EFF wil hof toe oor Reserwebank se Phala Phala-verslag

Julius Malema, leier van die EFF. (Foto: EFF/X)

Die EFF gaan die hof nader om die Suid-Afrikaanse Reserwebank se verslag oor die sogenaamde Phala Phala-dollars te laat hersien.

Julius Malema, leier van die EFF, sê die verslag is “duidelik ʼn poging om die misdade by Phala Phala weg te steek” terwyl “staatsinstellings misbruik word om die president van Suid-Afrika te beskerm”.

“Ons verwerp met minagting die Reserwebank se toesmeerdery van die Phala Phala-misdaad en die onregmatige smokkel en gebruik van buitelandse geldeenhede.

“Ons gaan die verslag oor die Phala Phala-dollars vir hersiening in die hof neem,” het Malema Sondag gesê.

Die Reserwebank het verlede week sy verslag oor die ondersoek na die geld bekend gemaak. Dit het nie veel besonderhede bevat nie en is ook nie in die geheel bekend gemaak nie. Die Reserwebank het bevind dat pres. Cyril Ramaphosa se Ntaba Nyoni-landgoed, wat die Phala Phala-wildplaas besit, nie wetlik geregtig was op die geld wat dit van ʼn Soedannese sakeman vir die aankoop van buffels gekry het nie, omdat die transaksie nie afgehandel is nie en daar geen wetlike verpligting op Ramaphosa of Ntaba Nyoni was om die geld ingevolge regulasies te verklaar nie.

Malema het Sondag gesê Lesetja Kganyago, president van die Reserwebank, staan in die middel van die “verwoesting” van die “goeie naam” van die bank ter beskerming van Ramaphosa.

Maroela Media het vroeër berig sommige kenners beskryf die bank se verslag as “minder bevredigend”, maar meen steeds nie die instelling se bevindings was ʼn teken van politieke inmenging by die bank nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Alex ·

Interessant hoe die howe te goede moet inkom as daar n opposiesie politieke geskil is, maar die sit self met n VBS skandaal wat net so erg is en niks het van dit gekom nie.

annie ·

Nou moet die hof weer in sy guns beslis. Miskien moet Malema sy deuntjie se woorde wysig. Nie meer kill the boer nie maar kill our lies…

Trotse Boervrou ·

Stem ons nou wragtig ‘n slag saam oor ‘n saak wat beslis aandag moet geniet. Wonder ek net so in dieselfde asem wat van die hofsake teen die uwe geword het. Sloer dit al bietjie lank of verbeel ek my net?

ES ·

Ag ja ou Julius. En wat van al die geld wat jy die ontvanger skuld? Wanneer betaal jy dit bietjie?

Kabous ·

Hey word wakker, jy moet krap waar dit jeuk, jy kan nie eers somme maak nie!!!

Papsak ·

Ja ek stem ook saam hierdie keer laat daai saak bietjie opreg onder soek word hy lieg oor daai gelde

ES ·

Die groot probleem is dat die al die ondersoeke ons belastingbetalers miljoene kos.

chris ·

Dit is snaaks hoe die man en nie die bal gespeel word nie!VBS was en is verkeerd en net so Phala Phala!Hoekom het oom Cyril nie dieselfde gedoen rondom VBS nie?Ons word so meegesleur deur die hoofstroom narratief wat aan ons voorgehou word om vir of teen ‘n persoon kant te kies dat ons die saak miskyk!So word ons elke dag gevoer met slegs negatiewe berigte oor sekere individue.Besluit self wie hulle is !

Wondermaarnet ·

Een goeie ding wat die EFF wil doen, maar wat van hul eie sondes wat onder die mat ingevee word?

Sê maar net ·

Mmmmm. Wonder waar kry mal- ema die geld vir al die hofsake….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.