BLF-lid sê eindelik jammer ná Driehoek-tragedie

Lindsay Maasdorp. (Foto: Facebook)

Die woordvoerder van die politieke party Black First Land First (BLF) het eindelik om verskoning gevra vir sy uitlatings oor die ramp wat in 2019 by Hoërskool Driehoek in Vanderbijlpark plaasgevind het.

Die verskoningsbrief, wat deur die Menseregtekommissie (MRK) gepubliseer is, kom maande nadat die gelykheidshof in Johannesburg Lindsay Maasdorp skuldig bevind het aan haatspraak en hom gelas het om om verskoning te vra en kompensasie aan slagoffers te betaal.

“Ek wil aan alle Suid-Afrikaners om verskoning vra,” lui Maasdorp se brief, wat Maandag uitgereik is.

“Ek erken dat my opmerkings haatspraak was en dat dit verkeerd was van my om dit te publiseer.”

Hy het reeds die opmerkings van al sy platforms verwyder en onderneem om nie weer dit op sosiale media te deel nie.

Maasdorp het toegegee dat hy iedergeval nie meer aktiewe sosialemediarekeninge het nie.

Luidens die destydse hofstukke het Maasdorp en Zwelakhe Dubasi, voormalige sekretaris-generaal van die BLF, kort ná die voorval wat die lewe van drie leerders geëis het en talle ernstige beseer het, hul tot sosiale media gewend daaroor.

Nadat Solidariteit die beskuldigdes hof toe gesleep het, is daar bevind dat die uitlatings haatspraak is.

ʼn Saak van minagting sowel as ʼn aansoek vir lasbriewe van eksekusie teen Maasdorp is egter in April aanhangig gemaak nadat hy versuim het om gehoor aan die hofuitspraak te gee.

Dubasi het in daardie stadium reeds sy verskoningsbrief aan die MRK oorhandig vir publisering.

Hoewel die MRK intussen bevestig het dat hy beide Maasdorp en Dubasi se verskoningsbriewe ontvang het, is dit steeds nie duidelik of die R50 000 wat hulle aan elkeen van die slagoffers se ouers moes betaal, al gedoen is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Lila ·

Hy is GLAD NIE JAMMER nie, net jammer hy is uigevang. Dieselle geld vir hul wat vir ons geld???

Chris dupreez ·

Is dit, en nou is hy skotvry. Hy moes in die tronk gaan sit het.

Flip ·

Penny Sparrow het haar werk verloor en was in die tronk…….

B-Man ·

En niemand is eers dood of beseer in haar saak se geval nie.

Eugene ·

Ek dink regtig hierdie verskoning beteken minder as niks. Hy is glad nie jammer nie

Hendrik ·

En wat gaan nou met hom gebeur, niks. As dit nou ‘n wit persoon was was hy nou al in die tronk en moes ‘n heftige boete betaal. Dubbel standaarde in die regstelsel.

Casper ·

Moet hulle elkeen R 50.000 betaal per gesin of moet hulle saam die bedrae oorbetaal aan die gesinne,hoe dit ookal sy solank hulle net betaal.

Ronél ·

Glo die verskoning nie maklik nie, skielik berou na soveel jare, pfft

Lillian ·

Hy’s nie jammer nie, hy sê wat ons wil hoor en dalk op aandrang van sy prokureur. Hy hoort agter tralies want dit is wat met enige blanke sou gebeur as ons iets neerhalends van ander rasse kwytraak.

Busy Body ·

Hoe pateties…. En belaglik. Ons regstelsel is n joke. Wit mense word tronk toe gestuur vir die uiter van sekere selfstandige naam woorde terwyl ander rasse mag spreek en gil wat hulle wil. Geen wonder daar is steeds soveel verdeeldheid tussen rasse nie.

Marius ·

En ek moet die ou glo dat hy regtig jammer is????? Regtig , ons het nie almal met 30% geslaag nie.

christo ·

‘Sorry, doesn’t fix anything !’ Indien dit ‘n wit persoon ‘n diskriminerende opmerkings maak, kan jy maar gereedmaak vir tronkstraf en ‘n stywe boete. Dubbele standaarde in ons howe.

TRP ·

Hoekom ‘n verskoning eis as hy nie werklik jammer is, daardie jammer is so vals soos ‘n oupa van 80 se tande.

Annelize ·

Hy is net so min jammer soos die klip in die veld jammer is. Sy arrogansie ken geen perke nie.

marius ·

As jy wit is gaan jy tronk toe vir haatspraak . Welkom in die riool put waar ongeregtigheid bo toon voer .

madels ·

Vertrou hom glad nie, hy het GEEN berou nie, seker nou weer iets wat hy gaan verloor as hy nie sê hy is jammer nie, nee wat nou is hy skotvry… lekker man, dis lekker in SA

JohanR ·

Hoe kan jy juig as wit skoolkinders dood is. Hoe kan jy juig as enige iemand swart of wit dood is? Maar om jammer te se het hy al iets gedoen wat Julius Malema nog nooit gedoen het nie.

Maritza ·

So wanneer gaan hy tronk toe? Dis mos wat met witmense gebeur as hulle dit doen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.