Fase 4-beurtkrag weer toegepas

Argieffoto: GCIS

Eskom het aangekondig dat daar Maandag van 10:00 tot 23:00 fase 4-beurtkrag toegepas sal word.

Volgens die kragvoorsiener het hy nog opwekkingseenhede by sy kragstasies verloor.

Fase 4-beurtkrag is ook Vrydag inderhaas ingestel, maar laat die aand minstens na fase 2 verminder. Saterdag is fase 1-beurtkrag ingestel voor daar weer na fase 2-beurtkrag oorgeskakel is.

Fase 2-beurtkrag het Sondag voortgeduur en Eskom het aanvanklik Maandagoggend aangekondig dat hy vir die res van die dag fase 2-beurtkrag sal toepas voor die aankondiging dat fase 4-beurtkrag nou weer toegepas gaan word.

Dit is onder meer weens die kwesbaarheid en onbetroubaarheid van die kragnetwerk weens die verlies van bykomende eenhede.

Volgens Eskom het water- en dieselverbruik by sy pompskemas en oopsiklus-gasturbines toegeneem weens die verlies van bykomende eenhede.

In dié stadium is die moontlikheid hoog dat beurtkrag tot die einde van die week toegepas sal word.

Waar kry ek my beurtkragskedule?

Indien Eskom jou elektrisiteit verskaf, kan jy jou beurtkragskedule kry deur www.loadshedding.eskom.co.za te besoek of 0860 037 566 te skakel.

Indien ʼn munisipaliteit jou elektrisiteit voorsien, kan jy die volgende webwerwe besoek of inbelsentrums skakel.

City Power (Johannesburg): www.citypower.co.za of 086 056 2874
Ekurhuleni (Oos-Rand, Gauteng): www.ekurhuleni.gov.za of 086 054 3000
Tshwane Metro (Pretoria): www.tshwane.gov.za of 012 358 9999
eThekwini (Durban en omliggend): www.durban.gov.za of 080 131 3111
Stad Kaapstad: www.capetown.gov.za of 086 010 3089
Nelson Mandelabaai: www.nelsonmandelabay.gov.za of 041 506 5555
Polokwane (Limpopo): www.polokwane.gov.za of 015 290 2490
eMalahleni (Witbank en omliggend): www.emalahleni.gov.za of 013 690 6911
Umhlathuze: www.umhlathuze.gov.za of 080 022 2827

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

daniel ·

Wie gaan in so n land bele?. Eskom moves al in 1994 geprivatiseer gewees het dan sou ons nie met hierdie belaglike beurtkrag gesit het nie.
Besef Eskom nie hoeveel skande hulle veroorsaak nie?.

James ·

As dit so aanhou is dit oor n week fase8 en dan blackout!!!

Pampoen ·

Daar is nog steeds areas waar daar GEEN beurtkrag is nie. Bv. sekere dele van Sunnyside en Waterkloof. Ek verstaan dit gaan oor Uniegeboue en ambasades.

Erik ·

Ons krag gaan ook feitelik nooit af nie? Hier is wel ‘n hospitaal naby en DA raadslid bly oorkant my…laat my wonder! :-) Maar ek kla glad nie!

Strandloper ·

Kul jou hier en kul jou daar…en siedaar geen krag. Dit is nou wragtig veregaande verby en glad nie meet snasaks nie. Stel tog nog so paar duisend aan om die kooltjies droog te blaas asb dit is mos werkskepping!

Anti Da ·

Beloftes en beloftes. Fase pampoenkop 9 is al jare inwerking.

SdP ·

Waarom is dit dat van ons die heeltyd beurtkrag het en ander het nooit nie. Ek praat vanoggend met kollegas wat ‘n paar kms uitmekaar bly en dan het die een van Vrydag af net1 keer beurtkrag gehad, ‘n ander kollega glad nie en ons het 5 keer gehad?

