Bob Hewitt op parool vrygelaat

Bob Hewitt tydens sy verhoor. (Foto: Werner Beukes/SAPA

Bob Hewitt, die veroordeelde verkragter en voormalige tenniswêreldkampioen, is Vrydag op parool vrygelaat.

Singabakho Nxumalo, woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste (DKD), het aan eNCA bevestig dat Hewitt vroeër vandag uit die St. Alban- korrektiewe sentrum in Port Elizabeth vrygelaat is. Volgens Nxumalo is die 80-jarige Hewitt onder streng voorwaardes vrygelaat.

Hewitt het drie jaar, ses maande en 22 dae van sy vonnis van ses jaar uitgedien.

Maroela Media het vroeër berig Hewitt is in 2015 skuldig bevind aan die verkragting van Theresa “Twiggy” Tolken en Olivia Jasriel (voorheen bekend as Suellen Sheehan) in die 1980’s en die seksuele aanranding van nog ’n vrou, wie se naam nie bekend gemaak mag word nie, in die 1990’s.

Die misdade is gepleeg terwyl hy vir hulle tennislesse gegee het. Hewitt het onskuldig op die aanklagte gepleit.

Hewitt het sedert September 2016 tronkstraf uitgedien nadat die Konstitusionele Hof vroeër sy aansoek om verlof tot appèl afgekeur het.

Volgens die departement het Hewitt aan verskeie van DKD se programme vir oortreders deelgeneem en het hy verskeie assesserings, onder meer deur maatskaplike werkers en sielkundiges, ondergaan om vir parool in aanmerking te kom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Niklaas ·

Die meeste mense sal maar gemengde gevoelens hieroor hê .

Kobus ·

Ek dink die vernedering is erger straf as tronkstraf.Hoe hanteer sy familie dit?

Kattebol ·

Sý Vernedering? Dink liewer aan sy slagoffers se trauma waarvoor daar nie parool bestaan nie!!!

david ·

Uit op parool….! Nou die onvermydelike vraag : wat van Janus Walusz ? Hewitt kan in sy eie huis seker is redelike veiligheid die grendelstaat ervaar……maar Walusz ? Hoe veilig is hy in die gevangenis ..?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.