Deurbraak ná moord op Charl Kinnear

Lt.kol. Charl Kinnear (Foto: Facebook)

Die Valke het bevestig dat ʼn verdagte in hegtenis geneem is in verband met die moord op lt.kol. Charl Kinnear, bevelvoerder van die Wes-Kaapse teenbende-eenheid.

Die 39-jarige verdagte sal Vrydag in die Bishop Lavis-landdroshof verskyn, het brig. Hangwani Mulaudzi, Valke-woordvoerder, gesê.

“Die verdagte is Woensdag in Gauteng in hegtenis geneem en die besonderhede omtrent die moord is steeds onbekend.”

Daily Maverick berig intussen die verdagte is die seun van ʼn voormalige polisiekolonel en dat hy glo maande lank Kinnear se selfoon nagespoor het.

“Nog inhegtenisnemings kan nie uitgesluit word nie soos die ondersoek vorder,” het Mulaudzi gesê.

Kinnear (52) is Vrydagmiddag koelbloedig in sy motor voor sy huis in Bishop Lavis doodgeskiet. Hy is verskeie kere in die bolyf geskiet en deur paramedici op die toneel dood verklaar.

Kinnear is voor sy huis doodgeskiet.

Maroela Media het vroeër berig Kinnear, ’n lid van die Wes-Kaapse teenbende-eenheid en een van die land se topspeurders, het die Vrydagoggend net na 10:00 sy laaste boodskap aan sy vrou, Nicolette, gestuur.

Nicolette was ten tyde van die skietvoorval by die werk en is deur twee werkskollegas na die toneel gehaas. Op pad soontoe het sy die nuus ontvang dat Kinnear dood is. Haar twee seuns was tuis terwyl die oudste seun nog sekondes voordat sy pa doodgeskiet is met hom oor die foon gepraat het. Kinnear is kort na die oproep verskeie kere geskiet toe hy by sy huis stilgehou het.

Weens die verskeie hoëprofielsake wat Kinnear ondersoek het, het ʼn moontlike aanslag op sy lewe soos ʼn skadu oor die hele gesin gehang.

“Ons pa het ons voorberei vir hierdie dag. Dit was altyd in jou agterkop, dit kan enige dag gebeur. Dit is hartseer dat dit buite die huis moes gebeur, maar ek sou nie wou gehad het dat my pa in ʼn vreemde straat moes doodgaan nie,” het Carlisle Kinnear, die egpaar se oudste seun, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

My Mening ·

My innige meegevoel aan al sy geliefdes. Dit bly maar hartseer en dit net omdat hy sy werk gedoen het. Mag die skuldiges aan die pen ry en sommer vinnig ook!!

Casper ·

Sy gesig vertel vir jou die verhaal van ‘n hardwerkende eerlike polisieman en ek glo hy was gevrees deur misdadigers maar geliefd onder kollegas.Hierdie was ‘n huurmoord beplan deur misdadigers wat deur hierdie briljante polisieman ondersoek is en dinge het te warm geraak vir hulle.Aan die familie onthou hom in julle harte en streef sy nalatenskap na.

JohanR ·

MM – sal interesant wees as die volgende geverifieer kan word – Charl Kinnear the Anti-Gang unit cop gunned down in Cape Town on 18 September was not shot by a gang member but by cops because he was investigating two police brigadiers. A police tracking device was found attached to his vehicle. As dit waar is dan het Charl Kinnear nie ‘n kans gestaan nie, al was Bheki Cele se bek soe groot om Kinnear nie lyfwagte gehad het nie. Stem ook ooreen met die verdagte is die seun van ʼn voormalige polisiekolonel. Met hierdie storie kan dit wees dat Bheki Cele is geskiedenis!

johanf ·

Al my vertroue in jou verloor, mbeki cele…..soos menigte ander van julle……
Weereens my innige simpatie, aan al die familie en naasbestaandes….

Trotse Boervrou ·

JohanF, jy het hom sekerlik nie ‘n sekond vertrou nie, of het jy?

Miskruier ·

Bring dit die eggenoot en pa terug?? Skandpaal vir die SAP

Thys Dup ·

‘n Lewe is niks werd in vandag se tyd nie. Soveel geweld, selfs in Sepies. Ons sien nou die uitwerking op jong mense toe Menseregte ingestel is. Dit is ‘n monster wat ons nie gaan tem nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.