Centurion-grondeis: ‘Geen rede tot paniek’, sê minister

Maite Nkoana-Mashabane. Foto: ANA

Die minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming het gesê daar is geen rede tot paniek oor die Centurion-grondeis wat ongeveer 4 000 hektaar se eiendom raak en nagenoeg 2 000 huisgesinne betrek nie.

Minister Maite Nkoana-Mashabane het gesê sy het met ernstige kommer kennis geneem van die onakkurate berigte rakende die grondeis wat in Junie 2018 in die Staatskoerant gepubliseer is. Die grondeis is in Desember 1998 deur 39 lede van die Mahlangu-familie ingestel.

Eiendomme in Rooihuiskraal, ʼn gedeelte van Olievenhoutbosch, The Reeds, Zwartkop, Highveld, Heuweloord, Celtisdal, Doringkloof en Midstream word deur die eis geraak.

Nkoana-Mashabane meen egter daar is geen rede tot paniek nie aangesien die Wet op die Herstel van Grondregte gelas dat groot maatskaplike ontwrigtings voorkom moet word wanneer grondeise hanteer word.

“Dit beteken dus, aangesien die gebied ʼn opgeboude gebied is, sal dit nie haalbaar wees om die grond wat geëis word in die hande van die eisers te plaas nie. Gevolglik sal die grondeisekommissie in hierdie geval met die eisers in gesprek tree om alternatiewe grond of finansiële vergoeding of enige ander regstelling te ondersoek wat moontlik is onder die omstandighede soos bepaal in die wet.”

Honderde inwoners van Centurion daag by Leriba Lodge op vir ‘n vergadering oor ‘n grondeis wat in die voorstad van Pretoria ingestel is. Foto: Verskaf.

Volgens Nkoana-Mashabane is daar dus geen rede vir eienaars in die Centurion-gebiede wat geraak word om paniekerig te raak nie.

“Alle eienaars in die area kan verseker wees dat ons as ʼn verantwoordelike regering sal sorg dat ʼn regverdige en billike opsie gekry sal word om die grondeis te hanteer en dat hul eiendomme glad nie geraak sal word nie.

“Daar is geen rede tot kommer nie en dit is nie nodig om prokureurs en instellings soos AfriForum in dié verband te nader nie want dit [die berigte] is heeltemal ongegrond en dit sal ʼn vermorsing wees van hul hardverdiende geld wees.”

Die minister se uitsprake kom nadat meer as 500 inwoners van Centurion Dinsdagaand by Leriba Lodge vergader het om aan AfriForum ʼn formele mandaat te gee om die grondeis teen te staan. AfriForum en ReTHro, die inwonersvereniging van The Reeds, Thatchfield en Rooihuiskraal, werk saam om die eis teen te staan.

AfriForum het intussen ook bekend gemaak dat hy Maandag ’n memorandum aan ’n verteenwoordiger van die minister sal oorhandig, waarin die burgerregte-organisasie sy besware teen die grondeis uiteensit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

Gerhard Bezuidenhout ·

Mense moet haar asb nie glo nie . Sy het die land verraai deur Grace Mugabe stilletjies te laat wegkom. Sy lieg deur haar tande . Kry solank julle regadvies in plek.

Anoniem ·

En nou is sy bekommerd oor die vermorsing van ons hardverdiende geld deur Afriforum te betrek. Die ironie!!! Wens sy wil haar liewers oor ander vermorsings bekommer, bv Eskom.

H.A. ·

Hoeveel sal daardie grond nou werd wees? Miljarde rande? Pasop vir hulle wat ñ ding sê en dan ñ ander ding doen. Wees waaksaam daarvoor. Regering kaders is uiters onstabiel !

