‘Arrogante’ Dis-Chem laat vaar beleid oor wittes

(Argieffoto: Dis-Chem)

Dis-Chem het die verbod op die bevordering en aanstelling van wit werkers laat vaar.

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, sê die apteekgroep het in ʼn regsbrief aan die organisasie bevestig dat die moratorium nie meer geld nie.

Ivan Saltzman, uitvoerende hoof van Dis-Chem, het op 19 September ʼn brief aan werkers uitgestuur waarin ʼn moratorium op die aanstelling en bevordering van wit werkers geplaas word. Die brief het gelui dat die maatskappy se transformasiepogings rakende sy werknemersprofiel onvoldoende bly en dat die maatskappy beboet kan word indien hy nie die transformasieteikens behaal nie.

Die brief is uitgelek en het ʼn herrie veroorsaak wat Dis-Chem klaarblyklik duur te staan gekom het.

Hermann sê mense het met reg “woedend gereageer op dié stuk rassisme” en dat die Dis-Chem-verbod selfs verder gegaan het as wat Suid-Afrika se wetgewing vereis. Solidariteit het ook met regstappe daaroor begin.

“Dis-Chem het die tydsraamwerke van Solidariteit se regspan se regsbriewe geïgnoreer en selfs gesê hulle gaan glad nie reageer nie. Uit ʼn regsoogpunt was dit oneties en stremming van die regsproses in ʼn tipiese Zuma-styl.

“Hulle het uitsprake in die media gemaak, maar geweier om dit in ʼn formele regsproses vas te maak,” sê Hermann.

Nadat die gewraakte brief aan die lig gekom het, het verskeie mense onderneem om nie meer hul sake by Dis-Chem te doen nie. Die apteekgroep se aandeelprys het die afgelope 30 dae bly terugsak en die swakker prys het tot ʼn daling van ʼn geraamde R1,9 miljard in aandeelwaarde vir Dis-Chem gelei.

Hermann sê verbruikersaktivisme het eindelik gelei tot die ophef van die verbod.

“Met ander woorde, julle [verbruikers]. Op sosiale media en met jul voete en beursies. Daar is geen rakke omgegooi of geplunder nie, maar dit was kragtig en doeltreffend.

“Julle het Dis-Chem teruggedruk, tot so ʼn mate dat hy R1,9 miljard in aandeelwaarde verloor het. Klante het hul spiere gebult teen Dis-Chem se rasbeleid.”

‘n Uittreksel uit Dis-Chem se brief aan Solidariteit se regspan.

Hermann sê Dis-Chem is “verslind deur die regering se rasse-ideologie”.

Die maatskappy was bang dat hy beboet sou word indien hy nie aan die regering se vereistes oor ras voldoen nie en word toe teen aansienlik groter bedrae deur sy eie klante “beboet”.

“Dit was ʼn Dis-Chem-verbruikersrevolusie.”

Die optrede was ook nie ʼn boikot nie, aangesien dit iets is wat sou begin en eindig, sê Hermann.

“In hierdie geval was dit ʼn vertrouensbreuk. Mense het hul lus om by Dis-Chem te koop, verloor. Die arrogante manier waarop hulle die proses hanteer het, het die situasie vererger.

“Dis-Chem se ommeswaai wat nou uiteindelik in ʼn regsbrief bevestig is, kom nie uit die hart nie; dit is weens die druk op sy sak.”

Solidariteit gaan ondanks die maatskappy se onderneming voort met sy regsaansoek om bepaalde inligting van Dis-Chem te bekom.

“Ons wil seker maak dit is nie net ʼn rookskerm en dan word daar voortgegaan met die rasverbod nie. Dié regsproses stop nie. Solidariteit het ook baie lede in Dis-Chem. Solidariteit sal dus weet as hulle agter die skerms voortgaan met onwettige regspraktyke.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

107 Kommentare

Johan ·

Clicls het heel moontlik dieselfde beleid, hulle het dit net nie aan die groot klok gehang nie.

George ·

Clicks se werkers het net nie die brief op social geplaas nie, die beleid is niks nuuts nie.

Althes ·

Ons het ñ onafhanklike apteek naby ons wat blankes indiens het. DIe apteek maak geld soos bossies en moes nou onlangs uitbrei.

Hennie ·

Clicks? Moenie dat ek lag nie. Behoort aan die Foschini groep wat swart is. Wanneer laas het jy ‘n blanke gesien werk by Clicks?

Goldy ·

Enigiets anders, maaar verkieslik onafhanklike apteke waar jy die eienaar self ken dan weet jy jy skep werk in jou eie gemeenskap dalk nog vir jou eie familie.

Alta Alleman ·

Clicks giggel lekker vir julle wat daar koop want hulle beleid is dieselfde.

annie ·

Ag, hy sal soos die ander besighede jet tjoepstil bly en steeds bly by sy beleid. Nou gaan ons almal ons Kersinkopies daar doen… So reken hy seker.

