Foto’s: Helikopters bring tientalle na veiligheid

‘n Persoon word in Centurion na veiligheid gebring. (Foto: Oupa Mokoena/ANA)

Twee helikopters van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) het Maandagmiddag meer as 80 mense wat vasgekeer was weens kitsoorstromings in die Jakarandastad na veiligheid gebring.

Brig.genl. Mafi Mgobozi, woordvoerder van die SANW, het gesê ʼn Atlas Oryx- en ʼn Agusta A-109-helikopter het 79 mense by die Centurion Meer Hotel in Centurion na veiligheid gebring waarvan drie na die Unitas-hospitaal geneem is vir mediese behandeling.

Volgens Mgobozi het die helikopters daarna na Mamelodi in die noordooste van die stad beweeg waar vyf mense na veiligheid gebring is wat weens kitsoorstromings vasgekeer was. Niemand is hiér beseer nie.

Intussen het die burgerregte-groep #NotInMyName ʼn beroep op Suid-Afrikaners gedoen om inwoners van Mamelodi te help wat hul besittings weens die oorstromings verloor het.

Meer as 700 skulings is verwoes. (Foto: Bongani Shilubane/ANA)

Themba Masango, sekretaris-generaal van dié groep, sê talle inwoners is dakloos gelaat nadat sowat 700 skuilings vernietig is.

Die stad Tshwane het ook ʼn beroep op die publiek en organisasies gedoen om komberse, kos en klere by te dra vir die slagoffers van vandeesweek se oorstromings in die stad. Dié items kan by plekke soos die Nellmapius-biblioteek en die Centurion-brandweerstasie afgelewer word.

Reën sal vandag (Dinsdag) in Gauteng voortduur en die weerdiens het reeds ʼn waarskuwing uitgereik vir verspreide oorstromings, veroorsaak deur aanhoudende reën.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Expat ·

Man dis darem lekker om daai ou Pumas nog te sien vlieg, ek voel sommer nostalgies. Het self net goeie herinneringe oor die ou dae en die chopper manne op die grens.

Vra net ·

Wil graag weet; Wat is die verskil tussen ‘n “kits oorstroming” en ‘n gewone “oorstroming”? Het dit iets te doen met tydsduur of met die verrassingsfaktor?

SjN ·

Vra net, beide gevalle vind plaas as stormwater en afvoerpype nie skoon en in stand gehou word nie.

Ja swaer ·

Sien niks v Pumas in die berig nie. Ek wonder net wie vlieg daai goed deesdae. Eks nie so seker ek sal saamvlieg nie, sit eerder in my hotelkamer en wag tot die water afloop.

Scalla ·

Goed gedoen, so daar is darem nog 2 weermag helikopters beskikbaar wat kan vlieg.

Piet ·

Ja swaer , gewoonlik vlieg gekwalifiseerde helikopter vlieeniers daai goed . Die selfde persone wat ander vliegtuie vlieg soos Mango Flysafair Kulula SAL ens. Want die helfte van daai persone is ex SAAF. En daai is ook nie n Puma helicopter nie maar wel n Oryx. Wonder wat sal jy sê die dag van jou gesin of familie se lewe ingevaar is en daai persone se hulp nodig het. Kan jou belowe die mense wat se huise in die Knysna brande gered is en die persoon wat laas week op Tafelberg gered is deur daai mense het nie soos jy gewonder wie vlieg die helicopter nie hulle was net dankbaar om gered te word. a picture speak a thousand words…

Douvoordag ·

A 330L Puma, no. 177, was converted to Oryx configuration and used as a prototype and as the results exceeded all expectations the Oryx programme was launched.

Nico K ·

Die opmerking hierbo oor die stormwater pype kan ek mee saam stem. Deur die droë seisoen word baie gemors in die afvoerpype gegooi en elke jaar sien ek dat as die reënseisoen begin dam die water op juis by die afvoer pype

Shaun Kok ·

Ek sal te bang wees om in die helikopter te klim SAAF laat val so baie vlieg masjiene ek weet nie of dit veilig is om saamry geleendheid te vat nie. Ek dink swem is dalk veiliger.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.