Fase 6-beurtkrag is hier

Argieffoto (Foto: Unsplash)

Fase 6‑beurtkrag sal wel Dinsdag ingestel moet word. En dít vroeër én langer as wat Eskom aanvanklik gewaarsku het.

Eskom het Dinsdagmiddag aangekondig dat fase 6‑beurtkrag om 16:00 ingestel sal word en tot 22:00 sal duur. Fase 4‑beurtkrag sal dan in werking tree en tot middernag geld, voordat fase 2‑beurtkrag sal inskop.

Fase 2 sal tot Woensdag 05:00 geld voordat fase 4 weer tot 16:00 geïmplementeer word. Beurtkrag sal dan weer tot fase 6 verhoog word en tot 22:00 môreaand geld.

Drie van die tien eenhede wat laasnag uitgeskop het, is deur die loop van vandag weer in diens gestel. Die drie eenhede is egter steeds onvoldoende om fase 6-beurtkrag vir vanaand en môreaand af te weer.

Eskom sê in sy jongste verklaring ’n onwettige en onbeskermde staking het vir grootskaalse ontwrigting by kragsentrales gesorg. Dit het Eskom genoop om as voorsorg opwekkingskapasiteit op te gaar en sy aanlegte te beskerm.

“Daar is ’n hoë risiko dat die fase van beurtkrag enige tyd kan verander, afhangende van toestande by die aanlegte.”

Volgens Eskom word minstens 3 218 MW tans aan beplande instandhouding afgestaan, terwyl hy sonder ʼn bykomende 17 621 MW moet klaarkom weens onbeplande onderbrekings.

Maroela Media het vroeër vandag berig fase 6 beteken dat verbruikers tot meer as nege uur per dag in die donker kan sit met kragonderbrekings wat tot 4,5 uur aaneen kan duur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

Hendrik Marthinus ·

Niks met Anc te doen nie
De Reyter is n patetiese baas
Hy Wil net maintenance doen en geld spaar
Eskom is n staats entiteit
Jy moet geld uitgee om ligte aan te hou maintenance het sy tyd en plek
As jy loadshed Kan jy nie terselfde tyd steeds diens nie

krodedil ·

100% korrek—Google “Loadshedding under Eskom CEO’s”

MakersMark ·

Ellendigste ooit. Selfde gegaan by ander besighede markwaardes in die grond in gedryf.

Kompas ·

Wel niks met ANC te doen nie, maar Eskom is ‘ń staatsentiteit. Glo dis in die Zuma jare wat geld wat gebruik moes word om krageenhede te onderhou , verduister is. Nou sit ons en de Reyter met die gebakte pere. Zimbabwe hier kom ons.

Vexed ·

Dit het alles met die ANC te doen. Hulle is die staat. Hulle het ons tot op die vlak van verval gelei.

piet ·

Jy’s reg Hendrik Marthinus. Hy’s dalk ‘n goeie finansiele bestuurder ten einde die boeke te laat klop maar hy doen dit ten koste van dienslewering en die verbruikers ly daaronder. Hy stel nuwe rekords op vir ‘n CEO met die meeste kragonderbrekings ooit. SWAK!!!!

Samuel ·

Nee, de Ruyter is nie pateties nie. Die regering het toegelaat dat die vorige bestuur die kragsentrales in die grond in bedryf. Toe is daar geen instandhouding gedoen nie. Geld? Die regering luister nie na de Ruyter as hy vra vir geld nie.

Petrus Albertus ·

Kan enigeen vir my verduidelik – behalwe nou om politieke redes, ek bedoel nou bloot korporatief gewys – waarom Eskom met onwettige stakers en vakbonde onderhandel en hulle nie bloot net afadank nie? Soos ek verstaan is Eskom se arbeidsmag in elk geval oorvol en ek kan jou wed dis nie skaars vaardighede wat aan hierdie staking deelneem nie.

krodedil ·

Dit is mense met skaar vaardihede wat aan die staking deelneem want dis die rede vir stage 6 loadshedding. Twee dae se staking en eskom is op sy kniee.

duiweboer ·

De Ruiter en Sy span is besig om al die bedrog te stop maar sodra een lekasie gestop is is daar n ander een. Dit gaan nie net oor die staking nie maar unies, ANC leiers en kie wat die stelsel wil laat vaal sodat De Ruiter moeg raak en loop. As dit gebeur – onder leiding van Kwede Matasje, Sal alle korupsie verdubbel. Kwede is die persoon agter al die probleme en hy en De Ruiter sit hoegenaamd nie om een vuur nie

Tjaart ·

Eskom moet die besonderhede van die voorbokke van die onwettige staking publiek maak. Dit is n oortreding en ons is geregtig om te weet wie die persone is wat die hele land ontwrig.

