Eskom besin later oor beurtkrag

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Die kragstelsel toon goeie vordering en Eskom sal later vandag besluit of genoegsame kragreserwes opgebou is om beurtkrag vroeër af te skaf.

Jan Oberholzer, Eskom se bedryfshoof, het Vrydagoggend tydens Eskom se jongste mediakonferensie gesê die kragvoorsiener sal 17:00 weer besin oor wanneer fase 2-beurtkrag opgehef sal kan word. Suid-Afrikaners sal voor 18:00 van dié besluit ingelig word.

Die vordering sluit in die terugkeer tot diens van eenheid 1 by die Kusile-kragstasie sowel as die nie-kommersiële eenheid (eenheid 4) wat in die stadium uitstekend presteer. “Die eenheid word egter nog slegs vir toetsing gebruik en die prestasie van dié eenheid sal nie oorweeg word wanneer die besluit rakende beurtkrag gemaak word nie,” het Oberholzer gesê.

Maroela Media het Donderdag berig Eskom sukkel om ʼn probleem met opwekkingseenheid 1 op te los. Kusile het gevolglik slegs een eenheid wat tans krag opwek.

Phillip Dukashe, hoof van opwekking by Eskom, het op sy beurt gesê verskeie eenhede sal teen Maandag tot diens terugkeer. Dit sluit in een eenheid elk by die Lethabo-, Kusile- en Matimba-kragstasie.

“Ons is in ʼn baie beter posisie as toe ons besluit het om fase 2-beurtkrag te implementeer,” het André de Ruyter, uitvoerende hoof van Eskom, gesê.

Altesaam 11 258 MW is tans weens onbeplande herstelwerk nie beskikbaar nie, terwyl nog 6 580 MW weens beplande herstelwerk uit die netwerk gehaal is.

De Ruyter het daarop gewys dat onbeplande kragonderbrekings in die stadium baie beter vertoon vergeleke met die 14 994 MW toe beurtkrag Woensdag ingestel is.

Die land se damme is ook vol en daar is tans oorgenoeg diesel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

krodedil ·

Damme soos Garioep en Van der Kloof gebruik water om krag te maak. Diesels word op generators gebruik.

Swerwer ·

En so dink hul slimmmes ons onnoseles glo alles wat hul slimmes kwytraak.
Probeer weer Eskom.

SlinkseKoljander ·

Dit is lekker as jy kan reguleer hoe mense hulle lewe moet ly.
Loop spring in n dam Eskom!

VaalDonkie ·

Ek hardloop eerder my televisie op steenkool en kaggelhout voor ek 2023 binnegaan en nog van Eskom afhanklik moet wees.

Pampoen ·

Ek weet nie wat is die ergste nie – Die beurtkrag of die gedurige wisseling van besluite. Dan is dit aan en dan is dit af. Geen mens kan beplanning doen onder sulke omstandighede nie. Eskom hou ons noodwendig gevange om aan hulle lippe te hang om te hoor waneer ons ons wasgoed kan was.

Di ·

Haal my hoed af vir De Ruyter! Hy het regtig een groot gemors geerf die dag wat hy Eskom oorgeneem het. Ek is positief dat hy wel daarin sal slaag dat Eskom beter begin vaar, moet net eers van al die onbevoegde Kader aanstellings ontslae raak!

Surfer ·

Dink net wat gaan gebeur as hy dit die dag moet terug gee aan “our people”. Bele jou geld in n kers fabriek. LoL.

Vinny ·

Ja sal beter wees as hulle beurtkrag opskort, dan kan ons weer vir 5 dae aaneen sonder krag wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.