Frans C ·

Ek kry mos die gevoel dat as Eskom nie sy sin kry met tariefverhogings nie,dan pas hul beurtkrag toe.Dit is niks anders as afpersing nie.Eskom bestaan sedert 1923.Nou vertel hulle dat die steenkool nat is asof dit sedert 1923 nooit gereën het nie.

Naam ·

Dis weer tyd vir tariefonderhandelings ja. Elke jaar dieselfde storie.

JJP ·

Julle mag nie meer vewys na “blackouts” nie. Dit word nou “previous lit” genoem.

Elizabeth ·

Is daar geen manier waarop ons kan saamstaan en Eskom uit die regering se hande kan neem nie?? Ons kan nie net sit en kyk hoe ons in ‘n pawpaw- republiek verander word nie. As ons langer stilsit, is dit oor ‘n week Total Blackout.

Schalla ·

Raak onafhanklik van Eskom – as jy enigsins kan. Dit is die enigste opsie. Op daai manier pas jy druk toe en kan hulle jou nie meer “gyselaar” hou nie want hulle verskaf niks aan jou wat jy nodig het nie. Solank jy jou krag by hulle koop is jy uitgelewer aan hierdie, en subsidieer jy massas wat nie kan of wil betaal nie. En as hulle die prys opsit, MOET jy betaal anders sny hulle jou krag af.

Arrie ·

SAAMSTAAN is nie meer deel van die huidige generasie se protoplasma nie. Stilsit, wag vir beter dae en rugsteek is wel.

Christo ·

Daar is wereldwyd hewige debatte oor wie elektrisiteit uitgeving het, maar een ding is so seker soos daglig…….ons almal weet wie het dit opgevoeter (daar is beter woorde om dit te beskryf, maar ons hou maar by opgevoeter)

Nettie ·

@Scalla – nie almal KAN van die “grid” afgaan nie. WANT: nie almal besit hul eie eiendom nie. Ek kan nie eens vir myself ‘n generator koop en koppel nie, want ek bly in ‘n ander man se huis.

Christo Engelbrecht ·

Ek het die grappie ontvang, waar die ou in sy huis sit met net n kers wat brand. Dan klop iemand aan die deur en hy maak dit oop. Die besoeker se hy is van Eskom en dat hulle nou fase 7 gaan toe pas en blaas sy kers uit. Ons is seker binnekort daar.

Louis ·

Hoekom sit hul nie die krag af na soweto en zimbabwe wat nie hul krag betaal nie.

Commie ·

Kan iemand sê waar kry Botswana, Zambië, Mosambiek en Angola krag vandaan, en ek glo nie hulle genereer hulle eie krag nie

Suzette Geringer ·

Ek stem saam Louis – sal graag hul antwoord op dit wil hoor…

Siener ·

Julle kla sonder om van die feite te weet. Mosambiek verkoop aan Suid Afrika krag deur die DC lyn –Cahora Bassa Skema. Angola gebruik Gas en Hydro plant vir krag.

HPV ·

Schalla, stem saam met jou. My huis is op ‘n kragopwekker en sonkrag stelsel. Die kragopwekker doen die swaar las byvoorbeeld warmwater toestel vrou se haardroër ens, die sonkrag/batterypak omsetter doen belgting, tv en rekenaars.

bokka ·

Eskom was baie swakker in Apartheid. Slegs 45% van die bevolking het krag gehad. Dit was 365 dae van die jaar nag gewees vir 55% van die bevolking. Nou het meeras 95% van die bevolking elektrisiteit Nou moan julle oor ‘n paar ure se krag wat so elke blue moon af is. Tipies, kla met die witbrood onder die arm.

Kallie ·

Ja, ek weet ook nie hoekom kla die Sowetans nie. Die lewe is mos nou lekker. Hulle betaal nie eers vir die krag nie.

dr. Sakkie van der Merwe ·

Dit is sopas op na fase 6. kry die kerse. Viva die aenc

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.