Beurtkrag duur Vrydag voort

(Argieffoto: Johannes Plenio/pixabay)

Eskom het Donderdagaand aangekondig dat fase 2-beurtkrag Vrydag sal voortduur. Donderdag was daar sprake dat beurtkrag na fase 3 opgestoot sou word, maar Eskom sê fase 2 sal tot Donderdag 22:00 voortduur en dan weer Vrydag 08:00 inskop.

“Eskom kon daarin slaag om vier kragopwekkingseenhede te herstel en by die stelsel te voeg, maar dit is steeds nie genoeg om beurtkrag heeltemal op te hef nie,” sê die kragopwekker in ʼn verklaring. Die eenhede wat herstel is, is by die Kriel-, Tutuka-, Matimba- en Kusile-kragsentrale.

Daar is egter steeds eenhede by die Kriel-, Tutuka-, Duvha- en Kendal-kragsentrale wat nog nie herstel is nie. “Onderbrekings by dié kragstasies het die afgelope week tot ʼn tekort van meer as 13 000 MW se krag in die stelsel gelei,” sê Eskom. “Die kragvoorsiener werk hard om soveel moontlik eenhede so gou as moontlik te herstel.”

Eskom waarsku dat die druk op die kragnetwerk gedurende die naweek kan voortduur en het verbruikers weer eens gemaan om krag spaarsamig te gebruik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Persheks Adri ·

Eskom julle diens is pateties verby en ons betaal vir die swak diens!!! Dis blerry koud! Roer julle alies en kom by en werk bietjie harder soos die res van ons. Maak my naar verby om die minste te sê

Sarel ·

Het verstaan dat agterstand in instandhouding ingehaal was. Wat nou,?ĺ

Pieter ·

Julle bly maar net een groot grap en n verleentheid vir die land. Belasting boikot is al wat gaan werk vir julle ANC kommuniste praat gaan ons niks help nie. Dit is mos die ANC wat vir almal geld uit deel wonder wie se geld is dit. Laat ek julle kommuniste reg help dit is ons belasting geld nie julle use less ANC se geld nie.

Elize ·

Eskom het nie ‘n saak nie want hulle mede kaders maak ‘n vuur en word so warm. Het al gesien hulle doen dit sommer in die middel van die vloer in die sitkamer en dit is nie ‘n leuen nie. Haal die elektriese stoof se plate uit en maak vuur bo-op die stoof!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.