Cele moet waai, eis optoggangers

(Foto: DA/Twitter)

Bheki Cele het misluk as minister van polisie en moet in die pad gesteek word.

Dít was die boodskap van ondersteuners van die DA en Action Society wat Dinsdag die strate van Pretoria ingevaar het tydens ʼn optog na Cele se kantoor in die middestad.

“Dit is net in die ANC-regering dat ʼn man, onder wie een van die ergste gewelddadige misdaadgolwe buite ʼn oorlogsone plaasgevind het, steeds beloon sal word met die byvoordele, betaling en die mag van ʼn kabinetsposisie. Hy is ʼn gevaar vir die samelewing en moet afgedank word,” het John Steenhuisen, DA-leier, gesê.

Meer as 33 000 mense het reeds die DA se petisie geteken wat eis dat daar van Cele ontslae geraak moet word.

John Steenhuisen (Foto: DA/Twitter)

“Cele se mislukkings is veel meer as net nog ʼn verleentheid vir die ANC-regering. Sy mislukkings het die lewens, die waardigheid en die veiligheid van talle Suid-Afrikaners gekos.”

Steenhuisen sê dit blyk dat eenheid binne die ANC alles troef. “Dit is veelseggend dat, ondanks al sy verhewe beloftes om misdaad te bekamp, om die moordsyfer te verminder en om vroue en kinders teen geslagsgebaseerde geweld te beskerm, pres. Ramaphosa nie van Suid-Afrika se gevaarlikste, mees onbevoegde kabinetsminister ontslae kan raak nie.”

Die jongste misdaadsyfers, die enigste ware maatstaf daarvan of ʼn polisieminister sy werk doen of nie, wys volgens Steenhuisen daarop dat Cele nie langer in sy pos kan aanbly nie. “In Suid-Afrika word daar elke dag 67 mense vermoor, 153 mense verkrag en vind daar 364 gewelddadige rooftogte plaas.”

Ian Cameron (Foto: DA/Twitter)

Ian Cameron van Action Society het tydens sy toespraak die name van moordslagoffers genoem. “Elke keer wanneer Cele sy mond oopmaak en syfers bekend maak, noem hy nie dat dit iemand se ma, ʼn suster, ʼn oupa, ʼn tannie, ʼn oom of ʼn broer is wat weer vermoor is nie. As ek aan daardie minister dink, wil ek name noem, sodat daardie mense nie net statistieke word nie.”

Cameron het daarop gewys dat die moordkoers toegeneem het onder Cele se bewind en gesê dit wys daarop dat hy onbevoeg is.

“In plaas daarvan om op ʼn effekbejag oor die land te wees, moet Cele sy hoed vat en êrens stil gaan sit en probeer onthou dat dit vir die meeste Suid-Afrikaners nie net syfers is nie maar geliefdes met name.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Jr ·

Julle poop in die Revlon parfuum fabriek. Niemand gaan dit ruik nie. Veral nie Ramapoopoo. Hy dink Celery is die beste ding van roomys af.

Dorkie ·

Ek stem saam. Ons kan nie meer terugsit en wag nie. Meeste van ons ken iemand wat deur geweld hy/sy lewe verloor het.

George ·

Ek dink Cele het terug ge-waai ;) DA waai, hy waai, ramapokker lag want sy pel kry goeie salaris vir niks doen nie.

Nie Verbaas ·

Ramaphosa sal nooit an Cele ontslae raak nie want hy weet te veel van Ramaphosa se geraamtes in die kas. Tweedens, as Ramaphosa dink dat Cele goeie werk doen bewys dit hoe ver verwyderd hy van die werklikheid leef en hoe onnosel hy werklik is.

De Villiers ·

John Steenhuisen is maar flou en onoortuigend in sy toepsrake.

Die DA kry nie my stem met hom as leier nie!

Waar is die regte leiers?!

A.S ·

Ten minste probeer hy, ek sien jou nie iewers staan om iets te probeer doen nie?!? Dis deur mense wat dink “die DA kry nie my stem nie” dat die land meer en meer agteruit gaan.

De Villiers ·

Ek het ‘n regte werk en het nie tyd om op straat rond te dans soos politikuste nie.

Dans en toesprake gaan ook nie die agteruit gaan van ons mooi land keer nie.

Moedeloos ·

Nou moet dan nie diegene wat wel iets wil en kan doen teegaan nie. Al kry hul niks hieruit reg nie sal die regering wel bewus wees van die optog so ook ander lande.

Republikein in die Wes Kaap ·

In Londen, Perth, Los Angeles, Tel Aviv en Toronto.

Niklaas ·

Nou wie , in jou opinie , moet die DA se leier dan wees , ken jy iemand beter ?

yahneh ·

Hierdie manne het hul posisies met steierende probleme en leë oop koffers geërf. Hul probeer ten minste om die landsburgers se vertroue terug te wen. Ek haal my hoed af vir hulle. Respek…

Jr ·

Ja twattie ek is ondergrond in die myn elke dag. Kan nie daar wees nie. En lees ordentlik dat ek nie die DA gekritiseer maar gestate plain straight dat Rhamapoo poo gaan hom nie verwyder SO WIE GAAN HUH?

Waarnemer ·

En?Het hierdie optog(betoging) vrugte afgewerp?Is cele gefire na hierdie grootskaalse optrede van die DA?

Tanniepetoors ·

Al het hierdie optog net 10 mense laat dink, is dit 10 meer as gisteroggend wat moontlik die omvang van die probleem begin besef.

George ·

Ongelukkig was dit n vreedsame een, ANC luister net as jy plekke en geboue begin afbrand en plunder, maar dit sal die ANC reg gee om op te tree soos hul wil, en die “wit DA” skuld te gee aan alles sleg vir die volgende 29jaar.

SjN ·

Dit gaan omtrent so in al die staatsdepartemente, geen werkstrots en skaamte!!

Suid-Afrika Eerste - Vrydenker Vlakvark ·

Hoe groot is die “constituency” van die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP)? Welke kiesafdelings word deur die SAKP verteenwoordig? Welke kiesafdeling word deur Bheki Cele verteenwoordig? Ingevolge welke wet kan Cele afgedank word?
Lesers, die SA grondwet is ‘n grap. ‘n “Demokrasie” sonder ‘n doeltreffende en effektiewe kriminele regstelsel is ‘n klugspel. Geen wonder die SA nasie as nasie spartel in die modder van ongebreidelde bevolkingsaanwas en verarming.

E ·

Goed en wel as Cele moet waai, maar is daar enige alternatief wat beter gaan wees?

Niklaas ·

Hy is nie die enigste sukkelaar waarvoor protes optogte gereel kan word nie. Die probleem is net dat vandie swakste ministers , toevallig die agbare president se grootste maatjies is en dan is hul mos vreeslik veilig.

Klein Karoo Loper ·

Cele moet onthou om te vra vir daai duur print op die PVC Banner . Hy kan dit raam en in sy sitkamer hang. So spaar ons almal in hierdie moeilike tye.

Oosieoos ·

CR het hier lekker opgeslip nou is almal teen hom gekant

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.