Estelle ·

“Thanks for nothing”, Dischem. Ek glo julle nie en julle is reeds te laat.

Martie ·

Nee is ok hoor druk maar julle goed, ek sal maar duurder betaal vir my goed is ok.
Atleast weet ek dan ek doen my deel om my “soort” in diens te neem.

Monique ·

Wys jou net wat kan gebeur as mense saamstaan. Die is amper soos die Spur voorval… En kyk hoe swaar het hulle getrek!

Louis ·

En ek het ook nog nooit weer by spur ge eet nie. So sal ek nooit weer by diskem koop nie

Wondermaarnet ·

Ek het ook nie en sal ook nie weer by hulle eet nie.

Goldy ·

Ek ook nooit weer by spur geeet nie, en loer maar daarin, spur se hele demografie het verander na die boikot.

Jacob ·

Wat gebeur agter die skerms? Is dit nie maar net ‘n gepaaiery nie? Dischem is op ons swartlys en sal daar bly.

kommentaar ·

Natuurlik is dit ‘n gepaaiery, want glo dit of nie, daar is ‘n klompie wat die verskoning glo….

Cherokee ·

En daar is ‘n klompie wat diè artikel met aandag gelees het, insluitend die beloftes van Solidariteit. Daar is egter ook ‘n klompie wat nie verstaan nie.

Marcello ·

Ek het alle aankope by Dischem gestaak, en is ook nie van plan om weer my voete in hulle winkels te sit nie. Mense moet begin saamstaan, jammer dit was nie die geval oor die Spur sage nie, ek het inelgeval ook nooit weer my voete in Spur gesit nie. Ons as publiek is moeg vir diskreminasie.

Delia ·

Die uitreksel uit die brief dui daarop dat Dischem steeds dink bulle is eintlik reg

domheks ·

Dit is reeds te laat om nou mooi broodjies te bak. Skynheiligheid het nog nooit gewerk nie. Laat die meerderheid met hul R350 julle ondersteun

Goldy ·

Dis presies wat met spur gebeur het, die mense wat nou daar eet eet lig

Elize ·

Skade is gedoen. Vertou hulle nie. Sal een ding se en ‘n ander doen.

Goldy ·

As iemand jou en jou familie met ekonomiese uitsluiting dreig, om nie meer werk, mediese fonds, inkomste te he nie, is dit gek om hulle ooit weer te vertrou

Jywilwat ·

Dit kom te laat en die bewoording van die brief klink nie opreg. Verbruikers het ‘n baie goeie geheue en Dischem gaan moontlik nog baie lank hierdie besluit aan hulle sakke voel. Sal sien wat gebeur met die regsproses en sal graag wil hoor in die media van gevalle waar wit persone aangestel of bevorder is. Voeg die daad by die woord.

Goldy ·

Al doen hulle wat, derduisende het nou klaar bande begin bou met baie vriendeliker eienaaar aptekers elders.

Sean ·

Moratorium of de not Hulle weet hulle mag nie blankes aanstel nie Eks klaar met dischem

Wonder ·

Ek sal hull nie ondersteun tot mens met die oog veranderings kan sien nie, woorde se my niks maar aksie wel…

Goldy ·

Ondersteun sommer nooit weer nie, mens kan mmet die ook nog altyd by kleiner apteke sien dat hulle nog ons eie familie aanstel.

Paul ·

Julle is net jammer omdat julle dit nou aan julle sakke voel. Te laat, ek sal NOOIT weer ‘n sent by julle spandeer nie.

Goldy ·

Hulle moet maar begin vry na die eff, hulle nuwe teikenmark.

Louis ·

Nou te laat ek sal nooit weer by hul koop nie soos ek nooit weer by spur ook eet nie.

Goldy ·

Ek het ook nooit weer by die spur geeet nie en ontmoet nooit meer vriende daar soos ons vroeer gedoen het nie.

Corne ·

Ek dink die ander groot besighede sal nou twee keer dink. Laat hierdie nou ‘n goeie les wees.

Anton ·

Once bitten twice shy.
Ek glo nie Dis-Kiem se u-draai nie.
Hoe weet ons dit word nie in die geheim toegepas nie?

Corne123 ·

Nee wat het lank voet by stuk gehou en nadat 1.9miljard verloor is is ek weer goed genoeg gaan vlieg man hoop julle speel bankrot

Goldy ·

Hulle bankrotskap sal baie nuwe werk vir ons eie mense by plaaslik beheerde apteke beteken.

Wondermaarnet ·

Weer eens ‘n bewys dat ons wit kopers stil-stil wraak neem. Ons hoef nie te plunder en af te breek of brand om ons stem te laat hoor nie.