Anoniem ·

Die feit dat sy sê “ons as ń verantwoordelike regering” is genoeg gronde vir kommer. Sy weerspreek haarself…

Gemaskerde Sopbeen ·

In 1990 het die NP die volgende gesê:
‘n SA wat JA stem, stem vir:
1. ‘n Veilige toekoms vir ons en ons kinders.
2. Vreedsame naasbestaan en gelyke geleenthede.
3. Ordentlike hervorming en redelikheid.
4. Die bevordering van gemeenskaplike belang deur eie besluitneming.
5. Die bevordering van gemeenskaplike belang deur samewerking.
6. Sterk en doelgerigte leierskap.
7. ‘n Eendragtige en weerbare Suid Afrika.
8. Ekonomiese, politieke en maatskaplike stabiliteit.
9. Die handhawing van ordelike regering en standaarde.
10. Veiligheid, Vryheid en Voorspoed deur geregtigheid.
EN ALMAL HET DIT GEGLO!!!

Hennie ·

FW en ou Roelfie het nog erger gelieg destyds as Jacob, Cyril en Gigabaaait saam.

Deon ·

Hennie, soos Roelf destyds gesê het : “The troof is the troof”.

chivago ·

Korreksie – nie ALMAL het dit geglo nie maar ons ly nou saam met die ALMAL wat het!

T ·

Hulle sal optree soos “verantwoordelike regering” – ja nee dit alleen behoort almal baie bekommerd te maak!! Dis nou die een woord wat regering gladnie ken nie!

Willem ·

En waar gaan die geld vandaan kom? Van die belasting betaler natuurlik. En dit vir mense wat nie regtig n eis vir die grond het nie behalwe hulle velkleur

Afrikaner ·

Dus het sy klaar besluit dit is ‘n geldige eis en die media is verkeerd in die beriggewing oor die inligting wat deur hulle geplaas word.

Afrikaner ·

Ja, hulle sal enige verskoning uitdink om aan die mense grond of geld te gee. Cyril se beloftes maak skuld en ‘n verkiesing is op hande, as dit nie die een oor ‘n paar maande is nie, is dit die volgende een oor ‘n paar jaar.

Rupert Ashford ·

Nee kyk, Afriforum en Solidariteit is dorings in die vlees vir hierdie lot. Hulle tree selfs op soos “‘n verantwoordelike regering” wanneer hierdie instansies naderstaan…?

Johann van Cullinan ·

Waar ñ rokie trek, moet ñ vuurtjie brand. Moenie warry nie, dit is net ñ vuurhoutjie wat aangesteek is, dit kan nie skade aanrig nie ?

Gemaskerde Sopbeen ·

Net soos Dingaan vir ou Piet gesê het….”Ungakhathazeki ngalokhu kuzoba kuhle….

marco polo ·

Nee wat, julle is verniet bekommerd. Daar gaan niks met hierdie grond gebeur nie. Die grondeisers sal vergoed word deur boere in die omgewing se grond af te vat.

Skerpioen ·

Wk vertrou die ANC asook die DA glad nie…. hierdie ou padda is nou klaar met die pot sittery en smile vir alles wat gesê word.

Johan H. ·

As die lot iets se is die teenoorgestelde waar!!! TRACK REORD!!!!

D B ·

Dame, as hierdie nie gaan werk nie weens ons “wonderlike” wette die huidige grondeienaars “beskerm”, hoe gaan “jou” regering dan “land vat sonder vergoeding”?

Tant Ralie ·

Die inwoners kan mos ‘n spesiale belasting aan die grondeisers betaal, of hoe?

John ·

Nee, die inwoners sal moet opdok…. so klink dit. Die vrou wat met ‘n glimlag die saak bespreek, is nie te vertrou nie. As hierdie speletjie toegelaat word, gaan alle witmense skielik op op ‘n graf of naby ‘n ashoop van voorvader bly en moet dan opdok volgens die glo nasate se slinkse stories. Dit word ‘n walglike land en regering. Sover die wet strek is dokumente nodig as bewyse, nie net stories wat oorgelewer word van Nigeriè, via Zimbawe, dan Lesotho, dan Zoeloeland en dan die EFF en dan…

Snowball ·

Net nog ‘n adder van die ANC. Hierdie grondeis is die grootste pot snert ooit! Moes nooit eers tot hier gevorder het nie..

