DA wil hof toe oor Zuma se parool

Oudpres. Jacob Zuma. (Foto: Emmanuel Croset/AFP)

Die DA het Dinsdag aangekondig dat hy die hof sal nader om die besluit om mediese parool aan oudpres. Jacob Zuma toe te staan te hersien.

Intussen het die burgerregte-organisasie AfriForum ook ’n amptelike skrywe aan Arthur Fraser, nasionale kommissaris van korrektiewe dienste, gerig waarin die besonderhede oor Zuma se paroolvrylating dringend versoek word.

Zuma is Sondag op mediese parool vrygelaat nadat ʼn verslag van sy dokter aan die departement oorhandig is.

John Steenhuizen, leier van die DA, sê die party sal ʼn aansoek in die hof bring om ’n rekord te bekom van die amptelike proses wat gevolg is om oor sy vrylating te besluit.

Die party het vroeër gesê dié besluit is teen die wet, aangesien ʼn versoek om op mediese parool geplaas te word, eers deur ʼn onafhanklike paneel oorweeg moet word.

“Indien dit aan die lig kom dat Fraser sy diskresie gebruik het om die besluit van ʼn hersieningspaneel van die hand te wys, sou ʼn bepaalde proses gevolg moes word.

“Dié proses sluit die verkryging van ʼn mediese verslag deur onafhanklike dokters bo en behalwe dié van Zuma in.”

Volgens Steenhuizen moet sodanige mediese verslag eers aan die paroolraad en dokters betrokke voorgelê word, voordat die kommissaris die hersieningspaneel se besluit van die hand kan wys.

Fraser is boonop ʼn bekende bondgenoot van die voormalige staatshoof en tree oor ʼn paar weke af.

“Dit is uiters belangrik dat die proses nie vir persoonlike of politieke gewin gemanipuleer word nie.

“Dit is veral noodsaaklik gegewe die debakel 12 jaar gelede toe mediese parool op soortgelyke verdagte wyse aan Schabir Shaik toegestaan is.”

AfriForum het ook in sy skrywe inligting oor die proses en besluit om mediese parool aan Zuma toe te staan versoek.

Die organisasie vra spesifiek of Zuma aan ʼn ongeneeslike siekte ly, wat sy mediese parool regverdig. Indien nie, moet besonderhede verskaf word oor die aard van die toestand wat dié besluit genoodsaak het.

AfriForum eis verder volledige terugvoer oor hoe Fraser tot die gevolgtrekking gekom het dat Zuma nie weer sal oortree nie.

Afskrifte van die geskrewe aansoek om mediese parool wat deur Fraser oorweeg is, sowel as die mediese verslag wat aanbeveel dat Zuma op mediese parool geplaas moet word, is ook aangevra.

“Dit is skreiend dat ʼn hoëprofielsaak soos dié in soveel geheimsinnigheid gedompel is.

“ʼn Mens sou dink die departement sou verseker dat daar geen onduidelikheid by die publiek sou wees oor die redes waarom hierdie besluit geneem is nie. Tog blyk dit met die eerste oogopslag dat hierdie besluit geneem is sonder dat daar aan die vereistes van die wet voldoen is,” sê Ernst Roets, hoof van beleid en aksie by AfriForum.

AfriForum sê hy het in die lig van die dringendheid van die aangeleentheid en die potensiële skending van geregtigheid versoek dat Fraser teen 10 September aan die organisasie terugvoer gee.

Volgens Roets sal Fraser se antwoord op AfriForum se skrywe bepaal of verdere regsaksie nodig is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Cherokee ·

Tydens sò ‘n insident, kan gedoen word sonder pessimisme.

Harley Davidson ·

Ek stem saam hulle doen iets,maar sal my stem he as hulle ‘n referendum uitroep sodat die weskaap kan afstig van die piesang Republiek.

Misky ·

Ek is werklik bly iemand volg op en laat dit nie net daar gelaat word nie, maar dis soos om teen ‘n muur te baklei. Hulle het te veel om te verloor as Zuma begin praat en Ramamparra mos reeds gesê hy is bly Zuma is vry

JohanR ·

Sal nooit teen die ANC wen nie. Polisie in die sak. Weermag in die sak. Hofe in die sak. Hoofde in die sak. OVK in die sak. Paroolraad in die sak. Korrektiewe Dienste in die sak. Soos om Everest te klim met 1000kg boomstomp aan jou been vas gemaak! Maar interessant Jacob Zuma is nog soos ‘n dief in die nag, of se maar sommer ‘n dief, want alles word hier tussen 2nm en 4nm gedoen. Toe ons die slaap uit ons oe Maandag more was, is Zuma uit op parool…..finish en klaar!

Aai ·

Korrupsie sal gepleeg word solank Zumpie daar is.Al sy kaders nog in hulle poste.

