EFF vies oor AfriForum metroraad help

Grandi Theunissen, LUR vir gemeenskapsveiligheid in Tshwane.

Die EFF wil ’n strafregtelike klag teen Grandi Theunissen, die LUR vir gemeenskapsveiligheid in Tshwane, aanhangig maak omdat hy die burgerregteorganisasie AfriForum se ondersteuning tydens ’n onwettige staking die afgelope week ingespan het.

Die party voer aan dat Theunissen “geweld aanhits” en die “rassistiese idee bevestig dat wet en orde in die stad slegs deur wit oppergesag onderhou word”. Die EFF beskuldig Theunissen voorts daarvan dat hy polisiefunksies aan ’n “groep wit arrogante seuns [AfriForum] uitgekontrakteer het”.

“Die EFF beskou hierdie optrede as ’n skending van basiese menseregte en georganiseerde arbeidsregte wat ten sterkste veroordeel moet word,” lui die party se verklaring.

Theunissen het Vrydag aan Maroela Media gesê dat die EFF se optrede niks anders as ondeurdagte, oningeligte en goedkoop politiekery is nie. Hy meen AfriForum is, soos ander betrokke gemeenskapsorganisasies en polisiëringsforums, daar om ondersteuning te verskaf sodat veiligheid en dienslewering verseker kan word.

Onwettige en gewelddadige stakings het dienslewering in dele van die stad oor die afgelope vier dae lamgelê. Dié staking word glo deur ’n aantal ongelukkige werknemers van die Tshwane-metroraad gedryf. Hulle is glo aan die vakbond Samwu verbonde. Samwu beweer egter dat hy nie die staking dryf nie.

Theunissen sê hy het AfriForum gevra om sy hommeltuie te ontplooi om intydse inligting aan die Tshwane-metropolisie te verskaf met betrekking tot die betogers se ligging en aktiwiteite.

Werkers van die Tshwane-metroraad staak al vir vier dae. (Foto: Mohlaloga the Les/Twitter)

AfriForum-buurtwaglede, gemeenskapspolisiëringsforums en wetstoepassers het ook die situasie waargeneem en die gesamentlike operasionele sentrum van die nodige inligting verskaf.

Theunissen sê die metroraad- en polisie het nie die vermoëns om oral te wees nie, aangesien die staking en gepaardgaande geweld wyd oor die stad uitgekring het. Die metro het ook nie self al die nodige toerusting, soos hommeltuie, tot sy beskikking nie.

Hy sê voorts dat die metro, benewens AfriForum, ook saam met meer as 600 lede van gemeenskapspolisiëringsforums en meer as 160 lede van private veiligheidsmaatskappye werk om veiligheid gedurende die onrus te help verseker.

Tegnici verbonde aan die metro spook intussen om kragtoevoer in gebiede te herstel waar onderbrekings voorkom, aangesien hulle glo deur stakende werkers gedreig word.

“Die stakers intimideer nie net lede van die publiek nie, maar ook werkers – onder wie noodsaaklike werkers wat instandhouding aan elektriese strukture moet doen. Die stakers beskadig en vernietig ook infrastruktuur. Hulle hou ’n algehele gevaar vir lede van die publiek in.

“Die burgerlike organisasies wat hul bystand aan die metro bied, word glad nie vir dienste vergoed nie. Hulle neem ook hoegenaamd nie bevel oor nie en tree geensins teen die gemeenskap op nie. Hulle is daar vir ondersteuning en waarneming – soos wat hulle die Suid-Afrikaanse Polisiediens al menige kere bygestaan het.”

Hy sê die raad het sekerlik dieselfde voorreg as die polisie om hande met burgerlike organisasies te vat om veiligheid en dienslewering te verseker.

“Ek daag die EFF uit om dieselfde te doen en ook te help.”

Randall Williams, Tshwane se burgemeester, sê nadat die onwettige staking begin het, het die stad onmiddellik verskeie hulpbronne en departemente gemobiliseer om te verseker dat die metro toepaslik reageer omdat dit baie duidelik was dat die oorgrote meerderheid van Tshwane-werknemers wel hul werk wil voortsit.

“Ongelukkig bevlek Samwu se optrede ons almal, en gooi hulle ’n wolk oor alle Tshwane-werknemers. Wanneer klein groepe werknemers dreig, intimideer en verhoed dat hul kollegas hul pligte uitvoer, is dit nie ’n arbeidsaangeleentheid nie, maar polities van aard.” Die stad sê hy oorweeg nou regstappe teen Samwu vir minagting van die hof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Jacobus ·

Dankie Afriforum, die EFF clowns is maar bang vir julle. WELL DONE!!!!!!

Philip ·

Die slymkop en sy tuindwerge moet net weet die dag dat die boere en ander blankes/goedgesinde publiek breekpunt bereik sal daar nie plek wees om te vlug nie maar miskien soek jy die konfrontasie moena.

Misky ·

My tone krul van lekkerte!!!!! Hhulle hou nie daarvan as die witmense saamstaan en mekaar help teen hulle afbreek en vernielsugtigheid nie.

Jannie van Niekerk ·

Afriforum moet dit doen anders plunder die EFF ondersteuners alles en steek al wat gebou is aan die brand.

Pietertjie ·

Is daar enigiets waaroor die “EFF” nié stry of baklei of breek nie? Hoekom bly hulle so nuuswaardig?

Tikkel Tokkel Jimpels Gogga ·

EFF is net goed om anargie en chaos te veroorsaak. Hulle floreer op geweld en stel nie belang in vrede nie, maar die saai van onmin en verdeeldheid en om met alles stroom op te neuk. Om geskille ordelik en vreedsaam te besleg en versoenend op te tree bestaan nie in hul verwysingsraamwerk nie. Hierdie party moet so gou as moontlik verban word en moet hulle bedrywighede tot stilstand gedwing word. Hulle hou ñ wesenlike gevaar vir SA se demokrasie, vooruitgang en om vrede te bewaar en teweeg te bring onder die verskeie diverse bewolkingsgroeperinge. Hulle is gif vir die hedendaagse samelewing.

domheks ·

Shame! die arme eff kon nie ‘shine’ vang om te help nie. Nou word lof aan die WITMENSE toe geswaai. Word tog net groot – gooi weg die fopspene!

Voilet ·

Malema is die mees rasistiese persoon in die land, maar blameer altyd wit mense

Theo ·

Dit is nou tipies die uitlating wat gemaak sal word as jy die standaard in skole afbring. Ek skud net my kop en sê siestog.

Anel ·

Wel, dankie Solidariteit. In ons buurt het hulle die parke oorgevat en hou dit in stand en dit lyk nou so mooi en skoon. Hulle maak ook die slaggate toe. Maar ons moet munisipale rekeninge betaal! Verder het die spul betogers glo van die waterkrsne toegedraai gister, mdg dat ons geen water gehad tot vanmiddag nie. Dit is sabotasie! Dankue die stakers af. So moeg vir al die onbevoegdheid. En as mens kla of iets doen, is jy verkeerd en ‘n rasis! Sekuriteitsmaatskappye doen in elke geval meer as die SAPS en meer doeltreffend!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.