Covid-19: Syfers styg nog landwyd

Verpleegsters by die Charlotte Maxeke-hospitaal in Johannesburg. (Foto: GCIS)

Suid-Afrika het Vrydag ʼn verdere 22 443 nuwe Covid-19-gevalle aangeteken. Die meeste hiervan was weer eens in Gauteng, waar 11 000 nuwe gevalle aangeteken is. Dié provinsie se hospitale steier reeds die afgelope maand weens ʼn styging in hospitaalinnames as gevolg van Covid-19. Dit lyk wel asof nuwe gevalle in dié provinsie sedert die begin van die week effens begin afneem het.

In ander provinsies neem die getal daaglikse gevalle egter steeds toe. In die Wes-Kaap is 3 215 nuwe gevalle aangeteken. Dit is die meeste daaglikse gevalle wat in dié provinsie aangeteken is sedert die derde vlaag van infeksies Suid-Afrika getref het. In KwaZulu-Natal en Limpopo het net meer as 1600 mense positief getoets.

 

ProvinsieNuwe gevalle
Oos-Kaap695
Vrystaat547
Gauteng11 680
KwaZulu-Natal1 694
Limpopo1 651
Mpumalanga1 225
Noordwes1 441
Noord-Kaap295
Wes-Kaap3 215

Só lyk die daaglikse inentingskoers. (Foto: NICD)

Altesaam 29,5% van die mense wat vir Covid-19 getoets het, het positief getoets. Die koers waarteen mense positief toets was reeds teen einde Junie, toe ʼn aangepaste vlak 4 van afsondering ingestel is, tussen 27% en 31%.

Soveel as 374 nuwe sterftes is ook aangeteken. Dit sluit in die burgemeester van Johannesburg, Geoff Makhubo, wat twee weke gelede weens Covid-19 in die hospitaal opgeneem is.

In die afgelope 24 uur is 869 mense in hospitale landwyd opgeneem. Die meeste Covid-19-pasiënte, 9 822, is tot dusver in private hospitale opgemeen terwyl 6 464 pasiënte in staatshospitale opgeneem is.

Gister is 175 740 mense ingeënt. Dit beteken 4 203 293 Suid-Afrikaners is tot dusver teen Covid-19 ingeënt.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Renier johannes ·

Sal nie af kom nie want hulle kaders maak net wat hulle wil

Chef ·

Dit sal interesant wees om die statistiek van nuwe infeksies van persone wat alreeds inge-ent is ook weer te kan gee. Dit is opvallend dat die koers van inenting (gradiënt) ooreenstem met die van nuwe infeksies. Vra maar net.

Thom ·

Absoluut niks daarmee te doen nie __ hou op om twak te praat ; Brittanje is op die punt om alles oop te stel na ‘n suksesvolle inentingsveldtog .

Chef ·

Dit sal goed wees indien jy die beweegredes van die NHS in Engeland om die beperkings te lig, in oënskou sou neem. Dit blyk ‘n doelbewuste blootstelling van die bevolking aan die virus te wees om die geprojekteerde infeksies in die komende wintermaande, te kan hanteer.

Anoniem ·

Wat? Kyk na hulle hospitaal en sterftesyfer dit is die rede hoekom hulle regulasies kan lig.

Chef ·

Daar is meer aan die situasie as slegs die syfers. Die Britse regering het ‘n ommeswaai gemaak en verander van ‘Mandatory governing’ na ‘Advisory governing’ model met inaggenome die risiko faktore, ekonomie, persoonlike verantwoordelikheid ens. ens. Die huidige infeksie koers van die VK is baie hoër as in die RSA. Asem word opgehou vir die verwagte infeksie koers teen 19 Julie en daarna.

TheGripReaper ·

Onthou die entstof verhoed nie noodwendig dat jy Covid opdoen nie. Dit verhoud dat jy ernstig siek word of selfs sterf. Gerbruik maar die jaarlikse griep inspuiting as voorbeeld. Jy kan nogsteeds griep kry, maar dit sal nie so dodelik wees nie. In ander lande met gevorderde inentings soos Engeland, het die aantal sterftes drasties afgeneem.

