Foto’s: Hartseer gesig in St. Francisbaai

Brande in St. Francisbaai (22 Augustus 2019). (Foto: Vincent Lyons via Disaster Volunteer Group)

Die brand wat Donderdag in St. Francisbaai aan die Oos-Kaapse kus uitgebreek het, was teen gisteraand heeltemal geblus, maar het ʼn spoor van verwoesting agtergelaat.

Die Kouga-munisipaliteit het laat gisteraand bevestig dat al die vlamme geblus is, maar dat smeulende gedeeltes deur die nag natgespuit sou word en opruimingswerk dan sal begin. Minstens 11 huise het in die slag gebly.

Laura Leigh Randall, woordvoerder van die munisipaliteit, het vroeër gesê die huise wat brand is in die omgewing van Lymweg-Noord. Twee helikopters, 85 brandbestryders en ander noodpersoneel is op die toneel ontplooi.

Hulp van die Sarah Baartman-distriksmunisipaliteit en die Nelson Mandelabaai Metro is ook versoek.

Die geraamde skade van die brand word nog assesseer.

Meer as tien huise is in Desember verlede jaar tydens ʼn wegholbrand in St. Francisbaai verwoes en in 2012 is meer as 70 huise in ʼn brand verwoes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Linda ·

Aaai ek bid dat Christina Storm, haar man, Paul Nel en die kinders okay sal wees. Hierdie mense het daarheen getrek, uit Melville, Jhb uit, om soos Christina gese het, hemel op aarde te he.

Hendrik van George ·

Nie die eerste keer nie, en definitief nie die laaste brand in St Francisbaai nie. Ongelukkig ‘n baie hoë risiko area, grasdakke en sterk winde. Sterkte aan almal wat skade gelei het.

Lizelda ·

Kom ons bid saam dt almal, inslutende die troeteldiere en veld diere ok is. Dit is n pyn wat ek nooit wil deurgaan nie. Baie sterkte aan elkeen wat daar bly en hul naasbestaandes.

Deloris ·

My hart en binneste is pynlik seer hulle die mense Wie se huis afgebrand het. Sterkte vir julle op die pad vorentoe. Mag die Grenade van ons Here met julle wees.

P ·

Dit is so hartseer, die skade so groot. Kry die mense bitter jammer

Christa ·

Was dit brandstigting? Wanneer word brandstigters vervolg. Al die Brande het nie vanself gebeur nie

HPV ·

Vervang alle grasdakke met swart sement of klei teëldakke, die dorp sal dieselfde lyk en die dak is immers nie brandbaar nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.