Beurtkrag terug in Ekurhuleni se hande

Ekurhuleni-argieffoto (Foto: ActionSA)

Eskom het die implementering van beurtkrag weer aan die Stad Ekurhuleni oorhandig nadat dié munisipaliteit hom daartoe verbind het om die praktykkode na te kom.

Die munisipaliteit het Eskom verseker dat hy beheermaatreëls ingestel het om die uitdagings te hanteer wat hom verhoed het om aan die reëls en regulasies te voldoen.

Eskom het Woensdag aangekondig dat hy nou self beurtkrag op die substasies in Ekurhuleni sal afdwing – wat voorheen aan die stad oorhandig is om te bestuur – nadat die metro die reëls en regulasies van die kragonderbrekings verontagsaam het.

Die besluit om beurtkrag in Ekurhuleni oor te neem volg op ʼn ontleding wat daarop dui dat die stad nie beurtkrag volgens die regulasies verminder nie.

Eskom sal voortgaan om die stad en ander munisipaliteite te monitor om te verseker dat hulle beurtkrag dienooreenkomstig implementeer.

“Eskom sal die beurtkrag oorneem van enige munisipaliteit wat versuim om daaraan te voldoen, om watter rede ook al. Die kragvoorsiener is verplig om die nodige voorsorgmaatreëls te tref om die stabiliteit van die kragnetwerk te verseker,” sê die kragvoorsiener.

“Lede van die publiek word daaraan herinner om voort te gaan om nie-noodsaaklike toestelle af te skakel, soos geisers en swembadpompe, aangesien dit die vraag verlaag en help om die druk op die kragstelsel te verlig.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Casper ·

Beurtkrag is hier om te bly vir tenminste die volgende 2 jaar.Met die munisipaliteite wat ook beurtkrag toepas het ons heelwat dae wat ons drie en ‘n halfuur krag per dag het.Eskom sê sit af geysers maar dit is nie nodig nie want daar is nie krag nie.Nou is gasstoof en gas vrek duur en brandstof ook.Mag ons nie in warm water bad nie.

Papsak ·

Iemand mors met ons en daai iemand is korrupte anc regering hulle mors met ons dit is waarheid hulke kry lekker as ons moet suffer gemors

Anel ·

En Eskom word herhinner om iets aan die beurtkrag te doen!!! Wat het Eskom tot dusvêr gedoen om ‘n einde aan beurtkrag te bring? Hulle is meer gepla oor dele wat dit nie toepas nie eerder as om die probleem op te los. Verder mag ons nie vir ons self sorg nie, want volgens die spul moet almal swaar kry. Een mag nie werk vir iets as almal nie daarin deel nie. Absolute komunisme. Weg met anc!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.