Drie vas ná moord op skaapwagter

Skape_karoo_stiltetyd (2).jpeg

Foto ter illustrasie. (Foto: Annelize Brits / Maroela Media)

Drie verdagtes is in hegtenis geneem nadat ʼn skaapwagter Saterdag op ʼn plaas in Zamdela by Sasolburg vermoor en byna 100 skape gesteel is.

Die slagoffer is as Hlompho Patrick Phale geïdentifiseer.

Sers. Mahlomola Kareli, polisiewoordvoerder, sê met polisie se aankoms op die toneel het hulle die 33-jarige Phale met ʼn skietwond aan sy buik aangetref.

Sy hande en voete was met toue vasgebind.

Kareli sê 98 skape is tydens die voorval gesteel.

“Die Zamdela-polisie het ʼn saak van moord en veediefstal aanhangig gemaak en ʼn ondersoek van stapel gestuur. Die ondersoek is deur die provinsiale eenheid vir georganiseerde misdaad oorgeneem waarna drie verdagtes binne 48 uur ná die voorval in hegtenis geneem is.

“Die verdagtes is met behulp van ʼn intelligensiegedrewe inligting in Randfontein in Gauteng in hegtenis geneem. Die span het ook 18 van die gesteelde skape teruggevind.”

Volgens Kareli word meer inhegtenisnemings verwag.

Die drie verdagtes sal Donderdag (vandag) in die landdroshof op Sasolburg verskyn. Hulle word van moord en veediefstal aangekla.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Di ·

More is hulle weer uit op borg, die tronke is tot oorlopens toe vol van hulle. Regering sal dringend BAIE MEER tronke moet begin bou. Laat hulle weer begin klippe kap en werk vir hulle verlyf

Sarel ·

Drie mense in hegtines geneem…
Terwyl ‘n eenvoudige Skaapwagter sy lewe verloor het gaan daar natuurlik gekyk word na die ” REGTE”
van die Misdadigers.
Gaan Bheki Cele die Skaapwagter se gesin besoek
Glo nie …

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.