DKD ‘respekteer’ hof se besluit

Oudpres. Jacob Zuma. (Foto: Emmanuel Croset/AFP)

Die departement van korrektiewe dienste (DKD) het nog nie besluit of oudpres. Jacob Zuma weer by die Estcourt- korrektiewe sentrum sal moet aanmeld nie.

Die DKD het wel kortliks gesê hy respekteer die appèlhof in Bloemfontein se besluit om die oudpresident se appèlaansoek oor sy vrylating op mediese parool van die hand te wys.

“Die DKD respekteer die hof se besluit en sal die volle uitspraak bestudeer in die poging om binne die vereiste tydraamwerk te besluit oor die pad vorentoe,” het Singabakho Nxumalo, woordvoerder van die departement, Maandag gesê.

Herman Mashaba, president van Action SA, moedig intussen die kommissaris van die departement van korrektiewe dienste aan om ʼn “onpartydige en apolitieke” besluit te neem wanneer daar beslis word of die tydperk wat Zuma op sy sogenaamde mediese parool uitgedien het, by sy huidige vonnis gevoeg moet word.

“Die misbruik van regsprosesse wat vir bona fide- medies siek persone beskikbaar behoort te wees, moet nooit goedgekeur word nie.”

Dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, sê die DKD het tot dusver, met sy optrede en die toestaan van mediese parool, ʼn klug van Zuma se aanvanklike vonnis van 15 maande gemaak.

“Tot nou toe het die optrede van korrektiewe dienste en die departement van justisie ʼn netelige presedent oor strafloosheid geskep … Dit is in die belang van regspleging dat ʼn herhaling van die Schabir Shaik-klugspel voorkom word.”

Dié voormalige finansiële raadgewer van Zuma is in 2005 tot ʼn effektiewe 15 jaar tronkstraf gevonnis vir korrupsie en bedrog. Hy is egter in Junie 2009 op mediese parool vrygelaat.

Shaik se vrylating op mediese parool het destyds tot groot omstredenheid gelei weens sy bande met Zuma. Daar is onder meer aangevoer dat hy in die eindstadium van ʼn terminale siekte was. Hy is egter ná sy vrylating op mediese parool talle keer in die openbaar gesien, onder meer waar hy gholf speel.

Mashaba het vandag daarop gewys dat Zuma teen dié tyd bekend is vir sy Stalingrad-taktiek.

“Hy het veels te lank aanspreeklikheid ontduik. Suid-Afrikaners verwag ongetwyfeld van hom om hierdie hofbeslissing na die Konstitusionele Hof te appelleer, in ʼn poging om die regsproses uit te rek.”

Maroela Media het vroeër berig twee howe het nou reeds bevind dat Zuma nooit op mediese parool vrygelaat moes word nie nadat die appèlhof Zuma en Arthur Fraser se appèlaansoek oor Zuma se vrylating op mediese parool Maandag met koste van die hand gewys het.

Mashaba het voorts gesê daar mag nie van Fraser, ʼn voormalige kommissaris van die DKD, se aandeel in Zuma se vrylating vergeet word nie. Fraser het goedkeuring vir die oudpresident se vrylating op mediese parool gegee ondanks die adviesraad vir mediese parool wat die aansoek afgekeur het.

“Ook hy moet verantwoordelik gehou word.”

Groenewald het op sy beurt gesê Zuma se vrylating op mediese parool was ʼn ondermyning van die land se strafregstelsel en duidelik ʼn poging van Fraser om Zuma te help om sy straf te ontduik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

WILLEM ·

What go-es around comes around. Tyd raak min vir Zuma en sy taktiek!!

Sênet ·

Wat gaan gebeur met die mense wat parool aan hom toegestaan het?

Strandloper ·

Defnetief bevorder word. Die kaders dink en werk mos gat oor kop.

domheks ·

Dankie! Ek het al by vorige skrywe gevra wat van ou Arthur Fraser, kan hy maar doen en se wat hy wil? sonder enige gevolge? Gedink as Sheik daarmee kan weg kom sal zuma ook kan.

Hercules ·

“But their bows will break, and their swords will pierce their own hearts. A few good people are better than a large crowd of those who are evil”
Psalms 37:15‭-‬16

Swerwer ·

Mag hy sit, en hom toekom wat hy aan ander doen. Natuurlik was Zuma se vrylating op mediese parool ondermyning van die land se strafregstelsel. Dit is hoekom Frazer en Zuma nou vir Ramaphosa teiken om hul eie wetteloosheid te probeer verbloem.

Cobus ·

Hy moet eintlik nog twenty and million seven fourty dae by kry vir die skelm taktiek waarmee hy ontslaan is.

Martie Smartie ·

Hoekom is daar nog nooit n klag van regsverydeling teen Fraser ingedien nie?

Onnie ·

I’m dreaming of an orange Christmas… just like the ones I used to know…

Anel ·

Nou hoe kan ‘n kommissaris ‘n hofbevel verontagsaam? Zuma moet tronk toe en klaar. Hy het nou genoeg geld gemors!!!

SjN ·

Kader Fraser moet ook aangekla word, hy was dan verantwoordelik vir die onwettige vrylating. Benoude katte maak benoude spronge.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.