Boer amper aan die brand gesteek tydens plaasaanval

Argieffoto: Lorraine Claasen

ʼn Boer is vroeg Woensdagoggend op sy plaas naby Potchefstroom in Noordwes deur ses aanvallers oorrompel wat glo brandstof op hom uitgegooi en gedreig het om hom aan die brand te steek.

Lt.kol. Amanda Funani, woordvoerder van die polisie, het gesê die 50-jarige boer is tussen 03:00 en 04:00 deur ses verdagtes, wat balaklawas gedra het, in sy huis oorval.

Volgens Marius Müller, nasionale operasionele koördineerder van AfriForum, is daar glo aan die boer se huisdeur geklop en vir hom gesê sy ma, wat in ʼn ander huis op die plaas woon, het hulp nodig.

Die verdagtes het die boer in die huis ingedwing en op die kluis en ʼn voertuig se sleutels aangedring. “Die verdagtes kon daarin slaag om die kluis se sleutels in die hande te kry en het ʼn onbekende bedrag kontant gesteel,” het Funani gesê. Daar is glo ook ʼn jaggeweer gesteel.

ian-cameron-2017-02

Ian Cameron van AfriForum. Foto: Verskaf.

Ian Cameron, AfriForum se nasionale hoof van gemeenskapsveiligheid, het gesê die verdagtes het die boer intussen op sy bed laat lê waarna hulle brandstof op hom uitgegooi het. “Hulle het vir hom gesê ‘tonight we burn you alive’.”

Volgens Cameron kon die boer sy vuurwapen wat glo onder sy kussing was in die hande kry en het hy op die verdagtes losgebrand waarna hulle gevlug het. Hy het ligte brandwonde opgedoen.

Funani het bevestig die polisie ondersoek ʼn saak van huisroof en brandstigting. Sy het gesê ʼn voertuig is gebrand en ʼn deel van die huis is ook beskadig. Die brand is glo veroorsaak deur die vlam wat die verdagtes wou gebruik om die boer aan die brand te steek.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

chantel ·

Hoe doen een mens so iets aan n ander? Dis die dinge wat my nefatief maak van so n prag land ;( al wat ek kan se is die Here slaap nie en hy sien wat daai kwaad doeners doen

Jacques ·

Dit is poging tot moord , kyk na die doodskus twee . Min van 15 jaar in die tronk . Sterkte aan die boer .

Hoe nou....... ·

Tien teen een poging tot moord vir die boer……iemand gaan hom seker aangee daarvoor!

rerig? ·

so druk iemand in n doodskis in en dit is pogin tot moord, gooi brandstof op iemand uit en dit is pogin tot brand stigting?

fantasties

Anneli ·

Ja, dit gaan mens se verstand te bowe………,…
Partykeer wonder ek………. is dit ek wat gek is?

What a joke,! ·

Nee jy gaan nie mal nie dit is feite!!! Die AnC regering is uit om n punt te maak!!!
Hanteer die blankes met n tweede stel reels ,een waar hul jou kan dreig met die dood en jou probeer doodmaak en dan ondersoek hul net poging tot brandstigting?????? Ek meen wat de hel hoe blatant! En Dan die doodskis geval! Uiters belaglik!!!!

Lollie ·

Ons regering het baie bloed aan hulle hande. Maak nie eers plan om kreminele te vang nie wat nog van straf! Hulle kan niks opbou nie maar in afbreek kry hulle 100%!

Tiaan ·

Nee wragtie jy moet wakker word om nog enigsins na ramaphosa te roep.

Oud Rhodie ·

Wat sou gebeur het as hy nie sy wettige vuurwapen gehad het nie ? Ons almal weet…..Die beoogde kansellasie van selfbeskerming as motivering vir wapenlisensieaansoeke maak my baie bekommerd.

Judge Dredd ·

Hoekom?

Doen aansoek vir sport-skiet lisensie.

Jy kan jouself nogsteeds verdedig met vuurwapen – beroep jouself net op noodweer(die reg om jouself te beskerm maak nie saak hoe of met wat ookal nie)

Beste is jou lisensie is geldig vir 10 jaar in plaas van net 5 jaar.

Neutraal ·

Rerig. Ek stem met jou saam. Hoop die aan klaer voeg n klagte van poging tot moord by.

Oud Rhodie ·

Judge Dredd – ek hoor jou en in beginsel is jy heeltemal korrek. Die probleem is die Vuurwapenregister wat so lank vat om aansoeke te verwerk. Hoe lank dink jy gaan dit vat om almal se aansoeke om Seksie 16 lisensies goed te keur ? Voorts is die voorwaardes vir Seksie 16 (Sportskiet) taamlik streng o.a. lidmaatskap van `n erkende Klub – iets wat nie almal kan bekostig nie.

