Blitsbokke wen goud

(Foto: Paul ELLIS/AFP)

Die Blitsbokke het Fidji Sondagaand in die eindstryd van die sewesrugbytoernooi by die Statebondspele geklop om sodoende die goue medalje te wen.

Suid-Afrika het met 31-7 gewen. Muller du Plessis het twee drieë aangeteken om die Blitsbokke se tweede goue medalje in dié toernooi te wen – die vorige keer was in 2014.

Dit was die vierde silwer medalje vir Fidji. Nieu-Seeland het die brons medalje gewen deur Australië met 26-12 te klop.

(Foto: Paul ELLIS/AFP)

Die Blitsbokke het Skotland Saterdag met 34 – 0 gewen in hul laaste groepwedstryd en só na die kwarteindronde deurgedring waar hulle Kanada met 33-0 afgeransel het.

Muller du Plessis in aksie (Foto: Paul ELLIS/AFP)

In die halfeindronde het die Suid-Afrikaners Australië met 24-12 geklop.

Suid-Afrika is tans vierde op die medaljelys met vier goud, een silwer en een brons. Tatjana Schoenmaker het Sondagaand goud in die 200 m-borsslagitem gewen terwyl Kaylene Corbett die brons medalje losgeswem het.

Chad le Clos het sy 18de medalje by die Statebondspele ingeoes toe hy silwer in die 200 m-vlinderslagitem gewen het.

Twee 18-jarige swemsensasies van Pretoria, Lara van Niekerk en Pieter Coetzé, het Saterdagaand vir dubbele goue plesier vir die Suid-Afrikaanse span by die Statebondspele gesorg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Penelopi ·

Mooi so Manne! Ek kan nie wag om julle September in aksie te sien nie. Go Bokke!!

Niklaas ·

Ek hoop nou nie die minister van sport het verteenwoordiging klagtes in hierdie verband nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.