Okabe ·

Of ons die persoon bo verander gaan nie verskil maak nie. Die sisteem moet op sy kop gedraai word. Ons politikuste werk nie meer vir die mense nie. Ons werk nou vir hulle. Ons moet meer aktief in ons areas word en na ons self kyk vir verligting. Tot die sisteem nie verander is nie gaan dieselfde gebeur. Maak nie saak vir jy skree nie, DA, ANC, EFF, ACDP of enige ander politiese span, hulle kan net bestaan as daar onenigheid is. En elkeen sorg net vir homself.

Philip ·

Die kekkelende bandiet makeer net so min soos die man in die maan gee hom net die regte geleentheid en hy umshini wham of wat ook al weer op volle bors.

Cherokee ·

Ek is geen DA-aanhanger nie, maar dit is lekker om te lees dat húlle darem die saak opvolg, net soos AfriForum. Die VF+, vir wie ek stem, is tjoepstil. En moedelose mense sê hulle moet ophou dink en iets doen, maar Moedeloos is te moedeloos om iets uit te dink wat gedoen moet word.

Johan ·

C as ek reg onthou is jy soos die arme VF+ n diktatorskap regulasie aanhanger ook? Of het jy jou opinie verander Dr?

Philip ·

Balfour ek dink was die anc minister wat destyds die terminaal sheik van min beweerde dae oor met die kameras op televisie aan ons vertoon het.dit was nogal vir party mense n tranetrekker. dit was die ou dae toe mense nog goedgelowig was.Ek kan onthou net sy kop was sigbaar nogal heel dramaties gelyk op die draagbaar.Balfour is toe na ek verneem het kort daarna na Botswana ontplooi nooit weer van hom gehoor nie

Pieter ·

Julle mors julle tyd wat van belasting op stand vat die brein dood anc se geld weg.

Kobus ·

Hoe? Maatskappye word deur wetgewing verplig om belasting oor te betaal. Indien jy kos koop betaal jy. Daars nie ‘n manier nie. Verder het SARS ‘n mandaat om jou tjek / spaar rekenings leeg te trek as jy skuld.

Johan ·

Nou praat jy Pieter…van dan die wetgewing aan Kobus. Betaal vir geen diens is in enige taal diefstal, wat sal n hof sê van sulke wetgewing?

Johann ·

Onaantasbaar. .. Onverandwoordbaar. Kern Korrupte ZUMAIKIE CLAN wat maak en breek soos hulle wil. En dit sluit Ramapoza in wat verheug is oor Zuma se parool!

Zombie ·

As die krimineel wat tans op parool is, ń strikkie begin dra, sal mens weet.

Kobus ·

Hy kwalifiseer. Kriteria is “ongeneeslike siekte” Dus,sy siekte is lieg en bedrieg = ongeneeslik. Wag maar vir sy danspassies as hy weer toesprake lewer.

Catherina ·

Gaan niks help nie. Zuma lag en dans van vreugde. Wen altyd

piet ·

Hy sou in elk geval so oor ‘n maand en ‘n half gewone parool gekry het, tydmors en geldmors om nou die hof te nader.

Willem ·

DA los maar julle gaan nie regkom nie!Cyril is dan bly jz is op parool!!Dis tyd dat cyril sy dag in die hof ook kry!

Casper ·

Zumpie is minder as 2 jaar gevangenisstraf opgelê en hy is geregtig op vervroegde parool.Hy het ook nie ‘n ernstige misdryf gepleeg nie.

annie ·

Zuma het gewaarsku die ANC het ook geld ontvang uit die wapenskandaal en toe kondig Jessie aan dat die dokumente waarvan die ex-prez praat, snaaks genoeg soek is. Dit was die draaipunt. En toe word Zuma ernstig siek en raai-raai, einde van storie no 1. Die res is history. Die ANC beheer alles, ook die regstelsel. En dit is net die begin…

Strandloper ·

Nee wat die kaders sal ons nooit onder kry nie. Het nog nooit en sal ook nooit!

Hannelie ·

Hoekom is ons nog verbaas en verontwaardig? Glibberige vis die een!

Boer ·

Definisie van terminale siekte is: n hierdie sin, op die gebied van medisyne praat gewoonlik oor terminale siekte om ‘n baie ernstige gesondheidsversteuring te noem wat geen genesing het nie en wat onverbiddelik tot die dood van die pasiënt lei (dit wil sê in die einde van die lewe ). So in my oe Oscar Pistorius se familie het mos baie geld gaan betaal die Dr, om hom n sertifikaat te gee om golf te gaan speel. Daar is mos nou n president geskep.

Pablo ·

Hulle gaan niks van Frazer kry voor hy aftree nie. Dream on.

Hoekom ·

Niks gaan verander nie, die African National Cartel gaan ook nie ‘n gewete groei oornag nie en sal aanhou lieg en bedrieg.

Ons het 3 opsies:
Opstand.
Onafhanklikheid.
Hierdie vrot appel verruil vir groener gras erens anders.

Winnie ·

Hy is so glad soos ‘n paling in ‘n emmer daai goed in jou neus

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.