Daniel ·

Pateties verby, en Cyril sit by die G7 en maak of alles reg is

Antie Sarie ·

Nee. Hy sit by G7 en gee terugvoer oor die suksesvolle opdragte uitgevoer hier.

piet ·

Nou se my wat moet Cyril nou eintlik doen? Hier is ‘n ou aangestel as CEO wat miljoene verdien om die instansie korrek te bestuur en kyk hoe lyk dit. Kry ‘n ander CEO, hierdie perd moet pad vat en eerder gaan werk waar dienslewering nie ‘n prioriteit is nie.

Harley Davidson ·

So algehele “blackout” is nou ‘n realiteit wat beteken die ekonomie word geknou wat beteken ons gaan nog swaarder kry.

Johan ·

Die land se ekonomie verloor een miljard rand per fase per dag. Dis vreesaanjaend!

Swerwer ·

En wie het ons te danke vir hierdie wonderlike pragtige wettelose donker land ……………die vlekkelose ANC!

marthie ·

Hoeveel mense verloor kos vleis ens. Met al die kragonderbrekings. En hoeveel goed gee in omdat krag als opnek. Hoeveel geld verloor mense nie wie gaan dit betaal nie eskom nie nee moet uit mens se eie sakke kom. Mense het al hoeveel rand se skade gehad so unfair. Mense wat betaal moet suffer en die wat nie betaal se niks

Vonkprop ·

Nou hoekom word die land gestraf oor ‘n handjievol onwettige stakers? Stuur die weermag in en maak skoon. Genoeg nou van hierdie molesmakers.

voor ek vergeet ... ·

En om te dink, hierdie einste stakers wat nou op so ʼn belaglike verhoging aandring, het volle betaling ontvang terwyl die res van die land deur die inperking minder of selfs geen inkomste kon verdien het nie. Baie kon nooit weer na die inperking werk kry nie. Wat ʼn absolute skande!

Delia ·

Nope, ons is boere. Nageslag van die Voortrekkers.
Johan, ons gee nie op.

Lionel ·

@Delia – ek stem saam met jou MAAR daar is ‘n punt wat genoeg net genoeg is. Die land is ‘n absolute hool en al hoe dit gaan beter raak is deur emigrasie. Hier is geen hoop nie. Suid Afrika is metafories gesproke die “Titanic”. Niemand klim of bly op ‘n skip as jy weet die ding gaan nou sink/ ‘n ysberg tref nie. Ek vermoed SA se ysberg is nader as wat ons gedink het.

Tokkel ·

EN ONS Sê ALMAL: “DANKIE ZUMA EN DIE GUPTAS!” dat ons nou moet swaarkry terwyl julle in weelde lewe….

piet ·

Die grootste grap is dat die Guptas se swak gehalte steenkool die ligte beter aangehou het.

Leon ·

Ontwrigting van noodsaaklik infrastruktuur kom neer op sabotasie. n skedule 1 misdaad. Niemand word gearresteer. Hul gaan nog die verhoging ook kry

Delia ·

Ek is jammer Blikkies. Byt vas. Solank jy net jou studies klaarmaak

LANA is ELANè ·

Asof Suid Afrikaners dit enigsins kan bekostig, maar ja, die mafia beheer mos ons land, die mafia en die cANCer regime.

Corne123 ·

hoe moet ek geldmaak kan netsowel plek se deure sluit want generator te duur danksy anc se brandstof prys

MakersMark ·

Definetief. Baie praat niks doen al die styl vanaf die dae by die verpakkings maatskappy. Aandele prys in die grond in gedryf nog nooit weer regkom nie. Van ‘n markwaarde van amper 30 bn R na minder as 2 bn R. By Eskom breek als sonder dat die bestuurspan dit ooit kon geraai het. Sommer 10 eenhede oornag….. lyk nie of hul ‘n idee het wat met hul opwekking bates aangaan nie.

Antie Sarie ·

En dan word voorspel volgende week gaan die koudste week sover wees, met temperature van to -10.

Deon ·

Dit is uit en uit sabotasie. Enige persoon en dit sluit alle politici, en vakbondleiers in, wat in die pad staan van ordenlike kragvoorsiening aan die land of dit verhoed, behoort aangekla te word. Dit het nou tyd geword dat veral ministers verantwoordelik gehou en strafregtelik aangekla word vir hierdie misdade wat hierdie land se ekonomie lamlê.

Ouvrou ·

Watse beplande instandhouding word gedoen as werkers staak ?
Eskom is ‘n klug …

piet ·

Ek wonder of die eenhede herstel word oornag en of die werkers net by hul daytime hours hou.

SjN ·

Eskom is aware that the power is on, they are currently working on the problem!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.