[Foto’s] Polisiebeamptes gyselaar gehou in Pta-kompleks

OPVOLG: Die polisiebeamptes en veiligheidswagte, wat vroeër in The Meadows-veiligheidskompleks gyselaar gehou is, is vrygelaat. Lees meer hier.

Die toneel by The Meadows-veiligheidskompleks in die ooste van Pretoria. Foto: Phillip Bruwer

Die toneel by The Meadows-veiligheidskompleks in die ooste van Pretoria. Foto: Phillip Bruwer

Die strate rondom The Meadows-veiligheidskompleks in die ooste van Pretoria, waar ʼn gyselaarsituasie hom steeds afspeel, is heeltemal vir motoriste en voetgangers afgesper en niemand word toegelaat om die kompleks binne te gaan of verlaat nie.

Kapt. Ilze Jones, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê hulle is vroeër vandag na die kompleks ontbied weens bewerings van ʼn gyselaarsituasie.

“Met ons aankoms het ons bevestiging gekry van twee mense wat beseer is. Dit is nog onduidelik of hulle geskiet is of nie. Hul mediese toestand is nie tans bekend nie, omdat ons nog geen betroubare bron kon kry om dit te bevestig nie.” Jones kon ook nie bewerings dat twee mense doodgeskiet is, bevestig nie.

Gebruikers van sosiale media het beweer een van die inwoners van die kompleks het buite sy huis skote afgevuur en twee mense doodgeskiet. Die skieter kruip na bewering tans in sy huis weg, waar hy mense gyselaar hou.

Kapt. Ilze Jones en kapt. Dave Miller van die SAPD op die toneel. Foto: Phillip Bruwer

Kapt. Ilze Jones en kapt. Dave Miller van die SAPD op die toneel. Foto: Phillip Bruwer

Kapt. Dave Miller, nog ʼn polisiewoordvoerder, het op die toneel bevestig twee polisiebeamptes en veiligheidsbeamptes van die kompleks word as gyselaars gehou. Hy kon nie die presiese aantal mense wat gyselaar gehou word, bevestig nie. “Sover kan ons nie enige sterftes bevestig nie. Daar was berigte van ʼn skietery, maar ons kan nie nou beserings of sterftes bevestig nie.”

Volgens Miller is polisie-onderhandelaars tans besig om die situasie te probeer ontlont. Jones het die situasie as baie gespanne beskryf. “Niemand word toegelaat om die kompleks binne te gaan of te verlaat nie. Hier is ʼn man wat vermoedelik met ʼn langloopgeweer sit en ons het geen idee wat sy reaksie kan wees nie,” het sy gesê.

ʼn Inwoner wat tans in haar huis in die kompleks is en verkies om anoniem te bly, het aan Maroela Media gesê sy het vroeër vanmiddag ʼn harde slag gehoor, maar gedink dit is ʼn vragmotor of iets. Ongeveer ʼn halfuur later het sy op Facebook gelees van die gyselaarsdrama in die kompleks.

“Ons huis ʼn entjie weg van waar alles gebeur en dus kan ons niks sien nie. Die bure het ons gebel en gesê niemand kan in of uit die kompleks gaan nie. Nou sit ons maar in ons huis en wag maar,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Bennie ·

Wees eerder dankbaar dat daar polisielede is wat ingaan en n situasie soos die probeer beredder . Gyselaarsdramas vind oor die wereld heen plaas en selfs in die VSA was polisie onlangs aangehou ….

Deon ·

Regtig? Jy ken nie die omstandighede nie. Stem saam met Bennie, wees bly hul was daar om die situasie te beredder.

Annemarie ·

Nes mens dink jy het nou alles gehoor in hierdie piesangrupubliek….

Alida ·

Wat van die inwoners wat niksvermoedend by hul huise wil kom?

Dallas ·

Die ou wil rerig waar nie meer leef nie,taakmag op toneel en hy is steeds hardeg@t…
Wet van transvaal maak poefie en die taakmag kom jou haal……..

Dallas ·

Arme man wil rerig nie meer lewe nie,taakmag op toneel en hy is steed harde kwas,ai ai…wet van transvaal maak poefies en die taakmag gaan jou kom haal..al eenheid in polisie huidiglik wat elke sent verdien….

Bennie ·

Ek wonder hoekom gaan sorteer julle twee negatiewe kenners nie die situasie uit nie. Daar is onskuldige mense dood , daar word byna daagliks polisielede doodgemaak as deel van hulle werk. Hierdie ouens wat gyselaars was het n situasie probeer ontlont. Ek stel vior julle lsuit aan as reserviste en doen julle deel om die land n beter plek te maak. Miskien sal julle so n bietjie begrip he dan

Dallas ·

Daar is n relevante vraag op die tafel hoe het die man dit reg gekry om gewapende polisie manne gyselaar te neem so ook gewapende reaksie offisiere..was hul opleiding onvoldoende of het hulle die situasie ligtelik op gevat…elke polisie man weer enige call kan baie vinnig baie lelik raak..en so moet hulle elke min op hul hoede wees..reg of verkeerd.?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.