Comrades rou oor twee atlete

Argieffoto van die Comrades-marathon. (Foto: Facebook)

Die Comrades Marathon-vereniging (CMV) het Dinsdag bevestig dat twee hardlopers tydens Sondag se Comrades dood is.

Volgens dr. Jeremy Boulter, amptelike wedren- dokter van die Comrades, het twee hardlopers by verskillende punte langs die 90 km lange roete tussen Pietermaritzburg en Durban inmekaargesak.

Phakamile Ntshiza (wedrennommer 53126) het kort voor die halfpadmerk by Drummond mediese hulp benodig. Ntshiza is egter dood voordat hy na ’n hospitaal vervoer kon word.

Phakamile Ntshiza (Foto: Facebook)

Hy was 47 jaar oud en ’n lid van die Adventist-atletiekklub in Pretoria.

“Die Comrades-marathon 2022 het met gemengde gevoelens geëindig,” sê die klub se bestuur in ’n inskrywing op sosiale media.

“Vir sommige individue was dit ʼn goeie ervaring waarvan hulle die herinneringe sal koester, maar vir ander sal dit ʼn hartseer herinnering bly. Ons voel aangeraak en hartseer deur hierdie ontydige afsterwe. Ons harte is met die familie en vriende.”

Maroela Media het vroeër berig Mzamo Mthembu (wedrennommer 56904) is ook tydens Sondag se marathon dood nadat hy in Pinetown inmekaargesak het.

Mzamo Mthembu (Foto: Hollywoodbets-atletiekklub, Facebook)

Boulter het vanoggend bevestig dat Mthembu ’n hartaanval tydens die marathon gehad het. Hy is na die Westville-hospitaal geneem waar hy dood is.

Mthembu was ’n lid van die Hollywoodbets-atletiekklub in Amanzimtoti.

“Ons betuig ons simpatie en meegeval in hierdie moeilike tyd met die familie, vriende en hardloopmaats van hierdie twee atlete,” sê Mqondisi Ngcobo, voorsitter van die CMV, in ’n verklaring.Ngcobo het die mediese personeel en vrywilligers bedank wat Sondag so vinnig moontlik bystand aan die Ntshiza en Mthembu gelewer het.

Ntshiza en Mthembu was onder die 15 986 atlete wat vir vanjaar se wedloop tussen Pietermaritzburg en Durban ingeskryf het.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Hester Wilhelmina ·

Darem baie vreemd. Die Skotse fietsryer ook. Studente in koshuise ook….

piet ·

Ja reeds lank voor Covid het dit al gebeur. Niks nuuts nie. Wat ek wel weet, is dat jy nie moet deelneem aan strawwe sport as jy ‘n siekte soos griep onderlede het nie.

George ·

Wat is so vreemd Hester? Gaan doen bietjie navorsing met dood en maratonne.

Jinksie ·

Dit het al van te vore gebeur. Ultra marathonne bv comrades vat nogal aan jou fisiese gesondheid.

Gaitsigubib ·

Waar is die beste plek om die data te soek? Is jy seker dis so algemeen wat ek kry niks.

VaalDonkie ·

Wikipedia seg daar was altesaam AGT sterftes by die Comrades, insluitend vanjaar se TWEE.

Jinksie ·

Daar was al 8 sterftes VOOR 2022 in die comrades. Gaan doen beter navorsing. LEES

Gaitsigubib ·

Dankie Piet, bo kry ek 2 maal die afpyl omdat ek gevra het. Darm kan ek nou gaan kyk en ‘n opinie probeer vorm.

Swerwer ·

Meegevoel met die families en vriende van die oorledenes. Kan maar net wonder of dit
“Covid Related Syndrome” is, want tans is daar baie mene wat afsterf agv.

Anonymouse ·

Nou Dit is ‘n interessante vraag. Ek ken iemand wat ernstig Covid gehad het voor die inenting beskikbaar was (wel ek het ‘n paar geken wat dit ernstig gehad voor die spuit, en wat nie meer hier is nie). En s het baie nagevolge van Covid nog, en sukkel met haar gesondheid.

VaalDonkie ·

Ja presies. COVID is ‘n vaskulere siekte wat die hart kan aantas as die behandeling nie betyds is nie. En die inenting wat so die hartspier aantas maak dieselfde moles. Want hartweefsel groei nie terug nie.

Nici ·

Ek sou graag wou weet hoeveel atlete elke jaar vir so 25 jaar, tydens die Comrades hartaanvalle kry en doodgaan.

VaalDonkie ·

die totaal tot en met 2022 is 8. Waarvan 2 hierdie jaar is.

piet ·

Ek dink daar’s hele paar hartaanvalle nie noodwendig sterftes nie. Ek weet dat baie opgeneem word vir mediese behandeling. Dis ‘n baie strawwe wedloop, kan nie goed vir jou gesondheid wees nie (veral nie as jy nie gereeld langafstande hardloop nie)

Christine ·

My vriendin se man is in die 1980’s tydens ‘n wedloop oorlede. Hy het griep onder lede gehad en dit het die hartspier heeltemal beskadig met die oefening. Nie alle mense weet dat jy nie kan oefen en sport beoefen as jy griep het nie.

Bumble ·

Just ONE question – what was their “quack” status? Hundreds, no thousands of sportsmen and women across the globe are dropping dead and all have JUST ONE THING IN COMMON – they have all been quacked.

The next obvious question is – why do all mainstream media maintain this global media blackout on the Truth????????

George ·

THOUSANDS of sportsmen dropping dead?! THOUSANDS? Please share your source with the proof and the names of the thousands you talk of.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.