Landras ·

Dan moet hulle die sterftesyfer van die wat ingeënt is ook weergee – sodat die anti-vacciners kan sien wat maak die eintlike verskil . Sê ook net

Chef ·

Ek stem saam, maar dink jy nie dis in n mate onbillik om dadelik na ‘anti vaxer’ te verwys indien iemand slegs ‘n steling maak of ‘n vraag vra nie? Met verwysing na die viroloë wat aandui dat teenliggaampies eers 3-4 weke na inenting in werking treë, sal dit mos bydra tot algemene kennis om alle kante van die inenting en die virus te beskou. :-) Ek is verder van mening dat gesentraliseerde inentings sentra super verspreiding geleenthede skep. Hou die Wes Kaap dop

Leeuwyfie ·

Presies Chef! Jy moet blind wees om nie die vergelyking te erken nie. Enige iemand wat ander aanval oor hulle hierdie vrae het werk met verskuilde agendas. Ek begin moed verloor as mense nie vrae het nie. Die antwoorde wat ek hieroor gekry het is te min en onvoldoende. Maar die teenkanting wat ek kry agv my vrae laat my wonder hoekom soveel vitrioel? Is soveel informasie as moontlik nie belangrik nie? My geloof in die inenting is nie so groot dat ek dit net kan vat sonder beantwoorde vrae nie. As iemand sê dis verkeerd om te vra dan is daardie persoon of té goedgelowig of ‘n verkoopsman. Jy mág vrae vra.

piet ·

As meer as 3 biljoen suksesvolle inentings nou nog nie vir jou voldoende antwoord verskaf nie, sal niks nie.

Alida ·

Ek dink dis eerder ‘n geval dat die regering begin wakker skrik het toe hulle sien hoe drasties die infeksies styg, en toe uiteindelik bietjie woema aan die inentingsprogram begin gee het. Voor hierdie derde vlaag was die tempo van inentings maar tragerig.

annie ·

Skynbaar is die raat aan covid-positiewes wat tuis aansterk basies die gebruik van sink en vitamiene C-tablette om immuniteit te bou plus rus en gesond-eet. Volgens ‘n artikel in Lancet probeer dokters nou wanneer kieme juis gedy in die covid-klimaat oa met longontsteking ea, antibiotika weghou op grond van glo bevindinge oor oormatige gebruik. Dit wil tog blyk dat in sekere gevalle mense kon baat. Antibiotika was in 1918 ‘n onbekende en nou weier dokters om dit te gebruik. Iets ruik dus na rot.

Francois Le Cochon ·

Annie, antibiotika help vir die behandeling van bakterie, nie vir virusse nie.

piet ·

As jy Covid kry wat nie ernstig genoeg is om in ‘n hospitaal opgeneem te word nie, herstel jy in elk geval maak nie juis saak watter medikasie jy gebruik, hoe jy eet en watter vitamiene pille jy mag sluk nie. Medikasie en ander goed kan help dat jy vinniger herstel en beter voel maar jy sal ook sonder enige medikasie herstel.

Alida ·

My suster in die Suid-Kaap se dokter skryf die volgende voor vir pasiënte wat positief toets (alles by hulle plaaslike apteek gekry):
Ivermektien-pille (2 per dag vir 5 dae); Vit C; Zinium (bevat Zink)); Eccotrin (teen inflammatoriese reaksie en vir bloedverdunning); Peploc; Calciferol (bevat Vit D); Budaflam-asmapompie; hoesgoed om slym los te maak; en ‘n puls-oksimeter om suurstof in die bloed te meet. En dit is baie belangrik om hierdie medikasie so gou as moontlik te begin gebruik as ‘n mens positief getoets het, want baie daarvan is om ernstige komplikasies te voorkom. Dit help nie jy wag tot jy ‘n hospitaalgeval is nie – dan is dit eintlik te laat.

piet ·

Dis nie hoe ek die ding verstaan nie. Jy kry die ding in ‘n ernstige graad of nie. As jy dit in ‘n ernstige graad kry, moet jy hospitaal toe , geen vitamienpille, ivermektien, sink-pille of wat ookal gaan dan help nie. Dis dan hospitaal toe vir suurstof en spesiale behandeling.

Alida ·

Mense word ernstig siek weens komplikasies nadat hulle Covid opgedoen het, soos longontsteking of daardie “cytokine storm” waar jy ‘n oormatige immuunrespons kry wat jou organe beskadig. Daarom is dit belangrik om die komplikasies te verhoed.

Francois Le Cochon ·

Alida, ‘n boksie Smarties is baie baie goedkoper, en doen dieselfde. Ecotrin (Disprin) is die verkeerde bloedverdunner in hierdie geval. Dit moet eerder Rivaroxaban wees.

Oom Dawie ·

Gauteng net die hoogste omdat meer gevalle hier rapporteer word

Hennie ·

Dis maar net die getoetste getalle. Die infeksie koers is BAIE hoër as dit. En wie kan ons bedank – aan die slaap ANC regering. Dinge gaan nog baie erger word.

Leeuwyfie ·

Hi MM wees asb op die uitkyk vir mense wat die kommentaar bom met 2 tot 5 verskillende profiele.

Leeuwyfie ·

Seker Koos. Dis dalk presies die 3 profiele wat ék dink van een persoon kom. Hy mag dalk meer as drie hê. Ek wonder of hy vir die regering werk.

Jan ·

Die regulasies jaag die infeksies en nou jaag die inentings die sterftes terwyl die pharma al die pad bank-toe lag.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.