Beurtkrag al 32 dae ingestel – en nóg op pad

Die Kusile-kragsentrale. (Foto: Wikus de Wet/AFP)

Beurtkrag is tussen 1 Januarie en 10 Mei vanjaar al 32 dae landwyd deur Eskom ingestel. Dít is ses dae meer as die hoeveelheid beurtkrag wat in dieselfde tydperk verlede jaar ingestel is, al het Eskom vanjaar toenemend op dieselaangedrewe oopsiklus-gasturbines staatgemaak om beurtkrag te verlig.

Met die kragnetwerk wat toenemend onder erge druk verkeer, is die waarskynlikheid boonop groot dat meer beurtkrag as verwag ook gedurende die winterseisoen ingestel sal word.

Eskom het Woensdag tydens ʼn mediakonferensie gesê dat energieverbruikers moontlik ook hoër fases van beurtkrag kan verwag, veral as hy nie genoeg diesel by sy dieselkragstasies kan uitkry nie of as daar ander foute insluip.

André de Ruyter, Eskom se uitvoerende hoof, het Woensdag tydens ʼn konferensie gesê Eskom hoop om twee eenhede by die Kusile-kragstasie en eenheid twee by die Koeberg-kragstasie spoedig weer aan die werk te kry om druk op die stelsel te verlig. Dié drie opwekkingseenhede sal gesamentlik sowat 2 500 broodnodige MW by die kragnetwerk voeg.

Die eenhede by Kusile sal na verwagting binne die volgende paar weke operasioneel wees, terwyl eenheid twee van die Koeberg-kernkragstasie na verwagting teen einde Junie in werking sal wees.

Die energieverskaffer moes sedert die begin van die jaar met die helfte van Koeberg se kapasiteit klaarkom, terwyl skade aan eenheid 4 van die Medupi-kragstasie tot ʼn verdere tekort van 794 MW gelei het.

Volgens De Ruyter het dié twee eenhede saam tot byna twee stadiums van beurtkrag bygedra.

Onbeplande onderbrekings by aanlegte plaas verdere druk op kapasiteit.

Rhulani Mathebula, algemene bestuurder by Eskom, sê ernstige defekte van opwekkingseenhede het die kragnetwerk reeds 27,7% aan kapasiteit gekos.

“Dié defekte veroorsaak dat ons opwekkers vir onderhoud en herstelwerk moet afskakel, sodat hulle weer op die netwerk geplaas kan word en optimaal funksioneer.

“Dit verg egter baie tyd, instandhouding en belegging. Met die huidige prestasie [van die kragnetwerk] is dit moeilik om die nodige onderhoudswerk te verrig.”

Volgens Mathebula dra die Tutuka-, Kendal- en Duvha-kragstasie tot 44% van onbeskikbare kapasiteit by.

“Dié aanlegte ontvang tans die nodige ondersteuning om hul prestasie te verbeter sodat daar aan die land se kragaanvraag voldoen kan word.”

Mathebula sê daar word veral uitdagings met ketels en turbines by aanlegte ondervind.

Nóg ʼn krisis is kragstasies wat die einde van hul operasionele bestaanstydperk nader.

“Beplande instandhouding is Eskom se enigste wapen om betroubaarheid en voorspelbaarheid by ʼnverwaarloosde aanleg te herstel,” het Eskom se bedryfshoof, Jan Oberholzer, gesê.

Hy meen Suid-Afrika het dringend bykomende kapasiteit van tussen 4 000 MW en 6 000 MW nodig om langtermyn-instandhouding by verouderde kragstasies te verrig.

Dié gaping raak al hoe groter namate kragstasies die einde van hul operasionele bestaan bereik. Oor die volgende agt jaar sal Eskom genoop wees om nog 10 000 MW van sy kragstasies af te skakel en 12 000 MW teen 2034.

De Ruyter het Woensdag gesê daar is egter positiewe belangstelling van beleggers om grond vir die bevordering van groen energie by Eskom te huur. Eskom het ook 4 000 ha naby sy aanlegte en stasies in Mpumalanga vir dié doeleindes beskikbaar gestel. Volgens Oberholzer is langtermynoplossings rakende die hantering van steenkool ingestel om die voorraaduitdagings op te los. Dít dra lank reeds tot die swak prestasie van aanlegte by.

“Ons steenkoolvoorraadvlakke lyk tans goed met voorraad vir 38 dae beskikbaar. Dit sluit Kusile en Medupi se voorraad uit.” De Ruyter het Woensdag gesê burgers moet beurtkrag nie as die sogenaamde “nuwe normaal” beskou nie.