Justice ·

Boerdery is absoluut die laaste ding waaraan hulle dink – dit gaan slegs oor hoeveel geld hulle hieruit onregmatig kan maak. Blatante opportunisme asook politieke beeldpoetsing georkestreer deur die ANC, EFF en BLF is hier van spraak.

Adrian ·

Mashabane en haar base (ANC) kan en sal nooit vertrou word nie altyd vleinde soet woordjies totdat hul jou verstand gedraai het dan tree hul in wie hul werklik is :: geharde kommuniste tot Zuma sing dieselfde storie, nee wat afriforum beveg die klomp mislike goed

Dries du Toit ·

GEEN REDE TOT PANIEK NIE. Die ANC is in beheer. Hulle sal sorg dat geen chaos sal plaasvind nie. Kyk hoe mooi sorg hulle vir Eskom, Prasa, SAL, Munisipaliteite en die hele RSA

Ander Annie ·

Die Minister is korrek. Daar sal met die Eisers onderhandel word. Die offer sal wees of (1.) finansiële vergoeding, of (2.) alternatiewe grond, of (3.) 50/50 alternatiewe grond en finansiële vergoeding. Dit is ekonomies net nie moontlik om stedelike beboude areas aan Eisers terug te gee nie.

Andre ·

As jy dit nie teestaan nie stem jy mos saam dat die grond gevat kan word. Die regering het nie n rekord van eerlikheid nie.

Verkleurmannetjies ·

Kan hulle nie vertrou nie. Verkleurmannetjies wat aanpas by hulle omgewing. Sy sal die teenoorgestelde sê vir die gene wat die eis geplaas het. Ek hou van wat ek sien op die foto. Dit is tyd dat ons saam staan soos in die ou ou dae voor die verkrampte politikuste…

Kan jy nou al sien? ·

Ek hoop die spulle in die stede, ja Mev Neus in die lug, wat heeltyd maak en dink hiedie grondeise is slegs die boer (hy wat op die plaas bly) se probleem, besef nou vinnig dat dit jou probleem ook is. Hou op maak asof alles mooi en goed is in ons land en begin bietjie saam staan met ons boere om hulp en raad aan hierdie probleem te skenk. Jou woonstel by die see Antie, hy is volgende op hulle lys

Spulle in stede? ·

Neerhalende kommentaar op mense wat in stede bly……is dit nodig?

Los los los ·

Los nie net daardie grond nie maar my eiendom ook, want dit sal grootskaalse ontwrigting veroorsaak. Los los los.

Swartwolf ·

@kan jy nou al sien: al wat ek sien is ‘n jaloerse vent wat op een of ander bankrot plaas kripeer en wens hy het ‘n woonstel by die see. In plaas van ander mense ellende toewens en halfhartig skimp vir empatie doen iets self.

Cherokee ·

‘Geen rede tot paniek’.
Ek het gedink sy oordryf totdat ek jùlle lees.

klip in die bos ·

Roelf Meyer moet baie meer krediet ontvang vir sy aandeel in die oorgangsonderhandelinge van SA. Niemand kon op daardie stadium ‘n Zuma faktor voorspel nie. Hy en CP moet weer alleen ‘n bosberaad hou. Roelf is ‘n man van integriteit en ek glo ook CP.

Annelize ·

Dis is wanneer hulle sê dat daar geen rede tot paniek is nie, wat jy eintlik al histeries moes gewees het. Moet geen woord vertrou nie, en kry soveel as moontlik regsadvies in, julle word vir ‘n ride gevat, net soos die land en die ekonomie al die afgelope 24jaar vir ‘n ride die afgrond in gevat is.

rlnst ·

Mense wat met oogklappe loop gaan n “groot Surprise” kry. Die land is in die afgrond.
verkoop en huur as hulle vat is dit nie joue nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.