Brandstofpryse het SA’ners in ‘wurggreep’

(Argieffoto: Paul Brennan/pixabay)

Die wisselende brandstofprys het Suid-Afrikaners skynbaar al heel jaar in ʼn wurggreep met talle mense wat die ekonomiese druk voel met elke aankondiging dat brandstofpryse verder die hoogte in skiet.

“Die wisselvallige brandstofpryse is ʼn bewys dat Suid-Afrikaners aan die genade van ʼn onbesorgde regering oorgelewer is.”

Só sê Kevin Mileham, die DA se woordvoerder oor minerale hulpbronne en energie, nadat die jongste brandstofverhoging daartoe gelei het dat Suid-Afrikaners byna R4 meer vir brandstof betaal as in Januarie.

“Terwyl pres. Cyril Ramaphosa besig is om die gevolge van die Phala Phala-skandaal te hanteer, sit miljoene Suid-Afrikaners onder ekonomiese druk wat vererger word deur nog ʼn styging in brandstofpryse.”

Gwede Mantashe, minister van minerale hulpbronne en energie, het Dinsdag aangekondig dat motoriste nou 59c per liter meer vir petrol moet opdok, terwyl die prys van diesel onderskeidelik met R1,57 per liter en R1,52 per liter gedaal het.

“Dit is skandelik dat die regering die prys van brandstof opstoot, gegewe die land se ernstige lewenskostekrisis, en dat daar nie met innoverende oplossings vorendag gekom word om enige soort verligting te bring nie,” sê Mileham.

“Die regering is steeds verbind tot dieselfde brandstofprysmetodologie wat daartoe gelei het dat verbruikers die afgelope 12 maande al hoe meer betaal het. Die regering het geen werklike bereidwilligheid getoon om die basiese brandstofprysmetodologie te hersien, of om sakeondernemings, die burgerlike samelewing en politieke partye oor die aangeleentheid te betrek nie. Aan die einde van die dag is dit verbruikers en die ekonomie wat daaronder ly.”

Die DA het opnuut ʼn beroep op die regering gedoen om die algemene brandstofheffing te skrap en die brandstofsektor te dereguleer.

“Die deregulering van die brandstofsektor sal mededinging tussen verkopers aanspoor en eindelik die koste van brandstof en die lewenskoste verminder,” sê hy.

“Ons sal voortgaan om druk op die regering uit te oefen om werkbare ekonomiese beleid te implementeer om ons ekonomie op die pad na groei te kry en om dringend aan die lewenskostekrisis aandag te gee.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Waarnemer ·

DIE DA POEP TEEN WIND.DOLANK AS WAT DIE BYAND REGEER SAL ONS LAND AFWAARTS GEDRUK WORD.TYD DAT IEMAND OPSTAAN EN LEIERSKAP OOR NEEM….NIE NET PRAATJIES MAAK NIE.

Andre ·

Dis nie al wat ons in ‘n wurggreep het nie. Daar’s sommer baie waarvan beurtkrag die ergste is.

Owlie ·

En so sal die gewone slaristrekker net meer en meer betaal terwyl die wat vat en ………………… net meer en meer vat!

Vonkprop ·

Die regering is ‘n ouetehuis. Julle mors julle tyd om hulle aan te vat. Kan nie ‘n ou hond nuwe truuks of is dit denkwyses leer nie.

Saartjievandiebosveld ·

En moenie Eskom tariewe vergeet nie….
Alles wurg die gewone hardwerkende burger van hierdie land.
Die sogenaamde ELITE leef in weelde….
As ek my mond moet uitspoel…sal ek seker in die tronk beland…so ek zip liewers maar net my Lippe!!!

Nico ·

Hierdie sogenaamde cANCer regering wat absoluut onbevoeg en ongeleerd is, is besig om SA en sy inwoners te vernietig, selfs die DA is ook onbevoeg om teen die regering op te staan. Die regering is soos marionnet in die hande van die Internationale geldmagte, die regering laat dit toe.

Sanet ·

Die regering is afhanklik van belastingbelaters, SARS se werknemers is afhanklik van belastingbetalers, ongelukkig is SARS se meeste konsultante nie bevoeg nie, geen terugvoer word gegee nie, maar die DREIGEMENTE word links en regs deurgestuur. SARS hoef nie aan hulle eie standaarde te voldoen nie, maar die res van Suid-Afrika moet!!!!!! Daar is nie krag of internet om enige Efiling te doen nie, wel dis as die Efiling sisteem wel werk………… Die regering laat die hele Suid-Afrika in die steek!!!! En al waaroor hulle kommer is die koffers vol geld wat hulle kaders wegdra………

Kokkies ·

Die olie prys bly val, maar die petrol gaan op.
31 Okt 2022 was olie se prys $85
30 Nov 2022 was dit $80
Tans staan olie se prys op $72
Die regering weet die meeste mense gaan Desember met verlof.

Papsak ·

Liewe hemel alles wurg ons dut is hoe kos pryse petrol krag water ens waar gaan dit eindig kan iemand nie op staan en dit stop nie hierdie anc regering maak ons dood want hulle sit net alkes op en op WENS GOD WIL NET EEN SLAG SLAAN EN DIT MOET DIE ANC REGWRING UIT GOOI LAAT DAAR WEER N ORDENTLIKE REGERING KAN KOM WAT LAND KAN REGEER MENSE WAAR GAAN DIE DINGE STOP DIR KAN NUE SO AAN GAAN NIE

Nie Verbaas ·

Die DA verwag regtig van die ANC om n werkbare ekonomiese beleid te implimenteer? Is die DA dan nie by nou al bewus daarvan dat die ANC n globale tekort aan intellek en insig het nie? Hulle kan nie eers met n plan na vore kom om n ontbyt glad te laat verloop nie.

Samuel ·

Die opmerking dat die regering onbesorg is, is korrek. Hulle leef in weelde.

Brombeer80 ·

Ek mag dalk verkeerd wees, maar na my mening, wanneer die brandstofpryse styg, gaan alles saam met dit op, maar daar word geen rekenskap gegee wanneer die pryse weer daal, om die verbruiker weer koopkrag te gee nie. Kos en elektrisiteit se pryse bly onveranderd want ongelukkig was daar salaris verhogings vir almal gegee, net om kos op die tafel te sit. Daar is nie rerig n verlies wat hulle toon nie en die verbruiker moet net aanhou betaal. “Iemand” maak n vet wins hier en ten koste van die “man op die straat”.

Yolandie ·

Ek stem volkome saam met jou brombeer. Dis vreemd dat wanneer die petrol prys opgaan dan gaan alles op. Maar as die petrol prys sak sien mens dit net glad nie in die koste van kos en ander goedere nie. Dis mos belaglik dat ons nou tans al oor die R50 betaal vir ‘n 1kg botter, kyk wat kos melk en brood?

Di ·

Ons almal is tot in die grond in gedruk met al die verhogings! Daar is nie meer geld oor om te verduister nie nou moet hulle ‘n plan maak om geld in die hande te kry. Ek is SO dik vir hierdie useless regering

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.