Cele aan polisielede: ‘Maak plan met moorde of bedank’

Bheki Cele lê die SAPD en Opod se begroting voor in die parlement. (Foto: ParliamentofRSA /ZKostile)

Bheki Cele, minister van polisie, het Donderdag ʼn ultimatum aan polisiegeneraals gestel om die hoë vlak van moorde in die Wes-Kaap af te bring of om hul uniforms in te gee.

Cele het die SAPD en die Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat (Opod) se begroting in die parlement voorgelê ná ʼn bloederige naweek in die Wes-Kaap. Minstens 13 mense is net die afgelope naweek in verskillende skietvoorvalle in Philippi-Oos dood.

“Ons sit met die hartseer realiteit dat daar vinniger mense in begraafplase begrawe word as wat daar babas in kraamsale gebore word,” het Cele aan parlementslede gesê. “Die herhalende tonele van liggame wat verspreid in die strate van Philippi, Mitchells Plain en Nyanga lê, is onuithoudbaar. Dit is daarom dat ek alle generaals in die Suid-Afrikaanse polisiediens uitdaag om eerder hul uniforms in te gee as hierdie situasie nie verbeter nie.”

Suid-Afrika se moordkoers het tussen April 2017 en Maart verlede jaar met 7% gestyg. Elke dag word 57 mense in die land vermoor.

Bendeskietery in die Wes-Kaap het dié provinsie die berugte reputasie as Suid-Afrika se moordhoofstad gegee. Van die tien polisiegebiede waar die hoogste getal moorde aangeteken is, was sewe in die Wes-Kaap.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

BlinkStephaans ·

My liewe oom beki…. jy is die minister… jy kry die vet tjek en die fancy kar… jy is die een wat daai generaals moet bymekaar kry… jy is die een wat eerste met n plan vorendag moet kom… wat vir n leier is jy?… jy kom kuier… loop met jou hoed in een straat af… en daar gaat jy. Bring die planne… of is jy net nog een van die ministers wat geen idee het hoe om sy portfolio te bestuur? Deur net te sê het nog nooit n leier gemaak… jy moet wys… lei

Maljan ·

Ek stem saam. Hy weet nie hoe om die probleem aan te spreek nie, so skuif dit maar op iemand anders af. A la Efrikah! Dalk was daar toe tyd om te gaan shop vir n nuwe hoed.

Driesie ·

Hy het nie ‘n vae idee van leierskap nie,hoe kan minister van polisie is maar jy was nog nie eers ‘n konstabel in die polisie nie.Hulle is almal belaglik.

Felix ·

DIS nou die tyd vir wit mense om laag te lê, Jerry, Dirk, Henry, mens mag mos nie ‘n piep oor die boere en plase laat hoor nie, want dan affronteer ons hulle. Maar wat is die realiteit, en as mens na die statistiek vir der jare kyk en wat hulle daaromtrent gedoen het? Dan bewe dit oor jul lippe, “ons moet hulle tog net nie daaroor aanvat nie”.

Jannie van Niekerk ·

Mnr Cele is net ‘n grootbek wat niks positief doen om moorde (veralplaasmoorde) te voorkom nie.

LR ·

Beboet hulle met n jaar se salaris. Dis baie maklik weerhou net die salaris van hulle. Dit het tyd geword om daarwerklik en streng op te tree teen hierdie soort misdadegers op te tree.

LR ·

Volgens Suid- Afrikaners is die polisie die mees korupte instelling in SA. Dis hoog tyd dat die president self ingryp en skoonmaak.

Gollie ·

Hulle is met president en al korrup,wat praat jy van president moet ingryp.

Felix ·

Ek stem saam met hierdie aanhaling uit die berig hier bo wat Cele aan parlementslede gesê het: “Ons sit met die hartseer realiteit dat daar vinniger mense in begraafplase begrawe word as wat daar babas in kraamsale gebore word.”

Geld dit nou net vir sekeres?

Dit klink my so.

Andreas ·

Ons moet tog weer lees wat Cele hierbo gesê het, dan weer ‘n keer, dit uit sy eie ervaringsveld, mag hulle eendag die ervarings van alle kulture in die land verwoord en dit in hul beleid weergee, dit is nou om vir alle kulture in die land te wys hulle behoort. Nie net te wys nie, maar dat hulle, die regering, dit verstaan en dit eens met elke inwoner het.

Willehond ·

En wat van plaas moorde! Jou bord is oorvol my liewe cowboy minister!! Jy het die geveg laaankal verloor!

Gollie ·

Hy is eerte geskiet met sy hoed en al,hulle gaan dink hy behoort aan die mafia bendes.

Rooi ·

Hoekom steek hy homself nie in die pad nie? As hulle nie korrup is nie dan slaap hulle op die job. Die goeie werkers uitgesluit. Die land is in sy dinges. Kry die vuurwapens van die strate af en raak ontslae van die vrot appels in die regering asook in polisie. En die hele Suid-Afrika is vol misdaad. Sake neem jare om opgelos te word want mense het nie meer respek vir sy medemens of respek vir sy werk nie. Suid-Afrika kort ‘n wonderwerk.

Johan ·

Die realiteit is die land se wette en howe werk direk in teen die polisie se werk. Die krimineel lag vir die polisie. Hy word gevang, gaan slaap lekker warm, eet Kentucky, gaan die volgende dag hof toe en gaan daarna huistoe…. Behalwe blankes natuurlik. Elkgeval, dit sal nie verbeter nie, dis duidelik. Die polisie kan nie hulle werk doen met hulle hande agter hulle rûens vasgemaak nie. Die howe, en wette moet so ondersteunend wees dat hul werk vrugte dra op die ou einde.

