wat hierdie spul terrositiese kommuniste probeer uitwis op elke denkbare moontlike manier. En sedert 1994 buig ons die knie en sorry ons daagliks want dis mos wat verwag word van ons en dis mos die regte ding om te doen…! Word wakker en kyk, sien, hoor, luister, voel en ervaar wat om julle aangaan. Geen ‘vorderingsbesluite’, ‘opkomende besluite’ of enige fondse is vir ons wittes bedoel nie. Die endstof sal ook sover moontlik aan swart gegee word. Daar is wel iets goeds wat uit 30jr se afbreek en uitmoor begin ontkiem…ons wittes is stadig maar seker besig om weer selftrots op te neem en van ons kniee af op te staan, ons is keelvol en gatvol!

Anoniem ·

Puik kommentaar Renata. Hoop daar is meer van jou soort daar buite.

H ·

bottelstore en eet plekke moet maar nou begin handel dryf sonder die saak se toestemming wanneer julle wil . hoe meer dit doen hoe beter. Anders gaan julle almal laaste kom . Dit is mos nou n slag tyd dat ons ook geraas maak !! as jy als moet verloor , verloor dit tenminste met n “BANG”

Eragrostis ·

Ek wil ń voorstel maak. ‘n Instansie soos Solidariteit moet hul eie fonds stig om die blanke besighede mee te ondersteun. Hulle en Afriforum moet hierdie fonds dan ook aan die buiteland adverteer vir fondse, maar eintlik sodat hulle meer die ware kleure van die rasbehepte ANC aan die groot klok kan hang. Ek dink dit gaan definitief meer druk op die ANC plaas, en baie van die stiksiende lande en buitelanders wat glo in die ANC, se oë oopmaak.

gatgogga ·

Nou kan jy ook sien hoekom die belaglike verbod op strande daar is – dis om bestaande toerismebedryf eers uit te roei, en dit met swart te vervang.
Ek dink dat swart bemagtiging een ding is, maar om onder die vaandel van Covid die wittes te probeer verwoes is ‘n ander ding.
Kla hom aan by Biden – kom ons sien dan sommer ook of Biden iets vir ons omgee.

Maggies ·

Wie is nou rassisties? Dalk moet die woorde blanke en kleurling ook op die lys van “k” vloekwoorde gesit word.

Ou bees ·

Dis maar net weer sodat valse ondernemings geskep kan word en die geld net weer verdwyn.

Jakes ·

Ongelukkig gee die agbare CR my ernstige sooibrand as ek na hom kyk en nog erger as ek na hom luister. Selfs die beste medisyne beskikbaar bied geen verligting nie.

Hoekom ·

Ons belasting is goed genoeg. Ons word misbruik.
Die huidige regime is meer ras behep as enige ander vorige regering van SA, die britte ingesluit…

david ·

Ag hemeltjie tog …!!! Los nou die ellelange redenasies oor wat die ANC se transformasie beleid gaan veroorsaak :

Vertel liewer vir die wye wereld dat hulle aan die rasse minderheid doen dieselfde is as wat Hitler aan die JOODSE etniese minderehid gedoen het……daar is meer as genoeg bewyse daarvoor….

Diegene wat nie saamstem nie–gaan GOOGLE net die “NUREMBERG LAWS’ en lees self…..

Die wereld wil nie ‘n nuwe uitbraak van rassisme beleef nie…die vorige een het die ereld 60 miljoen dooies gekos om te stuit…….!

Stephen ·

The transformation fund is just another cash cow for the corrupt ANC. They care nothing and the Tourism sector will not see a cent thereof.

Johann ·

Die tragedie van die afhanklikheid van ‘n boelie is net so onaanvaarbaar. Hoop mense besef terdeë die dank vir al die belasting en werk wat geskep is voor die pandemie en pas die ondervinding deeglik toe in die toekoms.

Margaret ·

Dit is skokkend en verkeerd dat n mens se regering vir jou niks voel nie en so skaamteloos rasisties is. Ek dink ook geld vir swart toerismebedryf sal stilletjies verdwyn in ANC se sakke in .

annie ·

Cyril is besig om sy oorlewing te koop: Die wittes se goed of jou presidentskap. Die prez was die vise-prez onder Zuma en het alles geweet en goedgekeur wat gebeur. Te liefies gekoer in Zuma se oor. En toe glo mense werklikwaar hy is iemand anders. Big mistake.

Emily ·

Ek stem 100% saam en intussen verloor ons daagliks ons werk.

Johan ·

Reenboog nasie. Almal is gelyk… Julle struggle nog altyd en was bereid om te moor en te plunder vir gelyke regte. Wat n grap.

Robbie ·

Hy dien net een meester en een meester alleen – die ANC.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.