Liezl ·

Ja, wel, ons moet maar net iewers begin nê…Lidmaatskap van SA Jagters is nie te rof per jaar nie. Doen navraag en haal maar die rand en sent uit. As iets streng is, is dit nog die ware Jakob. Enigiets minder of wat ‘n mens maklik bekom, is mos nie reg nie? Of hoe dan nou.

Drakie ·

JANEE KOM, ONS RAAI, NIEMAND IN HEGTENIS GENEEM NIE, soos dit met alle plaasaanvalle gaan, maar laat twee sekuriteitsmanne ‘n voornemende aanrander ‘n bietjie hardhandig na die bakkie toe sleep en hulle word onmiddellik in hegtenis geneem en ‘n rasse issue van gemaak .. die land se mense is SIEK !!

Johnna ·

Dankie Here vir U beskerming!Maar regtig so kan dit mos nie aangaan nie.Ons glo en vertrou dat die Here hierdie skelm elemente almal sal uitwis.

Dienkie ·

Nee Anneli, dit is nie jy wat gek is nie dit is die “mense” wat boos geword het.

zoom zoom ·

Dit kan nie waar wees nie. Onse President en een van Sy ministers by die naam Sissulu het dan oorsee gesê daar bestaan nie plaasmoorde in SA nie. Nou verstaan ek nie of is dit fop nuus.

ZET ·

Hoe het hulle geweet dit is sy ma wat in n ander huis op die plaas bly? Dalk iemand wat vir
hom gewerk het wat betrokke was.

Snowball ·

Ja ZET, as mens tussen die lyne lees kom mens dikwels uit dat daar informasie gelek word, want hulle weet waar is kluise, wie het wapens, waar en wanneer is mense die meeste weerloos, of oud en maklike teikens. Dit is NIE net toeval nie.

GP ·

Daar is altyd n werker van die plaas betrokke. Direk of indirek.

Grysburger Pretoria ·

Indien Cele sy sin kry sou daardie boer nie ‘n wapen gehad het om homself mee te verdedig nie. Troospraters sal nou aanvoer dat mense nog steeds wapens sal kan kry itv Artikel 16 van die Vuurwapenwet, maar dan sal jy nie daardie wapen aan jou kan dra tensy jy op pad is na/van ‘n skietbyeenkoms nie. Wat gaan boere bv sê as hulle deur die beskermers van booswigte (ook bekend as die SAPD) na kerk voorgekeer en deursoek word en ‘n wapen word by hulle gevind?

Oud Rhodie ·

Dankie Grysburger – 100% korrek.
Ons sal Organisasies soos GOSA moet ondersteun anders kom daar probleme.

Hunter ·

ian Cameron baie van ons is Afriforum lede.. Hoekom doen julle nie iets aan die tipe klagtes wat aan gevoer word nie.. Dis blatant dat daar net n saak van poging tot brandstigting gelê word.. Dit werk mos ambei kante toe of hoe?? Dis Poging tot Moord. Com

Netso ·

En CELE beweer geen rede vir selfverdediging op aansoek vir vuurwapen! Jy was baie gelukkig “Boer” dat jy jou wapen kon kry? AMEN!

Annie ·

MOENIE UITGAAN NA URE NIE!! SOVEEL KEER AL DIESELFDE MODUS OPERANDI. “NOOD” ÊRENS OP DIE PLAAS….MY FAMILIE GAAN GEENSINS NA URE UIT NIE. OF DIE SAPD OF DIE AMBULANS WORD GESKAKEL. ALMAL OP DIE PLAAS WEET DIT IS HOE NOOD VANAF DIE PLAASHUIS HANTEER WORD.

GP ·

Dankie Annie vir hierdie logika.
Ek dink plaas aanvalle word meer omdat sommige boere dit so maklik maak. Daar is ‘n kleiner element van duistere politieke inmenging om dit te beplan en uit t voer. In my opinie is daar baie arm mense wat geld soek, en daar is boere wat sagte teikens is, en soms so eiewys is, wat en sodoende plaasaanvalle motiveer. Solank boere sagte teikens bly hoekom sal dit afneem of stop?

Schalk ·

Weereens swart rampokkers,hoe lank wil die regering nog wag om die swart rampokkery op plase toe te laat.Swart rampokkery is deel van ons samelewing en word geduld en verdra,maar die feit bly staan dit is n on omstootbare feit.Moenie skuldig voel as jy die waarheid praat nie.Tans weet ek slegs van een wit rampokker wat dit gedoen het,gelukkig het hy met sy gat in die tronk beland.

Annie ·

Moenie na-ure uitgaan nie! Skakel SAPD of ambulans nav probleem. Dit is soveel keer ‘n lokval.

Helien ·

Begin wonder wat is die doel van die tiepe mense op aarde.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.