Brandstofpryse gáán styg; vraag is hoeveel

(Foto: Maroela Media)

Suid-Afrikaners wat beoog om die Kersvakansie die lang pad te vat, moet hulle sommer nou al gereedmaak vir ʼn verwagte styging in brandstofpryse.

Gegrond op ongeouditeerde data van die Sentrale Energiefonds, is die voorspelling in hierdie stadium dat die prys van diesel in November met ʼn beduidende R1,60 per liter kan toeneem.

“Die uitwerking van só ʼn verhoging op gewone burgers gaan ingrypend wees,” het die Automobiel-Assosiasie (AA) Maandag gewaarsku.

Die prys van petrol sal na verwagting met tussen 41 sent per liter en 51 sent per liter toeneem.

Die grootste bydraende faktor is die verhoogde internasionale olieprys en tot mindere mate ʼn swakker rand teenoor die dollar.

Diesel vorm ʼn groot deel van insetkoste in talle sektore en stygings in die brandstofprys word uiteindelik aan verbruikers oorgedra wanneer vervaardigers die verhoogde koste verder af in die waardeketting aanskuif.

“Dit gaan verbruikers seermaak,” sê die AA.

Hoewel die pryse op voorlopige data gegrond is en nog gaan verander, sê die AA hy verwag nie dat daar ʼn ommeswaai gaan wees nie.

“Pryse gaan heel waarskynlik steeds in November styg. Tans is die vraag net wat die grootte van daardie styging gaan wees.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Roek ·

EN so sal die verbruiker weer die pak moet vat, sterkte vir die boere en die transport word nou werklik ‘n trane sport !!

JohanR ·

Mense die ANC kaders het nie in Oktober soe lekker ge eet nie, soe hullke kyk uit vir ‘n beter November maand. Ons kan nie verwag dat die kaders moet honger ly!

Mariana ·

So wat is nuut. Dis mos maar die verbruiker wat vir alles moet opdok of hulle nou kan of nie.

Carel ·

Nou moet Jan-Publiek nog Eksdom se diesel rekening óók subsidieër!!

Vernon ·

Disssss die eintlike rede dat diesel styg al kom petrol af..

Pierre ·

en daar gaan kos en als weer op en die styging sal blameer word maar geen verlaging was gegee toe die prys gedaal het nie.

Antie Sarie ·

Presies. Selfs na die daling, het baie produkte met tussen R1 en R5 per item gestyg/

Piet 6 ·

Ek het dit ook gedink toe ek sien die pryse styg nog steeds, maar toe tref dit my die goed word met vragmotors afgelewer en die boere gebruik trekkers, bakkies en vragmotors. Alles gebruik diesel en diesel se prys het nog nie afgekom nie. Diesel se prys bly net elke maand styg.

piet ·

Dis reg, die Supermarkte “love” hierdie petrolstygings want hulle pas nie weer hulle pryse aan wanneer die petrolpryse daal nie. Dis absoluut ‘n wen-wen situasie vir hulle. Hoe meer kere die petrol prys styg, hoe beter vir hulle. Kan elke keer vinnig die pryse verhoog maar verlaag dit nooit.

Antie Sarie ·

En dan net voor die mense terugkom van vakansie, soos gewoonlik n stywe styging. Want dan het hulle nie n keuse nie.

Marius ·

Skop n hond as hy le.(Die verbruikers)
Die kaders bepaal die pryse , dit het niks te doen met verhoogte olie prys of R / $ nie – SNERT.

SwartBees ·

Dit raak mos nou weer vakansie tyd en die CancER wil gesponsorde vakansie hou.

Witbaard ·

Omdat hulle krag opwek met duur diesel in plaas van goedkoper steenkool. Intussen voer hulle steenkool uit China toe asof dit uit die mode gaan.

Vernon ·

Kyk maar mooi wanneer brent goedkoper word..styg ons rand teenoor die doller..ons wen nooit.

Dr. Rhoshe ·

Net as jy dink dat jy n bietjie asem kan haal – dan wurg die government jou net meer

piet ·

So terloops, die mense wat nog kan bekostig om behoorlike feesmale voor te sit vir Kersfees moet nou al hul goed aankoop want hier na die einde van November se kant toe raak die pryse eers rof. Tensy jy natuurlik nie omgee om so ‘n week of twee na Kersfees fees te vier nie want dan is al hierdie goed baie goedkoper. Stel jou voor hoe die vleispryse teen Kersfees gaan lyk as dit nou al lyk soos dit lyk.

Old no7 ·

Die mense lek nou al hul lippe af vir black Friday se “specials”….. einde Nov.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.