Stoffeltjie ·

Ja Dischem, kry vir julle. Kyk eers na wie julle kliënte is voor julle die rassekaart speel. Ek gaan julle nie eers mis nie en is nou gewoond om my aankope iewers anders te doen. Die skade is net te groot en julle gaan dit nie maklik omkeer nie.

wendy ·

Nee ek sit nie weer my voete in n dis chem nie kry vir julle

Vernon ·

Hy sal nie sy beleid verander nie…net soos ek wat NOOIT weer my voete daar gaan sit nie.

kommentaar ·

Dis ok.
Ek sal julle egter steeds nie ondersteun nie. Wit mense is dalk ‘n minderheid van julle klante demografie, maar feit is wit mense het kapitale slaankrag. So hou maar julle produkte, en gee die werk vir iemand wat ek in elk geval nie kan verstaan nie, wat nog te se in my taal aanspreek, ek sal elders regkom.

Magda ·

Nooit ooit weer sit ek my voete in Dischem ni, spyt Kom altyd te laat.

Pierre ·

Ek ondersteun my klein handelaar apteek hulle is goedkoper, vriendeliker en dankbaar vir kliente

Goldy ·

Absoluut. Elke werkgeleentheid verlore by dischem beteken meer as een werkgeleentheid geskep by plaaslike apteke want groot reuse se wins vat hulle oorsee.

Republikein in die Wes Kaap ·

Niks verhinder Dischem om steeds voort te gaan met sy beleid nie.

Goldy ·

Hulle het nou net baie minder kapitaal om voort te gaan met enige groeiplanne

skurweberg ·

Dis net jammer dat niks gedoen sal kan word aan die gees van regstellende aksie in die algemeen wat die land reeds in sekere sektore op sy knee gedwing het nie. Al wat nodig is, is bewyse. Dit lyk so asof nie eers bewyse in die howe enige water meer dra nie.

André ·

Die koeël is deur die kerk! Ek sal nooit weer daar voet sit nie. Ek ondersteun eerder die klein apteek wat verder van my af is. Daar kan hulle ten minste my naam uitspreek!

Ann ·

Dit raak kersfees, dink hulle die publiek gaan hulle kers geskenke daar koop?

Althes ·

Dankie Solidariteit dat jul baklei vir wat reg is. Julle is immers ons stem wat gehoor moet word.
SA behoort aan ons witmense ook.
Die mens se ontstaan het hier plaasgevind, so ALLE wêreldburgers het reg om hier te wees – SA is nie ñ ekslusiewe swart land nie.

Goldy ·

Ja en ons gaan nerens nie, en niemand sal ons intimideer in ons eie land nie.

Roek ·

Baie jammer dat Springbok apteek in Alberton ook nou Dis chem is !!

Goldy ·

Dischem het soos n groeiende monster baie plaaslike apteke ingesluk. Nou kan dit weer omgedraai word en ons geld terugbring na ons eie woongebiede en nie ryk miljoeners nog ryker maak nie.

Goldy ·

Te laat. My boikot is permanent. Julle speel nie met ons nie, ons lewens en werksreg is ook belangrik.

Mattewis ·

Die tragedie is dat baie besighede hierdie beleid in die stilligheid deurvoer. Dischem het dit net formeel gepoog. Kyk maar na Woolworths as voorbeeld. Hulle volg definiteif nie ‘n demografiese kwota struktuur nie, en dis uiteraard nie moeilik om te bespeur hulle stel eenvoudig nie ‘n blanke aan nie. Kyk maar na enige Woolworths winkelvloer. Solidariteit het hulle demografie-tekortkominge 10 jaar gelede al aan die lig gebring, en dit het tot op hede geen invloed op hulle gehad nie.

Goldy ·

Onthou altyd dat klein plaaslik beheerde besighede nie globale citizens is wat jou geld en werk weg van jou en jou familie vat nie, en nie hierdie tipe BEE hoef te doen nie. Ondersteun hulle en red jouself.

Henry ·

Dit is hoogtyd dat al die firmas die regte mense aanstel wat die beste kwalifiseer vir n spesifieke taak. Dit behoort nie saak te maak watter ras jy is nie.

nicolaas ·

Te laat Dischem klaar met julle, Wys net as opgevoede mense saamstaan wat bereik kan word sonder sinnelose betogings en winkel rakke wat gebreek word.

Goldy ·

Dis n Gelofte dat ek nooit ooit weer by dischem sal koop nie.

Goldy ·

Ek sien dischem het reeds reekse van sangoma produkte op hulle rakke. Hulle is reg vir hulle nuwe teikenmark. Ons sal bly by westerse meds by plaaslike aptekers wat ons ken en vertrou.

skurweberg ·

Ons het die veldslag gewen, geluk daarmee. Wat nou verder?

