E-tol dalk betaal deur meer belasting te verhaal

e-toll

(Argieffoto)

Inwoners van Gauteng kan dalk binnekort meer belasting betaal sodat die skuld wat aangegaan is om die e-tolpaaie te bou, eindelik vereffen kan word.

Die DA voer egter aan dat daar reeds genoeg geld deur brandstofheffings bekom is om die miljarde rand se skuld te vereffen.

Die nuwe Gautengse premier, Panyaza Lesufi, wil glo met ʼn “nuwe inkomstemodel” vorendag kom om die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) se skuld te delg, aangesien bitter min motoriste hul e-tolrekeninge betaal.

Fred Nel, DA-woordvoerder oor paaie en vervoer in die Gautengse wetgewer, sê die enigste manier waarop ʼn nuwe inkomstemodel bedink kan word, is óf deur ʼn nuwe soort belasting in te stel óf die bestaande belasting op byvoorbeeld voertuiglisensiegeld te verhoog.

Volgens Nel moet Lesufi se planne egter nie gesien word as ʼn manier om weg te doen met e-tol nie, aangesien Gautengse motoriste steeds op een of ander manier gaan opdok hiervoor.

Die DA voer aan daar word reeds genoeg inkomste gegeneer deur die brandstofheffing in Gauteng om die Gautengse snelwegverbeteringsprojek (GFIP) te finansier. Gauteng genereer die grootste deel van brandstofheffings en belastings in Suid-Afrika.

“Dit is dus moontlik om die GFIP-skuld te vereffen deur bestaande inkomstegenererende meganismes te gebruik,” sê Nel.

Sanral het destyds miljarde rande aan die e-tolstelsel bestee. Motoriste boikot egter die betaling van e-tolgeld en die plaaslike regering het onderneem om Sanral te help om die uitstaande bedrag te vereffen.

Verskeie politieke en burgerregte eis sedert die aanvang van die gehate stelsel dat dit geskrap word, en die voormalige Gautengse premier David Makhura het verskeie kere in die verlede reeds beloof om presies dit te doen. Die finale besluit lê egter by die nasionale departement van vervoer en dié beloof al vir meer as ʼn jaar om ʼn finale aankondiging in hierdie verband te maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Vettiemaragartos ·

Ag loop blaas doppies man! Ons betaal belasting, lisensie gelde op ons voertuie, elke 5 jaar vir ‘n nuwe lisensie kaart en brandstof heffings. Ek dink tussen die klompe geld sal jul iewiers 5c kan uitkrap om jul skuld te betaal.

Harry ·

Ja but remember the money you are talking about only sustains their luxury lifestyles so they can’t use that. They have to come up with something else.

Harry ·

Rather auction off Nkandla and use the proceeds to pay off the e-toll. Or cut all Gauteng counsel members’ salaries so they can pay for it, it is them that put it up after all.

Lillian ·

I have said the same, Zuma does not even live at Nkandla, it might as well be sold and the money put to good use. At the end of the day, it is our tax money that renovated that property.

Agge nee ·

Doen net weg om die simpel onbemande oorhoofse geldstelers. By al die ander tolhekke betaal almal, of jy van Gauteng af is of nie. As jy die pad gebruik, betaal jy. Wat maak julle met al daardie geld?

Henry ·

Al wat hulle moet doen is om hulle reuse salarisse en byvoordele te verminder. Ek is die ooskaap hoekom moet ek hulle tolgelde betaal wat ek nie gebruik nie.

Fritz ·

Die probleem is dat die klein groepie mense wat belasting betaal moet weer die groot meerderheid se deel ook betaal!

Harry ·

You get what you vote for. I stay in Gauteng and do not vote for the ANC but this is how democracy works unfortunately.

Alex ·

Dus, ek het getrou betaal tot nou toe. Moet ek nog meer belasting betaal oor ek in Gauteng bly en daarby vur die ander wat volgestaan het om nie te betaal nie. Moet ek ook belasting betaal vir internationale besoekers se reis en van die ander provinsies.???

Nettie ·

Mnr Lesufi, verhaal die geld wat vir sanitasie van skole uitgesit was? Dit sal sekerlik ‘n paar gaatjies toestop, nie waar nie?

Jr ·

Nou eers n paar dae in die stoel en le phoofies se kop raas ook. EFF OFF LEPHOOFI

Althes ·

Ek het geweet Lesufi se fufi van skrap van e-tol te goed is om waar te wees.

Elize ·

Hierdie lufuvoertsek het ons skolestelsel opgemors in Gauteng nou wil hy almal weer begin melk want die gemors het nou groter sê gekry. Behoede ons wat in Gauteng bly onder hierdie wese

Jr ·

En hier is my oplossing. Nie een van ons hernuut ons lisensies laat daar honderde duisende ongelisenseerde karre op die pad wees. n tax revolt met salarisse is bietjie moeilik, maar hierdie tax revolt is in MY HANDEwat dit kan weerhou. Kom ons kyk lephoofi hoe ver kom jy dan. Hulle kan ons almal arresteer. So what??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.