Volgens die energieverskaffer besef die regering die erns van die behoefte aan nóg kapasiteit terwyl Eskom aandag aan die instandhouding van sy verouderde stasies gee.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Marius ·

Gebruik die R 39 mil wat die mense wil gebruik vir n vlag en kry eskom eerder reg .

Dries ·

Veroudering is n swak verskoning. Sabotasie en korrupsie is die ware toedrag van sake

Frank ·

Saam met veroudering MOET onderhoud genoem word. Daai deng verstaan hulle nie

VaalDonkie ·

“veroudering” is ook die mees voorspelbare probleem en dus is daar geen verskoning oor waarom daar nie al lankal werk van gemaak is nie.

JL ·

Al die onwettige verbindings, onbekwame werkers, agterstallige rekeninge en die hoeveelheid kragstasies wat “toevallig” gelyktydig onklaar raak. Nie alles kan altyd voor die deur gelê word van verouderde toerusting nie.

Waarnemer ·

Vasbyt SA.. mnr R en sy trawante is oppad met n nuwe kragreus.

JohanR ·

Gwede Mantashe en vroulief….$20 miljard vir ‘n nuwe kragstasie en $40 miljard vir die ANC kaders!

Watsenaam ·

Ou Grapjas, hie hie, hie hie hie Ha ha ha. Hoe lekker lag ek nou.

Wondermaarnet ·

Nog 68 dae oor van die 100 dae wat eskom gesê het gaan kom.

JohanR ·

Stuur ons nog krag Zimbabwe, Malawi, Zambia, Mozambique, Kenya, Botswana en Gambia toe?

Watsenaam ·

“Nóg ʼn krisis is kragstasies wat die einde van hul operasionele bestaanstydperk nader.”

Is die huur van boot kragsetrales die oplossing? Hoeveel “skore” die huidige “regime” daaruit? Wat doen die (ek weet nie wat om die regime te noem nie) daaromtrent om die oues te vervang, en waarmee?
Waar is die planne, en die in werking stelling daarvan om die ou afgeleefde kragsentrales te vervang, of moet alles eers tot niet gaan?

Johann ·

So Andre. Ek neem aan jy en jou bestuur vra nie vrae oor eenhede wat terloops op dieselfde tyd “breek” nie?

Christine ·

Andre weet presies wat gebeur. Hy het dit nou die dag in ‘n onderhoud beken dat sabotasie oral in Eskom aan die dag is.

Burgermeester ·

Heng Kandas,
Daai R50 miljoen vir Miguel Diaz-Canel et al., en die 22 miljoen vir die stok en die vlag kan dalk beter aangewend word om ESKOM se opwekkingseenhede te diens.
Dan praat ek nog nie eers van die nodige herstelwerk in KZN a.g.v. die vloede nie.
Ja-nee kyk, dit gaan maar oes hier duskant die vlaktes van Hebron.

Corne123 ·

groot groot asb kan eskom nou sy gat sien en kla kry want hulle payeties verby en nooit hedink sal dit se nie maar self CEO wat almal gedink het was die andwoord wat heword gaan mense se held vat wat nie presteer nie? usless eskom

Christine ·

Ag tog, nog een wat nie weet wat aangaan nie, maar ‘n keyboard worrier is.

Madeleine ·

My raad
Kom weg v eskom
AL is dit duur in begin
Jy maak jou geld terug
Begin klein

VaalDonkie ·

Ek het begin deur ‘n gasstoof en sonkrag geyser te kry. En gloeilampe met ‘n battery in vir elke vertrek. Die volgende stap is sonkrag vir my kantoor, en dan vir die yskaste. Laastens sal ek sonkrag vir die ligte en televisie wil kry. En ek het ook ‘n generator vir as die swaar gereedskap gebruik moet word. Ek het ook 18V gereedskap wat met batterye werk en deur die generator of sonkrag (d.m.v. ‘n groot battery) gelaai kan word. Die truuk is om een aspek op ‘n slag aan te pak as jy wil geld spaar.

Christine ·

Tyd dat Eskom val…. Privaatsektor moet gereedstaan met alternatiewe son- en windkrag. Werk die regering uit, laat hul val. Ook so met al die ander SOE’s. Hier’s baie geleenthede vir privaatsektor om daai goed te vervang, sodra hul val.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.