Henry ·

Ons almal weet dat die beleid nou net nie meer op skrif is nie. Gaan nog steeds toegepas word. Koop elders.

Pierre ·

Arrogansie duur voort. Dis-Chem behandel die insident nog steeds as ‘n klein irritasie. Dis-Chem hanteer alles met minagting.

Wielspore ·

My vrou doen ons aankope vir die huis en my versoek was kort en eenvoudig. Indien ek enige sms kry wat aandui daar is ‘n betaling aan Dischem gedoen dan vat ek die bank kaart weg. Dit is nou amper 2 maande en sy het nog my kaart. Goed gedoen my vrou!

John ·

So leer ñ mens. Daar is ñ groot verskil tussen voete deur die deur en hande in die beursie. 15% van ons gaan koop ons medikasie daar, terwyl ons daar is kry ons sommer al ons ander goed soos sjampoe en skeer room ens. Gewoontlik is die rekening so R1700.00. Die ander 85% gaan in en koop ñ pakkie Grandpa vir R18.
Nou is hulle spyt.

Hennie ·

Nee wat, dis net tydelik… Ek weier om 1c by hulle te spandeer.

Porseleintjie ·

Nee wat. Vertroue is klaar verbreek. Hoe weet ons wat agter die skerms gaan gebeur???

Cabous like braai ·

Wys net ons volkie kan darem so bietjie ook saamstaan

Reynier ·

Ondersteun jou plaaslike apteker, die een wat jou naam ook ken.

Samuel ·

Dis-Chem sien my in elkgeval nooit weer nie. Ek weet nooit is ‘n baie lang tyd.

Adri ·

Gelukkig het ek nog nooit Dischem ondersteun nie. En sal ook in die toekoms ver wegbly van hulle rakke. Hulle trek die beleid in woorde terug maar ons sal maar sien hoeveel wit mense aangestel of bevorder word in die toekoms. Ek reken NUL.

Gerhard ·

Ek is in elkgeval nou klaar met Dischem en sal nooit weer my voete by daardie plek sit nie. Moenie dink ons mense is so dom en gaan julle nou weer begin ondersteun en julle gaan steeds voort met julle planne om wittes nie te bevorder of aan te stel nie. Ek is oortuig hulle se die goed nou maar net omdat hulle so bietjie bloedbek geslaan is deur die mense wie hulle nie wil he nie, maar wie se geld hulle sakke volgemaak het. Cheers Dischem, ek vertrou julle in elkgeval nie meer nie. In ons Dischem is daar in elkgeval GEEN wit werkers nie, so julle gaan maar verder pak vat. Laat hierdie sommer ‘n les wees vir enige ander besigheid met hierdie planne. Ek ondersteun in elkgeval nou ook gladnie meer kettingwinkels waar ek geen wit werkers sien nie, want hulle sit met dieselfde nonsens, se dit netnie.

philippus ·

Dit wat hulle gedoen het, wys wat gulle werklik is. Al trek hulle dit trug, Sal ek hulle nooit ondersteun nie. Hulle waardes is vrot. Dis nou die tyd om jou gewone apteker weer te ondersteun. Gaan koop jou groceries by die supermarket.

Henk ·

Ek hetbook gedink eerder Clicks as Dis-Chem. Toe sê iemand op MM vir my dat hulle netso sleg is.Die persoon stel toe voor dat ek eerder my plaaslike apteek en apteker ondersteun. So gesê so gedaan! Daar ontmoet ek toe die gaafste mense en skuur lekker skouer met die mense van my omgewing, word in Afrikaans gehelp en kry suigstokkie by die deur!

Bogger al die groot handelsmerke. Ek ondersteen volkseie besighede van nou af…. praat Afrikaans of ek loop!

Thinus ·

Solidariteit en Afriforum moet ondersteun word. Hulle probeer altyd om die reg te laat geskied.

Wendy ·

Klaar met julle Dischem , so jammer jul was eintlik n lekker alles bevattende koop winkel,maar ons beweeg en ondersteun maar eerder v Clicks ,sowwy!????

Lillian ·

so wie gaan nou poliseman speel en kyk dat Dis-chem nie agter die skerms voortgaan om hul beleid uit te oefen nie?

Veronika ·

Mooi Solidariteit!! En n medalje vir ons wat saamgestaan en Dischem “silently but violently” geboikot het! Sien dit kan so ook gedoen word. Weet elk geval nie of ek my lus sal terugkry om dischem weer te ondersteun nie……..Dink elk geval dis net bek praatjies.

Johan Botha ·

Dis te laat om mooi broodjies te bak. Dischem het my klaar verraai en my integriteit laat my nie toe om dit te beloon nie.

Spotty ·

Hoe kan jy hulle glo boikot Dischem hulle lieg alweere. Ondersteun n nie rase onderneming.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.