Gerhard Ackerman moet nóg wag om lot te hoor

Gerhard Ackerman (Foto: Twitter)

Gerhard Ackerman, die man wat teregstaan dat hy ʼn netwerk bedryf het vir die seksuele uitbuiting van kinders, moet nou tot Maandag wag om sy lot te hoor.

Maroela Media het vroeër berig dat uitspraak na verwagting Woensdag sou plaasvind.

Luke Lamprecht, ʼn spesialis in kinderbeskerming en ontwikkeling by die organisasie Women and Men Against Child Abuse (WMACA), sê die uitspraak in die Johannesburgse hooggeregshof is tot Maandag uitgestel omdat regter Ismail Mahomed siek is.

“Die regter het aangedui dat hy ʼn keelinfeksie het. Hy het gesê dat die verrigtinge tot Maandag uitgestel moet word omdat die uitspraak baie lank is en hy dit graag behoorlik wil doen,” sê Lamprecht.

Lamprecht sê WMCA is teleurgesteld dat uitspraak nog nie gelewer is nie, maar dat hulle begrip het vir die situasie.

Die uitspraak sal volgende week oor twee dae gelewer word.

“’n Lang uitspraak beteken dat die regter die baie komplekse kwessies wat in die saak na vore gekom het, goed deurdink het,” sê Lamprecht.

Ackerman staan tereg op meer as 700 aanklagte, wat insluit verkragting, poging tot moord, die vervaardiging en verspreiding van kinderpornografie en mensehandel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

TruthDealer ·

Sluit hom toe en moenie die sleutel net weggooi nie, SMELT dit.

Belinda ·

Sluit toe en gooi weg die sleutel – is al wat goed is vir siek mense soos die

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.