Brandstof: Nog prysstygings waarskynlik

(Grafika: pixabay)

Nóg ʼn styging in die prys van brandstof lyk al hoe meer waarskynlik.

Ongeouditeerde data van die Sentrale Energiefonds dui op nog ʼn aansienlike styging in die prys van albei grade petrol, asook diesel en paraffien in Maart.

Die Automobiel-Assosiasie (AA) waarsku dat die verwagte styging selfs verdere finansiële druk op Suid-Afrikaners gaan plaas wat reeds sukkel om vorige verhogings te absorbeer.

Volgens die jongste syfers kan die prys van 95-oktaan-petrol na verwagting met R1,20 per liter styg, die prys van 93-oktaan-brandstof gaan na verwagting met sowat R1,15 toeneem en diesel sal moontlik in die omgewing van R1,18 duurder word. Die prys van paraffien kan met ʼn geraamde 63c per liter styg.

Sou dié aanduidings ʼn werklikheid word, gaan ʼn liter 95-oktaan-brandstof in die binneland jou R24,44 kos, terwyl 93-oktaan-petrol jou R24,01 per liter in die binneland gaan kos.

“Die grootste aandrywer van hierdie verhogings is hoër internasionale produkpryse, asook die rand se swakker wisselkoers teen die dollar. Hoewel die swakker rand bydra tot ʼn klein marge vir die onderverhaling en verwagte prysstygings, lyk die prentjie in die geheel steeds maar donker. Verbruikers gaan dit ongetwyfeld voel,” sê die AA.

Daar is darem lig in die tonnel ook, sê die AA. Die algemene brandstofbelastingheffing en die heffing op die Padongelukkefonds word vir die derde agtereenvolgende jaar nie verhoog nie.

“Die heffings word gewoonlik in Februarie bekend gemaak en in April in werking gestel, maar die minister van finansies het geluister na oproepe van die AA en het in sy Februarie-begrotingsrede aangedui dat dit vanjaar weer nie gaan gebeur nie.

“Hoewel dit nie juis ʼn besparing is nie, sou enige verhogings bykomende druk op brandstofpryse geplaas het.

“Ons verwelkom opnuut sy besluit om nie hierdie belastings vanjaar te verhoog nie.”

Die amptelike brandstofaanpassing tree op 6 Maart in werking.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Papsak ·

Waar gaan dit stop mense ons kan nie by hou nie moet maar my kar laat staan of vekoop hulleraak crazy simpel met petrol pryse ons ons eie depos met petrol hoekom do duur betaal kry hulle nie genoeg nie !!!!

Seef ·

Selfde ou holrug storietjie elke maand. AA kla, en waarsku oor die impak en almal kla. Los maar AA. Die geldgieriges kan of wil nie verstaan nie. En so herhaal alles elke maand.

Vernon ·

Kyk mooi..die petrol styg altyd meer as die verwagte AA se voorspelling. As dit moet afkom dan kom dit veel minder af. Laas maand het dit met 10 sent meer opgegaan,was so om en by R 120 miljoen net sommer vor mahala per maand ekstra. vir die staat.

CHRISTINE ·

Daarsy daar gaan ek weer nie kan eet nie. Soos omtrent die hele 2023 ook.
Dit kan nie nog meer opgaan nie, alles is reeds so skerp artificially inflated na die Chinese se virus en Puntin se oorlog.

koos ·

Baie naby aan helfte van die brandstofprys gaan vir belastings en heffings, google dit maar vir jouself. Die arabiere het lankal gesê dat hulle olie nie so duur is nie, dis die parasitiese regerings wêreldwyd. Dan nog ‘n ding, hoekom is onse liewe sasol se brandstof so duur? Hulle gebruik steenkool, en daarby neuk hulle nog ‘n klomp alkohol (byproduk van die steenkool proses) by ons brandstof. Ek vra weer: waarom is sasol brandstof ook so duur?

Sê maar net ·

Elke maand ‘n prysverhoging!!!! Tyd dat taxi’s dalk ook hul stemme dik maak. Waar gaan dit eindig? Liewe land!! Hoe oorleef ons?

AREND1 ·

En dis weereens die anc se skuld omdat hulle so teen Amerika en die ander goeie lande is.Nou moet ons weer meer betaal.

Papsak ·

Ja die anc wil die verkiesing wen maar tussen sit hulle alles net op en op soos petrol krag kos verblyf alles nou hoe nou mmm hulle doen alles onwettig regtig ???????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.