Dodetal skerp opwaarts aangepas in Pongola-ongeluk

(Foto: @TrafficRTMC/Twitter)

Die dodetal is teen Vrydagaand skerp opwaarts aangepas ná ʼn ongeluk Vrydagmiddag op die N2 tussen Pongola en Piet Retief in KwaZulu-Natal.

Robert Mckenzie, woordvoerder van die KwaZulu-Natalse nooddienste, het bevestig die ongeluk het 21 lewens geëis, waarvan 19 kinders (tussen vyf en twaalf jaar oud) en twee volwassenes.

Paramedici was laataand steeds op die toneel.

Maroela Media verneem die bestuurder van ʼn vragmotor wou ʼn ander voertuig op ʼn sperstreep verbysteek toe hy die bakkie reg van voor getref het. Die laerskoolkinders is agterop die bakkie vervoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Flip ·

Ry daardie pad gereeld en het nog nie een keer gekry dat daar NIE n kans gevat word deur een van daai trokke nie. Gaan verby op dubbele sperstreep, teen n blinde hoogte, om n draai. Dis asof daardie trok drywers iets drink of rook voordat hulle agter die stuur inklim. Sluit die drywer en die eienaar toe!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.