Dié inwoners moet veral water spaar

(Argieffoto: pixabay)

Die Tshwane-metro het Dinsdag ʼn aantal sondaars uitgewys wat veral baie water in en om Pretoria verbruik en gevra dat inwoners in dié gebiede werk daarvan maak om hul waterverbruik te verminder.

Volgens die munisipaliteit maak fase 4-beurtkrag dit boonop moeilik om water uit die reservoirs te pomp en voorspel dit verdere waterbeperkings indien inwoners se waterverbruik nie drasties verminder nie.

Daryl Johnston, burgemeesterskomiteelid in Tshwane, sê die metro ervaar vir die afgelope paar weke ʼn toename in die hoeveelheid water wat inwoners verbruik.

“Eskom se aankondiging vanoggend het ʼn groot uitwerking op Rand Water se pompkapasiteit, asook die interne pompfasiliteite in Gautengse munisipaliteite. Daarom is dit nodig om inwoners opnuut te vra om water te bespaar.”

Daar is egter ʼn paar woongebiede in Tshwane wat skynbaar dié versoek ignoreer, aangesien hulle “steeds hul verbruiksvlakke oorskry,” sê Johnston.

Die metro sê inwoners van die volgende gebiede moet veral op hul waterverbruik let:

  • Garsfontein
  • Constantia Park
  • Mamelodi
  • Pretoria Central
  • Soshanguve
  • Akasia
  • Ga-Rankuwa
  • Hatherley
  • Laudium
  • Mabopane
  • Kosmosdal, Centurion

Rand Water het reeds vroeër vandeesmaand fase 2-waterbeperkings ingestel in ʼn poging om die daling in die metro se reservoir-opgaarkapasiteit hok te slaan.

Ingevolge fase 2-waterbeperkings mag tuine in die Tshwane-metro nie met ʼn tuinslang of besproeiingstelsel natgelei word nie, tuinslange mag nie gebruik word om opritte of stoepe skoon te maak nie, voertuie mag nie met die gebruik van ʼn tuinslang gewas word nie en swembaddens mag ook nie opgevul word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

JohanR ·

En hier is ons nou……’n land sonder water, en ‘n land sonder krag. Wie gaan julle voor stem, NDZ of Cyril?

Manie ·

Die stemvee sal weer tevrede wees met ‘n botteltjie water, T-Hemp en kospakkie.

Antoinette ·

Nouja. Ons moet water bespaar en minder gebruik.
Wat van n waterlek vanaf Sondag.
Geen werker insig om die waterlek reg te maak.
Duisende, derduisende liters water spoel die straat af.
En ons? Geen water in ons plekkies nie. Ons moet water by die “spuitfontein” gaan haal om mee te bad, skottelgoed, toilet te gebruik.

domheks ·

VIVA cANCer!!! Geen instandhouding nie – want dan is daar nie genoeg geld om salarisse te betaal nie.

Johan ·

N probleem wat hulle 100% skep, en nou moet die betalende mense verbruik verminder. Die dam is vol en daar is baie water!

Adriana ·

Interressant watter areas word genoem, laat mens wonder, areas wat gratis water en ligte kry is die wat die meeste mors

Andrew ·

As na die areas gekyk word is die interresante deel hoeveel van die areas moontlik nie betalers is van erf belasting of krag aan Tshwane.

Heleen ·

Constantia Park??
Daar was hoeveel keer n waterlek aangemeld maar die water het vir weke uitgestroom by n pyp..
Die tentedorp in Erasmuskloof het dit verwelkom want hulle het lekker lopende water gehad!!!
WTF ANC!!! die raak nou belaglik

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.