Fase 4-beurtkrag onbepaald ingestel

Argieffoto.

Beurtkrag fase 4 is Vrydagmiddag onbepaald ingestel nadat Eskom reeds vroeër die dag verskeie onvoorsiene onklaarrakings aangemeld het.

Die kragvoorsiener sê hy moet noodgedwonge fase 4 volhou weens die noodopwekkingsreserwes wat nou uitgeput is.

Eskom voorsien boonop dat die veranderinge in beurtkragfases nog meer wisselvallig sal word “weens die afwesigheid van ʼn buffer wat normaalweg deur die dieselopwekkingskapasiteit verskaf word”.

Sedert Vrydagoggend is ʼn opwekkingseenheid elk by die Kendal- en Kriel-kragstasie aflyn vir herstelwerk. Terselfdertyd is daar vertragings om ʼn eenheid elk by die Arnot-, Grootvlei-, Hendrina- en Tutuka-kragstasie weer by die netwerk te voeg, wat tot verdere kapasiteitsbeperkings lei.

ʼn Opwekkingseenheid elk by die Camden-, Kriel-, Tutuka- en twee eenhede by die Majuba-kragstasie is intussen weer aanlyn.

Altesaam 4 887 MW word tans aan beplande instandhouding afgestaan, terwyl Eskom nog 15 320 MW kapasiteit verloor het weens onklaarrakings.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Koos 100 ·

6 ure per dag sonder krag. 10 jaar terug het ons gepraat oor hoe sleg dit in Zimbabwe gaan. Hulle was gemiddeld 4 ure per dag sonder krag. Cry my beloved country.

Trotse Boervrou ·

Stem 100% saam met jou Jack. Indien almal se oë tog net wil oopgaan.

gatgogga ·

Elke keer as die krag afgaan, dan herinner dit my net weer hoe onnosel hierdie swart regering is.

MAGRIETHA ·

So baie gereen dis n wonder da was nie n verskoning van nat steenkool die jaar nie so lyk my hul het iets reggedoen ,wonder hoe werk die ouens se maintanance skedule , maar ons gaan nog suffer hierdie gaan alles oor groenkrag nou wil hul nie aan kragstasies bestee nie , lyk of hul die buitelande wil tevrede stel

Prikkie ·

Eskom is al vir jare der jare “onklaar”, maar nou het hulle opwekkingseenhede ONDIENSBAAR geraak.

DanieB ·

Wat ek nie kan verstaan nie is dat al die verskillende kragstasies in verskillende jare op verskillende tye gebou is. Hoe is dit dan nou moontlik dat almal op dieselfde tyd breek of gedeeltelik vir herstelwerk gesluit word?

Parmantige samaritaan ·

Interne en eksterne sabotasie, plus n kaalgestroopte en bankrot Eskom. Dit is ons voorland. Dié plek is gedoem tot totale vernietiging.

Jaco ·

Ten minste sal die Antichris dié eskom probleme maklik oplos, want dieselfde Bybelboek Openbaring sê “almal sal verwonderd agter die Dier aangaan”.

Keelvol ·

Pateties verby…… dis nie onbeplande instandhouding nie. Dis ONBEPLANDE bestuur. Ons bestuur eskom sonder insig en n plan van aksie.

Drie maande later en nog steeds is 17000mw nie beskikbaar nie. Daar word niks gedoen om dit terug in die netwerk te kry nie….ONBEVOEGD.

Casper ·

Ag tog dieselfde ou storie.Die en daai eenheid het die gees gegee en ‘n gesukkel om die en daai eenheid weer aanlyn te bring.Waar is die kundiges wat hulle indiens sou neem met die vaardighede met die nodige kennis.

Kaptein ·

Alles net om te wys die ANC sal alles op…. Mnr. De Ruiter het gesê hy kan tot 60 MW gee maar die regering weier om meer as 15MW goed te keur. Wys jou wat die ape se mentaliteit is. Maar die wiel draai en dit gaan hulle vasdraai

Burgermeester ·

So Fase 4 word nou die norm? Stadig maar seker sal Fase 6 ook die norm word.
As daar nou al nie genoeg finansies beskikbaar is om die reserwes op te bou nie, hoe gaan daar genoeg kapitaal oor wees teen die einde van die finansieële jaar?

Francois ·

HiJack- Regtig. Ek het gedink die goed is net stories. Wat vertel jy ons nou…

annie ·

Gee tog daai geld dan sal ons kan rus. Binnekort sal De Ruyter en sy raad kaalvoet vergader om die boodskap oor te dra of ons hou Kersdag braaidag.

Dup ·

Hou eerder die krag af,dan kan ons terugkeer na Donker Afrika toe…

Pietertjie ·

Zimbabwe here we come! Uiteindelik gaan net die”bevoorregtes” in plekke soos Bryntirion en Akasia Park deurlopend elektrisiteit hê, want wat anders gaan hulle met daai toelaes doen? Hulle moet immers die land “regeer”…

Marshall ·

Load shedding will end when Eskom inevitably IMPLODES. All government departments and SOEs are in an advanced stage of implosion. Informed intelligent people predicted this long before 1994.
Complaining and stating the obvious is futile. We must focus on how to manage this inevitable collapse. The only workable solution is secession and a minority homeland or emigration (as my family and I opted for many years ago). Read the research of Prpf Richard Herrnstein (Harvard) Prof Richard Lynn (Univ of Ulster), Prof Tatu Vanhanen (Univ of Tempere), Prof Robert Ploman (Kings College London), Prof Danielle Postuma (Free Univ of Amsterdam), Dr Davide Piffer (Univ of the Negev). You will then understand why SA CANNOT SURVIVE AS A UNITARY STATE and you will appreciate the current sophistication human genome research in the field of polygenic complex behavioural traits.

Shakespeare ·

Al die onbevoegde, korrupte BEE “onklaarrakings” moet uit die sisteem uitgehaal word dan sal daar nie meer onklaarrakings wees nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.