Appèlhof stem saam: Zuma moet terug tronk toe

Oudpres. Jacob Zuma (Foto: Jerome Delay / POOL / AFP)

Oudpres. Jacob Zuma en die voormalige kommissaris van die departement van korrektiewe dienste (DKD), Arthur Fraser, se appèlaansoek oor Zuma se vrylating op mediese parool, is Maandag met koste van die hand gewys.

Zuma en die DKD moet nou die regskoste van die respondente in die saak, naamlik die DA, AfriForum en die Helen Suzman-stigting, betaal.

Sover dit die hoogste hof van appèl in Bloemfontein aangaan, behoort die oudpresident ook terug te gaan tronk toe.

Willie Spies, AfriForum se regsverteenwoordiger, het vanoggend ná die uitspraak aan Maroela Media gesê die Appèlhof het nie die Pretoriase hooggeregshof se bevel van vroeër, wat beveel dat Zuma moet teruggaan tronk toe, ter syde gestel nie.

“Dit staan steeds.”

Spies sê die huidige kommissaris van korrektiewe dienste kan wel nou besluit dat hy Zuma se vonnis as uitgedien beskou. “Maar dan is dit ’n nuwe besluit wat die kommissaris neem.”

Die hof het in sy uitspraak kritiek gelewer op die DKD se onlangse mediaverklaring waarin hy bekend gemaak het dat die 15 maande tronkstraf wat aan Zuma opgelê is, in Oktober verstryk het.

“Die hof het nou gesê dit is nie vanselfsprekend dat die vonnis verstryk het nie en sover dit die hof aangaan, was Zuma se vrylating op mediese parool onwettig en behoort hy terug te gaan tronk toe,” sê Spies.

Zuma en die DKD het geappelleer teen die Pretoriase hooggeregshof se beslissing van verlede jaar dat Zuma se vrylating op mediese parool onregmatig was en dat hy die res van sy vonnis moet uitdien.

Zuma was oortuig daarvan dat die uitspraak duidelik verkeerd is en dat daar is ʼn sterk moontlikheid is dat ʼn hoër hof tot ʼn heeltemal ander gevolgtrekking sou kom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

SjN ·

Die wiel draai stadig, gaan verseker nog uitsteltegnieke en redes aanvoer om nie tronk toe te gaan nie. Hoop geregtigheid geskied aangesien niemand verhewe is bo die wet nie.

SwartBees ·

Wil jy wed? Die ou sal nie die binnekant van n hof weer sien nie. (Ongelukkig)

Althes ·

Dis nie onmoontlik nie. Geld droog op, so ook regsdienste.

Suid-Afrika Eerste - Vrydenker Vlakvark ·

‘n Pilaar van demokrasie is GEREGTIGHEID. Is geregtigheid in Suid-Afrika besig om te verbrokkel? Help nie die howe maak een beslissing en die uitvoerende gesag vee die hofbevel van die tafel af. Dan is die Suid-Afrikaanse demokrasie ‘n klugspel en sirkus. “The proof of democracy lies in the eating of the pudding”.

Wondermaarnet ·

Sluit hom toe ja. Hy kan maar x-mas kossies in die tronk eet. Dit is waar hy hoort.

Kokerboom ·

Tronk se pap en sous smaak nou nie soos kaviaar! Sy beurt is sy beurt

Sobymykoolkop ·

Zuma het nie/ gaan nie betaal nie maar die DKD ( LEES BELASTING BETALERS) gaan met liefde hul deel betaal. Die regsberoep SKEP uit die diep sakke van wat belating MOET betaal.

My siening ·

Laserus zuma het gelieg soos shaikh laat die man terug gaan tronk toe, maar die skelm sal weer weg kom. Kaders wil betoog maar stem weer vir hul ondergang in verkiesingsjaar.

Elise Georgina Irene ·

Nodeloos te sê hierdie wa se wiele is elkeen ‘n ander groote – net denkend aan die verskillende howe, regters en klaers wat dié sluwe kalant met sy “onverbeterlike” verdediging so geslaagd kon systap kan mens nie anders laat besef hy sal nooit in sy leeftyd boete doen vir sy ongerymdhede nie… en ons moét dit nou maar net aanvaar…

Mariana ·

Die man gaan nooit betaal vir sy dade nie, nie in die land nie. Maar ja die wiel draai en eendag sal hy op hom ook stop.

Koos 100 ·

Dit wil ek nog sien. Hy gaan seker weer konstitisionele hof toe, daar sy saak verloor, dan weer die aanklaer aankla, en dan sy ras kaart speel.

Johann ·

ZIRDOEF TATTA! En so hap die skelm ou man se eie arrogansie hom in die zir. Hy is die afgelope ruk meer as gereels blakend gesond orals gesien so hy kan nie siek speel nie? Maar gaan seker weer sy anargiste kry om KZN af te breek en brand? Gelukkig het MADHATTER gesê skiet eers en vra dan vrae.

Annelize ·

Hy sal net so min die binnekant van die tronk sien as wat ek hom sal sien.

Jaco ·

Die ANC-regering se appèlhof sê die oud ANC-president moet terug na ‘n tronk wat deur die ANC-regering beheer word. Sou dit gebeur, dan kom klomp ANC-ondersteuners in opstand en word dan verjaag en gevang deur die ANC-regering se polisie.
Die hele zuma saak is ALLES net ANC. Sekerlik kon dit lankal binne die ANC-huis opgelos gewees het.
Lyk my die ANC het NIKS tydens hulle ballingskap jare in kommunistiese lande in Europa geleer nie. Party en staat was EEN daar. Goed soos dié Zuma ding sou nooit daar gebeur het nie.
En net terloops: daardie kommunistiese lande was ook SONDER goed soos:
Beurtkrag
Swak vuil staatshospitale
Swak onderwys standaarde
Min of geen munisipale dienslewering
En en en
Daardie lande was VEEL beter as die huidige SA

Christo ·

Hy gaan dalk nie tronk toe gaan nie, maar dis ‘n ou man wat op sy ouderdom veonderstel is om ‘n rustige afree lewe te hê. In plaas van dit is dit nou een hof saak na die ander en hy moet die hele tyd vir sy wickets keer en worry oor wanneer hy toe gesluit gaan word, en ja, ek dink hy worry so bietjie. Sy onrustigheid is vir my baie meer werd as ‘n tronkstraf… #zumpi-must-fall

Nettie ·

Dit is waar. Die druk op so ‘n ou man moet erg wees. En ja, miskien tel dit as bietjie geregtigheid.

De Villiers ·

Nog ‘n hof wat Zuma terug tronk toe stuur en steeds is Zuma nie in ‘n tronk nie…

Marius ·

Kry maar solank die weermag reg , want hier kom alweer brand en breek optogte.

Nommer 7 ·

Gooi ‘n paar R200 note in die tronksel as lokaas, dan sal nommer 1 vanself instap.

Elma ·

Kry solank die kook olie gereed vir die wat weer gaan plunder brand en breek.

Boer ·

Hy lag dan altyd so lekker en met ‘n dans passie. Hy sal nou weer terminaal siek word.

Pietertjie ·

Nou gaan daar seker appèl aangeteken word omdat die Regter bevooroordeeld was.

JohanR ·

Is daar ‘n manier wat ek kan hulp on hom weer binne te kry. Ek kan die tronk trok bestuur, of sy eerste aand se kos pakkie opmaak(net pap, geen vleis), en ek kan vir Pappa wys wie hy is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.