Stan ·

“Daar word meer mense vermoor as babas wat gebore word’ en moet asb nie die ander veranderlike vergeet nie – meer immigrante as laas genoemdes. Kan die mense nie wakkerskrik nie? Hulle is besig om hulle eie gat te grawe! Hoe op dees aarde gaan Suis Afrikaners ‘n volhoubare ekonomie en sosiale stabiliteit verseker??????

Andreas ·

Ek het ‘n idee die oorgrote meerderheid in die land, by verre, sou teverde gewees het as Jan van Riebeeck nie aan die suidpunt geland het nie, hulle sou tervrede wees om sonder westerse ontwikkeling en uitvindsels self reg te kom.

Hulle sou heel goed met die res van die wêreld se ekonomie kompiteer het.

En hul geldeenheid sou wees?

Pensioenaris ·

Die geagte minister met die verspotte hoed praat en praat net maar hy en sy hele polisiemag is useless verby. Elke liewe saak “word ondersoek” en jy hoor nooit weer daarvan nie. Die dossier beland seker maar in “FILE 13” soos alles in die staatsdiens. En daarvoor kry elkeen ‘n vet salaris en blink motorkar met lyfwagte – want dis mos ‘n gevaarlike “werk”. Dis om van te huil.

Johanna Botha ·

Nee die polisie kyk net en ”monitor” die situasie ….PATETIES ! !

piet piet ·

Ek lees gister n opname het bevind die sa publiek dink die polisie is die mees korupste departement in die regering.

Toek ·

Sal jy teen sulke geweldadige skurke gaan as jy in die skoene van ‘n polisieman sou gewees het,dink bietjie voor jy praat .

Hoedjie ·

Die gespuis, opportunist. Eers vee hy sy agterent af aan die situasie, maar oe! Toe die president nou eweskielik die groen lig gee vir die weermag om in te beweeg, nou het die vent weer baie te sê. Lafaard met a hoedjie.

George in Bloem ·

Janee ou (GROOT)Bheki,jou manne sal maar moet beter “monitor”.

Leon ·

Plaas plasmoorde bokant Philippi se moorde op die lys. Hulle is meer en wwreder en belangriker.

JP ·

Wel, plaas boere IS BAIE MEER BELANGRIK vir die samelewing as klomp drug pushing bende rubish wat mekaar dood skiet – BOERE maak KOS vir ALMAL !!!!

Huh ·

MM, sal ‘bloedige’ naweek nie beter pas as ‘bloederige’ naweek nie? Vra maar net

Piesanglander ·

Blameer die regstelsel wat kriminele beskerm. Kriminele kry te maklik borgtog en hul straf is te lig. Doodstraf moet moordenaars se straf wees. Betaal die polisie ordentlik en daar sal resultate wees. Droom maar voort Cele, droom maar voort.

lv ·

Dis seker hoekom die Nasionale Kommissaris heeldag en aldag in kamoefleerdrag rondloop,dink seker niemand sien hom raak nie!

Sarel ·

Hi Toek, dit is pressies waarvoor jy ja se as jy n polisiebeampte wil wees. Die gemeenskap se lewe bo joune. Om n polisiebeampte te wees is n roeping, nie n salaris vir bang wees nie. Die polisie het deur die jare begin dink hulle moet die misdadiger teen die publiek beskerm, dit het hulle nou daar an.

Pieter ·

57 moorde per dag? Dis omtrent 21000 per jaar. Dis net ‘n deeltjie van die sogenaamde “onwettige” moorde. Tel aborsies by en ons trek by ongeveer 770 per dag. Aborsies in SA vind teen ‘n geraamde 260’000 per jaar plaas. Die voorgeboortelike moord is dus ‘n baie groter skande as die reeds onaanvaarbare hoë amptelike moordsyfers…

Patch ·

Mnr Cele, “liggame wat verspreid in die strate van Philippi, Mitchells Plain en Nyanga lê, is onuithoudbaar”, wat van die liggame wat verspreid lê regoor Suid-Afrika se plase? Is dit nie ook onuithoudbaar nie? Nee Mnr Cele, DIT is onaanvaarbaar. Ek dink jou landelike polisie moet miskien uniforms ingee… plaasmoorde is beslis nie op jou lys van dringende, ernstige sake nie. Jy is bekommerd oor bendes (misdadigers) wat vermoor word maar die mense wat kos op jou land se tafels plaas is nie belangrik genoeg nie. Miskien moet jy jou en jou departement se prioriteite hersien? Haal jou hoed af sodat jy beter kan sien.

Andre ·

Hy blaf teen die verkeerde boom.
n Politikus het geen idee van polisieering nie. Ek stem egter saam daar is te veel “generaals”. Bome wat nie vrugte dra nie.

Jerry ·

Ten minste dreig Cele darem al sy generaals om aksie te neem. Die SAPD is egter nie opgelei om die bendegeweld effektief hok te slaan nie en ek reken daarom dat hulle optrede die moordsyfer van 57 drasties gaan verhoog!

marais ·

Nou waar kry die “gangstars” die “gunse”? Ek lees elke nou en dan van ongelisensieerde vuurwapens wat gebruik was in ‘n moord of ‘n plaasaanval.
Is dit moontlik dat hierdie vuurwapens dalk van die vuurwapens is wat ons wetsgehoorsame landsburgers ingehandig het by die “polieste” om te laat vernietig, en onsself in die prosses te ontwapen?

Gert van Wierdapark ·

Die Gene-raals sal nie gou hul uniforms kan ingee nie aangesien hulle nog besig is om al die sterre daarop vas te sit = meer Gene-raals as korporaals. Eish!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.